My vreugdes en frustrasies

Reblogged

Reblogged: Nellie Visagie Neem Wraak | Ouch!! My back hurts!!

A.J. Vosse (aka AJ of Vossie) van die blog Ouch!! My Back Hurts, ‘n Suid-Afrikaner wat al 15 jaar daar in Ierland sit en baie “huis toe” verlang, het ons Kaleidoskoop bloguitdaging raakgesien en boots and all ingespring om ook sy mening te lug oor onse Nellie – in Afrikaans! en met ‘n goeie skoot van sy unieke humorsin deurspek. Ek is seker die meeste van die skrywers saam met wie ek blog, het hom al raakgeloop en met hom gesels; dalk het sommiges al sy gegepubliseerde boek THE LUCKY THIRTEEN gelees, dertien kortverhale wat ook ‘n draai loop deur Suid-Afrika. Kyk op sy blog is daar ‘n skakel na Amazon waar jy die boek sal vind.

Net om seker te maak dat niemand sy prettige weergawe van Nellie se wraak misloop nie, het ek besluit om hierdie pos te herblog sodat julle kan deel in die pret. Sy skrywe vorm nie deel van die vervolgverhaal nie, maar ons hoop dat hy volgende keer wel sal deelneem as ons weer so ‘n storie aanpak.

Ek moet sê, ek staan verwonderd dat Nellie ons almal hier in Blogland so aangegryp en MENS geword – een met haar eie geite en dinge. Ons is bekommerd oor die feit dat die kind uitrafel, ons bekommer ons oor haar toekoms en ekself het wakkergelê oor die feit dat sy dalk ‘n verhouding met haar neef wil aanknoop – skoon misgekyk dat die neef nie eie bloed is nie. Ek voorspel dat ons nog baie gaan lag en trane stort oor Nellie se dinge.

Maar, vir nou, kan ons eers AJ se Nellie geniet. Hier’s ‘n voorsmakie, lees die res via Wednesday Words… with a Twist – Nellie Visagie Neem Wraak | Ouch!! My back hurts!!

Net daar waar Nellie sit, met haar bas op die stowwerige aarde, maak haar loskoppie ‘n bollemakiesie.

Sy laat weer ‘n verwoede f-woord stroom los. Die keer las sy ‘n paar van Tannie Krissie se ligaamsdele by.

“Vir jou gaan ek kry tannie… vir jou gaan ek kry. Ek weet nog nie hoe nie maar vir jou gaan ek kry.”

Sonder om nog ‘n oomblik te dink spring Nellie op.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

6 Comments

  1. Soos ek al vir AJ laat weet het – soete-stoute weerwraak Nellie!

  2. Lekker storie. Het dit geniet. Wys jou dat elkeen sy eie aanslag kan gee.

  3. Dankie Hester… en al die ander besoekers.
    Ja… Nellie het kom groot spore trap en sy’t my heeltemal in haar mag.
    Kom lees weer volgende week by my waneer ek voort gaan met my vervolgverhaal.
    Mooi bly en mooi loop! 😉

  4. Ek dink dis tyd dat ek my Nellie storie klaar maak.

    Maar, hier’s ‘n ding… hoe klink dit vir jou as ons die hele storie, begginende by jou oorspronlike hoofstuk, in ‘n Kindle uitgee?
    Dan skryf ek my storie klaar, ons kry ‘n paar fotos by iemand (Perdebytjie… miskien, of iemand wat jy ken as jy nie fotos het nie…) oukei… dan, voor ons die ding uitgee op Kindle doen jy/ julle ‘n once-over edit… my Afrikaans is te power. Ja, en almal wat help kry ‘n aandeel in die winste… wat nie masief sal wees nie!

    Oukei… laat weet wat jy dink!
    Dankie!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dit klink na ‘n gawe idee wat die klomp bloggers vreeslik sal laaik. Die winste, haha, maak mense nog geld uit boeke? Ek dink die ouens sal chuffed wees om net genoem te word. Watter soort fotos soek jy?