My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.
My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.
English (Afrikaans below):
Nauseated: feel or cause to feel sick (referring to feelings of disgust or revulsion). It is a fact that a person, especially one with a queasy stomach, can be disgusted by a sickening smell or sight, to such an extent that they are overcome by nausea. The same is true when that person is disgusted beyond endurance by someone else’s actions, for example, when witnessing acts of extreme violence. Vomiting under these circumstances is an involuntary physical reaction.
What interests me is the fact that so many people are using the expression “I’m feeling nauseated” when referring to trivial irritations, usually with regard to a statement which they believe to be untrue, or shows a lack of intelligence or common sense.
In the old days (my young days), women were taught to protest such utterances in a mild, ladylike and silent manner (Silence is the most perfect expression of scorn – George Bernard Shaw). Body language was very useful in this instance. A slight frown, accompanied by the lifting of an eyebrow or crossing of arms had to suffice. Men, being men, of course, occasionally resorted to more violent language and actions, but preferably not in public. All this has changed during the last few decades, especially since we switched to online communication.
The role of social media: Since the person irritating the blue blazes out of you may not necessarily be physically present in your company, body language is no longer effective. The protester can take shelter behind a profile picture and is out of reach of fists, baseball bats and other tangible weapons. The only weapon at the protester’s disposal is the written language and/or emojis. Unfortunately, this means that the language has become more aggressive and I often find that people are no longer just nauseated, they actually “throw up in their own mouths” or “vomit on their shoes”. May I never feel that sick in public. Today’s emoji: 🤮
Afrikaans:
Naar: (met verwysing na gevoelens van teensin of walging) wat ‘n persoon laat naar voel . Dit is ‘n feit dat ‘n persoon, veral een met ‘n maagongesteldheid, gewalg kan word deur ‘n slegte reuk of skouspel, in so ‘n mate dat hulle oorweldig word deur naarheid. Dieselfde geld as daardie persoon buite perke gewalg word deur iemand anders se optrede, byvoorbeeld deur dade van uiterste geweld te aanskou. Braking onder hierdie omstandighede is ‘n onwillekeurige fisiese reaksie.
Wat my interesseer, is die feit dat so baie mense die uitdrukking “dit maak my naar” gebruik wanneer hulle verwys na klein alledaagse irritasies, gewoonlik met betrekking tot ‘n uitspraak wat hulle glo onwaar is of wat ‘n gebrek aan intelligensie of gesonde verstand toon.
Vroeër jare (in my jongdae) is vroue geleer om sulke uitsprake op ‘n sagte, damesagtige en stille manier te protesteer (Silence is the most perfect expression of scorn – George Bernard Shaw). Liggaamstaal was baie nuttig in hierdie geval. ‘n Ligte frons, gepaardgaande met die optrek van ‘n wenkbrou of deur arms te kruis, moes voldoende wees. Mans, omdat hulle mans is, het hulle natuurlik soms gewend tot meer gewelddadige taal en optrede, maar verkieslik nie in die openbaar nie. Al hierdie dinge het die afgelope paar dekades verander toe ons oorgeslaan het na die gebruik van aanlyn-kommunikasie.
Die rol van sosiale media: Aangesien die persoon wat die bloue blixem uit jou irriteer, nie noodwendig fisies teenwoordig is in jou nabyheid nie, is lyftaal nie meer effektief nie. Die protesterende party kan skuil agter ‘n profielfoto en is buite bereik van vuiste, bofbalkolwe en ander tasbare wapens. Die enigste wapen tot sy/haar beskikking is die geskrewe taal en/of emojis. Ongelukkig beteken dit dat die taal ‘n meer aggressiewe toon aangeslaan het en ek vind dikwels dat mense nie meer net naar word nie, maar dat hulle inderdaad “in hul eie monde opgooi” of “op hul skoene braak”. Ek hoop nie ek raak ooit so naar in die publiek nie. Emoji vir vandag: 🤮
Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.
Anuscka
Ik val maar zomaar middenin een nieuwe challenge, en hoe. Wat heb je je gevoel, en het verschil met hoe het was in onze jonge dagen, weer mooi omschreven. 👍
HesterLeyNel
Dankie Anuscka. Dis nogal pret om hierdie vergelykings te doen en te sien hoeveel ons lewensuitkyk verander het.
travel460
Hierdie was weereens ń baie goeie post, Hester. Gelukkig trek julle nou eers by N, jy gaan nog heelwat moet skryf en my sodoende iets gee om deur die dag oor te dink.
HesterLeyNel
Dankie Una. Ja, hier is nou waar ‘n mens begin moeg word en wonder wat jou besiel het om in te skryf in die eerste plek.
Prakash Hegade
I see the difference. Body language online is not the concern and words have definitely got harsh.
The transition has happened. My elder generation quotes this as well. 🙂
Kameel
Baie goed gestel Hester. Wat die hart van vol is loop die mond van oor is seker hier paslik.
Kameel
Toepaslik 😊
HesterLeyNel
Eeeew! Nou sien ek dit hier voor my geestesoog, haha.
perdebytjie
Dis ‘n naarheid dat mense deesdae gesigloos naar kan optree!
HesterLeyNel
Ek weet nie wat kry hulle daaruit om so te rant en te rave nie.
rondomtaliedraai
Oooo naar is vir my een van die slegste siektes wat daar kan wees
A. Shepherdson
Well. I hadn’t expected nauseated! :/ Interesting, it’s not a term I’ve ever heard used.
Abrie Joubert
Interessante opmerking om oor na te dink – lyftaal is nie meer so effektief nie…
HesterLeyNel
Ja, ek kan nie deesdae meer my kinders die “evil eye” kyk gee nie, so ek moes SM taal aanleer om hulle reg te sien.