My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.
My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.
English (Afrikaans below):
Quarrelsome: given to or characterised by quarreling (argumentative, confrontational): Afrikaners are quarrelsome, argumentative and confrontational by nature. They find it very difficult to agree on anything. Growing up, we quickly learned to accept squabbles between neighbors, friends, political opponents and persons of different religious backgrounds as normal, even desirable.
In those long-ago days, we had no internet, social media, mobile phones or even television in South Africa. Most people did not even have telephones in their homes. So, how did they communicate their grievances and settle their arguments? Well, those who had proper schooling sometimes wrote letters to their adversaries (or their attornies). In the political arena, rallies were held where supporters and their leaders could meet in person in the city hall; those that had the gift of the gab acted as spokesperson for the various parties. Political rallies often turned particularly raucous, but seldom came to blows. Participants debated with sarcasm and wit, but the language remained fairly civilised (in public, that is).
However, the most interesting and heated arguments that my siblings and I ever heard, were those that took place between the housewives in a small mining village where we lived for a while.
None of the women ever left their houses to visit the neighbors or to gossip over the fence, yet there were constant quarrels among them. Whenever this happened, they just opened the window closest to the street front and started trading insults, at top volume. The incredible thing is that they seemed to know each others’ most secret sins and insignificant weaknesses. How???
Luckily for us, ours was the only working mom in the street and therefore not at home during the day to forbid us from eavesdropping. She would have died of apoplexy had she heard them shouting their abusive insults. Those women knew how to call a spade a spade without beating around the bush. Sometimes the domestic helpers joined their employers in these verbal assaults and then the language turned really interesting, to such an extent that we had to ask the older children to translate. We quickly built up an impressive vocabulary.
The role of social media: If I ever cherished the thought that I’ve heard it all during my childhood and knew all the ways that people could insult each other, I was quickly and rudely disillusioned once I started using social media. It is not only the language (adding to my vocabulary again) or the insults that users shower upon each other, but the unnecessary nit-picking that gets to me. Do not dare to make a spelling error, get a fact wrong, criticise a dress code or raise a difference in opinion when discussing a recipe – you will be torn from limb to limb by whoever is linked to the internet, in the vilest manner possible. If you want to participate in social media discussions, you’d better know how to play hopscotch in the minefields. Those aunties from my childhood way back then would not have been able to compete. Today’s emoji: 🤬
Afrikaans:
Twisgierig: geneig tot of gekenmerk deur rusiemakery (dwarskoppig, konfronterend): Afrikaners is twisgierig, dwarskoppig en konfronterend van aard. Hulle vind dit baie moeilik om oor enigiets saam te stem. In ons grootwordjare het ons vinnig geleer om twis tussen bure, vriende, politieke teenstanders en persone van verskillende godsdienstige agtergronde as normaal, selfs wenslik, te aanvaar.
In daardie jare gelede het ons geen internet, sosiale media, selfone of selfs televisie in Suid-Afrika gehad nie. Die meeste mense het nie eens telefone in hul huise gehad nie. So, hoe het hulle hul griewe gekommunikeer en hul argumente opgelos? Wel, diegene wat behoorlike skoolopleiding gehad het, het soms briewe aan hul teëstanders (of hul prokureurs) geskryf. In die politieke arena is daar byeenkomste gehou waar ondersteuners en hul leiers persoonlik in die stadsaal kon ontmoet; die gladdebekke het as woordvoerder van die verskillende partye opgetree. Politieke saamtrekke het dikwels besonder rumoerig geraak, maar het selde op ‘n fisiese geveg uitgeloop. Deelnemers het met sarkasme en pittigheid gedebatteer, maar die taal het redelik beskaafd gebly (in die openbaar, bygesê).
Maar die interessantste en hewigste argumente wat ek en my sibbe ooit gehoor het, was dié wat plaasgevind het tussen die huisvroue in ‘n klein myndorpie waarin ons ‘n rukkie gewoon het.
Nie een van die vroue het hul huise ooit verlaat om die bure te besoek of sommer oor die heining te skinder nie, maar daar was voortdurend twis tussen hulle. Wanneer dit gebeur het, het hulle eenvoudig net die venster naaste aan die straatfront oopgemaak en begin om beledigings rond te slinger, in klipharde stemtoon. Die ongelooflike ding is dat hulle mekaar se mees geheime sondes en kleinste swakhede geken het. Hoe ???
Gelukkig vir ons was ons ma die enigste werkende vrou in die straat en dus nie tuis gedurende die dag om te verhoed dat ons die getwis afluister nie. Sy sou gesterf het aan apopleksie as sy gehoor het hoe hulle mekaar die gruwelikste beledigings toegevoeg het. Daardie vroue het geweet hoe om ‘n saak by die naam te noem, sonder om doekies om te draai. Soms het die huishoudelike werkers hulle by hulle werkgewers geskaar in hierdie woordestryd en dan het die taal nou eers interessant geword, soveel so dat ons die ouer kinders moes vra om te vertaal. Ons het baie vinnig ‘n indrukwekkende woordeskat opgebou.
Die rol van sosiale media: As ek ooit die idee gekoester het dat ek alles gehoor het en al die maniere waarop mense mekaar kan beledig in my kinderjare leer ken het, is ek vinnig en op ruwe wyse ontnugter toe ek sosiale media begin gebruik het. Dit is nie net die taal (wat weereens my woordeskat uitgebrei het) of die beledigings wat gebruikers mekaar toevoeg nie, maar die onnodige vitterigheid wat my onderkry. Moenie dit waag om ‘n spelfout te maak nie, ‘n feit verkeerd te kry, ‘n mode kritiseer of ‘n verskil in opinie uit te spreek wanneer ‘n resep bespreek word nie. Jou ledemate sal afgeruk word deur enige persoon wat toegang tot die internet het, op die gruwelikste moontlike manier. As jy wil deelneem aan sosiale media-besprekings, moet jy sorg dat jy weet hoe om eenbeentjie te spring deur die mynvelde. Daardie ou tannies van my kinderjare, sou nie kon meeding nie: Emoji vir vandag: 🤬
Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.
perdebytjie
Dis skrikwekkend hoe vlak agressie onder die lagie vernis lê.Ek geniet jou storie van die bakleiende tannies…self twee sulke vrouens beleef wat mekaar naderhand met tuinslange deur hul heinings natgespuit het!😄
HesterLeyNel
😄 😃 😀 Ek glo vas aan die gesegde van “good fences make good neighbors”.
perdebytjie
Dis dalk die voordeel van mure. Ek het al twee jaar nuwe bure en hulle nog nooit gesien nie!
HesterLeyNel
Ek is ook so met bure Perdebytjie. Ek waai en groet as ek hulle sien en dis dit, maar ek is nie ‘n kuierpersoon nie. Weet jy, ek het vir 12 jaar in ‘n klein dorpie gewoon waar ‘n hele paar van my kollegas ook gewoon het en ek was nooit by hulle aan huis nie.
perdebytjie
Dis soms maar beter om jou afstand te hou.
Anne
Your description of those times is spot on!
HesterLeyNel
It was good entertainment for us kids!
Hier "blok" Ek!
En as ek iets kan byvoeg – ek is die werkgewer van so 400+ huiswerkers en laat ek jou vertel dat dit wat hulle aan my kom vertel oor wat in van my kliente se huise aangaan sal jou na jou asem laat snak, jou laat doodlag en jou rooi van verleentheid laat. Een vb wat ek hier sal noem is waar die klient wat na ons gekom het vir ons dienste vir my vertel het sy is vreeslik puntenerig en baie moeilik – na ‘n pr maande het die werker na my gekom en vertel sy wil nie kla nie maar sy wil my ‘n foto wys, oral staan daar omgedopte tupper bakkies in die vrou se huis – as jy dit omdop is daar ‘n hondebol onder dit – die werker het 2xpw by die mense gewerk, sy sê die vrou tel net mooi nooit enige bol op nie, sy sit net ‘n tupper bakkie oor dit totdat die werker kom en dan moet sy skoonmaak – die baie puntenerige vrou. En dan moet ek nou myself verstout en jou vertel van die mans wat nie hulle hande vd werkers kan afhou nie – ons het al ‘n paar SAPS sake gehad omdat ek aandring dat die werkers ‘n klag van teistering moet gaan lê aangesien ek nie berug wil raak as iemand wat ‘n goedkoop bordeel bedryf onder my werkers nie. Maar ja, die is nou 2 vbe van vele ander insidente. Dink net hoe lekker skinder my werkers onder mekaar van ons kliënte 😉
HesterLeyNel
Haha, nogal tupperwarebakkies. Ek wonder of sy hulle weer in die kombuis gebruik agterna? Jy weet, ek het nog altyd gesê huiswerkers let meer op en weet meer van jou privaatbesigheid as wat ons besef. Ek het vir die laaste vyf jaar nie meer ‘n huiswerker nie – tussen my en my dogter bly ons darem in ‘n redelike skoon omgewing, maar dan, ons is heeldag by die huis en ek verdra nie so baie mense rondom my nie.
Toortsie
Ek het jou vertelling van die myndorpie baie interessant gevind. Op die plaas was ons defnitief beskerm daarteen. 😁 Maar soos jy sê, sosiale media! Sjoe! Ek was nou die dag in sulke groot moeilikheid oor ‘n opmerking wat ek op faceboek gemaak het. Toe ek die fout maak om te sê ek het niks daarmee bedoel nie, en ‘n idioom gebruik, verstaan die persoon nie die idioom nie en word ek nog meer verskeur. Elke persoon wat vir my probeer opkom, gooi olie op die vuur en gaan hy net erger en erger. Ag nou ja, iewers het hybaie seergekry in sy lewe en ek het niksvermoedend op die seer toon getrap.
HesterLeyNel
Jy praat. Hier by ons is ‘n faceboekgroepie waar jy klagtes teen die munisipale dienste onder die ward councillors se aandag kan bring. Dit was in die tyd dat ons feitlik daagliks sonder water was net voor die Desember vakansie en toe sê een vroutjie daar dat ons moet ophou kla op sosiale media, want ons jaag die vakansiegangers weg. Toe wil ek weet hoekom ons vir die vakansiegangers moet lieg, net sodat hulle hier aankom en uitvind dat daar nie skoon water is om te drink, bad of toilet te spoel nie. En net daar het ons mekaar aan die keel gegryp. Dit het amper ontaard in ‘n volskaalse oorlog. Waar mense se sakke geraak word, mag jy mos nie ‘n skewe woord laat val nie, maak nie saak of ander mense daardeur skade ly nie.
Kameel
Ek het in die mees vreedsaamste huis in ‘n vreedsame buurt grootgeword. Bure het nie oor en weer gekuier nie maar my ouers het lewenslange vreedsame vriende gehad wat Sondae middae by mekaar gekuier het. Die enigste kere wat ek my pa se stem bietjie harder hoor maak het is wanneer hy en die ander ooms oor die Sappe gepraat het. Toe ek en Ken tussen die mielielande ingetrek het is ons vooraf gewaarsku teen watter mense ons mee vriende maak. Daar het almal ook te veel van almal geweet. Geen ernstige dinge ooit onder mekaar gesien of van gehoor nie. Die ergste was toe my buurvrou aan ons deur klop met ‘n botteltjie olie en vra of sy die kinders se swing kan olie want die geraas irriteer haar 😀😀😀
HesterLeyNel
Bedagsame buurvrou! Snaaks, ek moet jou sê, ons het nie baie lank daar gewoon nie (my pa was onder kontrak by die kopermyne vir daardie tydperk), maar van my laerskooljare onthou ek die mense wat daar gebly het asof alles gister gebeur het. Daarna het ons na ‘n ander myndorp toe getrek met ander tipe mense wat ook interessante “onthou”-stof oplewer, maar nie so lekker soos daardie tannies waarvan ek geskryf het nie.
Prakash Hegade
He he.. the good old days. 🙂
HesterLeyNel
I have some wonderful childhood memories from the most unexpected sources. Children see and hear more than adults give them credit fir.
Prakash Hegade
🙂
I see!
Anne J.
Haha! That’s quite a picture you’ve painted there, Hester. 😄😃
HesterLeyNel
It was great fun. Sometimes I miss the old days.
Anne J.
I think we all do at some point. I know I do, too. 🤗❤