My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Kuier-Safari: Ons is gereed om ons toer af te skop op die 20ste

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Met verwysing na my vorige pos Kuier-Safari – spring op die bus, kan ons nou met groot genot aankondig dat daar veertien bloggers op die bus is wat saam met ons deur die land gaan toer, almal dames! 🙄(julle weet dit beteken weer gròòooot moeilikheid, nè?). Elkeen van die dames gaan die geleentheid kry om as gasvrou op te tree vir die bloggers wat saamtoer en daaroor te skryf.

Klik op hierdie Lys van Deelnemers (lys nou verwyder) om te sien wie saamtoer, wanneer elke gasvrou haar blog moet publiseer (sien laaste kolom onder “Publiseer blog op [datum]” en in watter dorp / landstreek sy die ander bloggers gaan onthaal. Una (Bali Drome) gaan eerste afskop met haar blogpos op Donderdag, 20 September om 12:00nm. Geduld! Gee die arme vrou kans om haar blog te skryf.

Gasvrouens: Una skryf haar blogpos volgens ‘n “resep” om seker te maak dat die bloggers in besit bly van die nodige skakels. Ons vra dat julle asseblief dieselfde resep moet volg deur die inleidende paragrawe te kopieer en plaas ook asseblief die prentjies van ons bus en landkaart in jou pos. Daarna kan jy maar jou storie sy loop laat neem en jou eie fotos / prentjies byvoeg.

BELANGRIK! Ons gaan besig wees met hierdie toer tot in die middel van Januarie 2019 wanneer ons omdraai daar bo uit die Noord-Kaap. Wanneer die gasblogger van die week haar blog geplaas het, gaan lees by haar en plaas kommentaar. Die ander bloggers op die bus (en hulle lesers) is welkom om in die week daarna, voordat die volgende gasblogger se bydrae verskyn, ook blogposts te skryf oor die kuier of sommer net oor die dorp of die provinsie waarin die gasblogger ons onthaal het. Die enigste reël is dat die blog verband moet hou met die provinsie waarin ons daardie week onthaal is. Kom ons gesels almal lekker saam oor daardie landstreek en onthou om ook hierdie blogskakels by te voeg op InLinkz http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928 sodat ons almal kan saamlees.

Geniet die reis!

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

70 Comments

  1. Whoohoo. Hier gaat ons. Leker eerste skryf Una. Hester, dankie ons meesterin van die uitdagings, ons hoofmeisie-towerin! Die lewe is saai sonder ‘n uitdaging met jou aan roer van sake. Mede-reisgenote, trek grootdogtertjie Bridget Jonese aan, maak vas die veiligheidsgordels, ons gaan groot pret hê.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dit gaan pret wees, ja. O hel, ek raak al bang by die gedagte aan die pret 😨 Ek dink ek gaan sommer ‘n waterproof Bridget Jones aanskaf.

      • Bwahaha! Hopelik het die bus ‘n ou privatjie agter in ‘n hoekie! Gelukkig sit ons twee ager – bekdrywers……

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Die hoekie agterin die bus … het ek al die storie geskryf van … nee, ek dink nie so nie. Ek gaan gou kyk. Daai storie moet vertel word.

  2. Ek raak nou skoon opgewonde! Dit gaan ‘n lang toer wees.Ek deps die ander bank agter in die bus. Ek sien jy en Lekkervurig is klaar op die een!

  3. Lekkervurig, presies hoekom wou jy graag agter in die hoekie gesit het…?☺ Jy weet, in my dae op skool…

  4. Lus?? Vir wat? Vry of rook. Jy kan mos nou nie so wil praat nie. Ek sal maar heel voor sit, net sodat ek nie belustig word nie

  5. Whooooowhoooo klink my hier gaan dit lekker raak… watse rookhoekie ek dog daar is opgehou rook, mmmm?

  6. Wie het van rook en vry gepraat. Jinne. Julle weet mos ek strateeg so van die kant af,en dis beter vir julle almal dat ek ver van die bestuurder sit, briekerige bekdrywer. Ek is mos al lank julle waarnemer en toue bymekaarhouer en dan is my blaas net so 40km …..ag julle wet mos.😂😂😂😉😉

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      O ja, die bus het mos ‘n privaatjie daar agter in die hoekie.

    • Lekkervurig ek en jy sal moet lootjies trek vir daardie privaatplekkie…. of resies hardloop. Sal ook agter moet sit 🤔

      • Liewe Kameel, jy sal moet leer hardloop, ek sien met my kleine ogie iemand sit net agter Una wat bestuur…😂😂😂

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Dis die persoon wat die GPS beheer

        • Gaan Una bestuur 😨 Ek het 39 jaar gelede ophou rook… my senuwees!!!! Kalmeerpille…. ja kalmeerpille behoort die trick te doen.

        • ‘n Sopie Frangelico vir jou?

        • Nie na wat ek beleef het by Toweripstal nie dankie. 😇

        • Mineraalwater of ‘n pienk jenerwertjie perdalks?😉

        • Hey Lekkervurig….. wat sê die bybel nou weer van bewaar die een deur wie die versoeking kom…. of so iets!!!

        • Watse versoeking🧚‍♀️

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Moenie worrie nie Kameel, dis doodgewone boeregasvryheid. Of is dit?

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Hier gààn ons.

        • 🥂🍹🍸🍾

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Wat weet jy van Una se bestuurdery wat ek nie weet nie? Jy moenie lol nie, ek is ‘n slegte passassier.

        • My trackrecord wat bestuur aanbetref, is spierwit-rein… Wel niks anders in my lewe nie…🤔

        • Sluit die track record busbestuur in? Not to worry… ek gaan my kalmeerpilletjies saamvat 🤗

        • Kameeltjie, jy het klaar ñ hele pakkie gesluk, hoor. Julle is steeds by my, ek het julle mos gister opgelaai, en die pilletjies was nodig! Niks met my bestuursvermoë te doen gehad nie, wel met mense wat goed aanvang…

        • Hoekom weet ek niks van die oplaaiery en wie het wat aangevang nie??? Waar moet ek gaan lees? In die koerant?

        • Julle is tot 3-uur vanmiddag by my op Harties, maar my post oor die besoek verskyn eers Donderdag die 20ste. Ons werk mos volgens lysies. Die geselsery op Hester se laaste post verlei my net so effens om die sluier te lig…

        • Ag gedra ons onsself darem mooi Una? As ek nou klaar al my voorskrif pille in het…. hoe nou gemaak? 😣 Ek is nou baie nuuskierig!!!

        • Ek is besig om vinnig vir jou ñ briefie te skryf, sal nounou post…

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ja, hierdie blogkoerant, haha

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          😀

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek sal nou nie sê myne is “rein” nie, maar ek het darem ook nog altyd heel aan die ander kant uitgekom.

  7. ‘N vriendin van Una en my bel my vanoggend en vra wanneer begin ons kuier- sy dog dis rerig….😁

  8. Intussen sit ek met ‘n hol kol op my maag (not joking.) Wat gaan ek met hierdie klomp Towerinne aanvang???? Dink nie eers dis veilig om hulle Uniegebou toe te neem nie… die Parlement sal nooit weer dieselfde wees nie. 😁😁😁😁😁

  9. Aan die een kant is ek spyt dat ek nie saamtoer nie aan die anderkant sal die dames dinge kan aanvang op hul eie wat nie lekker gaan gel as ‘n man by is nie en sal in groot moeilikheid by my vrou wees as ek so lank van die huis weg is boonop saam met hierdie klomp towerinne

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ek is jammer jy kon dit nie maak nie, maar jy kan nog steeds saamgesels en dalk ‘n blog of wat skryf oor al die plekke waar ons gaan kuier of waar ons nie gaan uitkom nie.

      • Sal kyk of ek iets tot my spreek (iets spreek gewoonlik indien en my nie doelbewus doof hou nie)

  10. Lyk my ek sit voor, maar dalk goed, dan kan ek baieeeee goeie fotos neem van die bus aksie🤓🙊🤳📸📹

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ons het belowe om elke nou en dan plekke om te ruil, so moenie worrie nie.

      • Lol, is fyn met my, dnet dankbaar daar is ‘n privaatplek oppi bus. Julle verstaan nie, ek is soos hond, as nuwe plek is moet ek “merk” en draai wiele help ook nie- ousus, jy ken mos🙈😄