My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

‘n Vinnige kuiertjie in Blogland

Image obtained from Clipart.com

is soos salf vir die gemoed.

Ek het data op my selfoon wat gaan wegraak as ek dit nie opgebruik nie, toe duik ek kop eerste in Blogland in, net om te sien julle is nog almal hier, op en wakker. Ek sien hoe lekker gesels julle saam daar op die Skryf-Safari uitdagings. Die Bloglanders se harte is nog op die regte plek en Frannie het hierdie week net die regte snaar gepluk.

Ons trek is afgelaai en nou is op die “waar is dit? hoe werk dat? wie het my kussing?” – stadium. Alles is deurmekaar en ek kan nie worrie nie; ek gaan gesels tot die data-plug uitgetrek word. Die stories en kommentaar is soos balsem vir my siel. My bed is opgemaak en dis al wat tel.

Siestog, Genis het geen idee wat nou aangaan nie – hy dink ons is met vakansie en gee duidelik sy misnoeë te kenne met die stel trappe waar hy nie mag opgaan nie. Hy vertel elke nou en dan vir sy pa dat dit nou tyd is om huis toe te gaan.

Ponsie is heeltemal verward oor die “change of scenery” en sy staar net vir Genis aan van haar possie daar bo-op die trappe. Hier is ‘n duidelike skeidslyn tussen honde en katte in hierdie huis. Katte bo, honde onder. Die vensters wat kan oopmaak, het katwering gekry voordat ons ingetrek het – Madame kan nie by ‘n venster uitglip om die omgewing te gaan verken nie of om op die huis se dak rond te loop nie. Ons gaan nie liggies vergewe word nie.

Ons gaan die naweek gebruik om die huis ‘n bietjie in orde te kry en dan gaan ons natuurlik weer ewe optimisties wag vir Telkom om op te daag. Wie weet, dalk gebeur dit. Die dae van wonderwerke is nog nie verby nie. Hou intussen die blink kant bo.

 

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

40 Comments

  1. So bly jy kon inloer, Hester! Ons almal mis jou verskriklik. Ek hoop die uitpakkery verloop goed en dat Genis gou verstaan waar sy status is teenoor katlief! Telkom moet sy mmmin rat kry, want ons soek onse Hes terug!!😬😠😉

  2. Hester!!! Jippee!!! Net om jou naam te sien help al. So bly als het goed afgeloop met die trek. Dit klink eintlik heel opwindend, hoor.

  3. Gat in rat kry, Perdebytjie. Gat in rat.🤔🤗Jy is heeltemal te ordentlik.😉

  4. Dis gaaf dat jy ons kom gerusstel het. Janee, katte weet hoe om die “top dog” te wees.

  5. Sterkte

  6. O bly jy het bietjie parool gekry Hester! Een vd dae kry jy afslag vir goeie gedrag. Niks meer misdaadstories vir jou nie, al was hulle ook super perfek.

  7. Maggies man dis darem n gedoente om so sonder blogging te leef. Ek hou duime vas dat Telkom sy vinger trek en wikkel met die lyne. Ons mis jou darem nou te erg.

  8. Dis so lekker om jou te “sien” Hester, ons mis jou. Hoop alles is al lekker uitgepak en as dit nie is nie, dat die towerfee gou haar staffie sal kom swaai, sy moet sommer wyd swaai tot by Telkom ook

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie, ek is bly ek het nogt nie in vergetelheid verval nie. Wow! Kyk my hogere Afrikaans. Dis Maandag en ek het vyf dae in hierdie week om Telkom op te dreun 😈 Ek mis uit op alles.

  9. Hoop saam met jou op daardie telkom wonderwerk. Ekself was baie min in blogland afgelope paar weke – nie telkom se shuld my eie draad nie so lekker nie

    • Ek het gewonder waarheen jy verdwyn het- oorsee? Moeg vir die vroumense se ligsinnige geklets? Waaaaar is jy, Abrie???

    • Abrie, ons mis jou.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ons het maar elkeen ‘n ander soort draadjie wat ons kortwiek Abrie. Ek hoop joune is ook net ‘n tydelike knoop wat gou-gou uitgestryk kan word.

  10. Ah, ek deel die onttrekkingsimptome waaraan jy ly. Ek self mis die bloggery… sperdatums en siek kinders… helaas. Sterkte met die nesskrop!

  11. Nie net het jy draad verloor nie… maar ek ook na jou blog toe. Lees nou eers hier. Wou al vandag whattsapp om te hoor of elke ding nou sy plek het…. en hoe vorder dit met Telkom. Ons vertrou jy is gou weer met ons. Lekker slaap 😊

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ons skop nog Kameel. Telkom het een verskoning na die ander en ons is nog niks nader aan ‘n oplossing nie. My seun bel hulle nou elke dag van JHB af om op te volg. Ons moet maar wag – het nie ander keuse nie. Intussen is die weer darem lekker en loop ons op die strand ronden maak tuin.

  12. Wil maar net se ek mis jou erg