My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier, BookTalk

Die Voortvlugtiges – Ons het ‘n boek

Ons nuwe boek is gereed om afgelaai te word by my menu-skakel BookTalk in PDF, MOBI, en EPUB formaat. Druk net op die regte blou knoppie onder die prentjie van die voorblad. ‘n Thumbnail van die voorblad is op dieselfde plek geplaas. Die BookTalk bladsy laat bloggers toe om kommentaar te lewer vir diegene wat ietwat te sê het oor die boek – vertel asseblief hoeveel julle dit geniet het om deel te neem.

Die e-boeke sal ‘n lêer (file) aflaai in jou rekenaar se “downloads” lêer vanwaar dit oorgelaai kan word op jou e-leser. Die PDF weergawe maak direk oop op jou skerm en kan ook daarvandaan uitgedruk of ge’save’ word.

Ek het die kommentare wat nie direk betrekking gehad het op die misdaad self nie verwyder en die vingerglipse reggemaak – daar mag dalk ‘n paar wees wat my aandag ontsnap het. Die blogs self het ek onveranderd geplaas, behalwe vir die volgende -:

  • waar daar skakels gebruik is as verwysing na ‘n ander blog of artikel, is die verwysings nou in die voetnotas
  • ek het nie prentjies gebruik nie, eerstens omdat dit die dokument groter maak en dit langer vat om af te laai, en tweedens omdat ek verkies om slegs fotos te gebruik wat die eiendom van die skrywer is. Daar is skakels na julle eie blogs toe aan die begin van elke hoofstuk, dus kan besoekers direk na jou persoonlike blog toe gaan om daar te lees of fotos te kyk.
  • ek het hierdie keer afskrifte gemaak van die blogs in Microsoft Word 2016 en die emojis het pragtig en in volkleur oorgelaai van die blogs af, deur gebruik van die Segoe UI font. Ongelukkig dra dieselfde dokument die emojis oor na PDF, MOBI en EPUB on swart en wit alleenlik. Ons hoop dat die programmeerders eendag hierdie foutjie sal regstel, maar op die oomblik is daar nie medikasie nie. Die emojis lyk perfek, net die kleur is weg (en dis natuurlik minder werk vir Hester), dus moet julle die boek maar lees met ‘n glasie Black & White whiskey om dit behoorlik te geniet.
  • in die onderskeie blogs word die laaste kommentare òf heel bo òf heel onder geplaas en ek moes ‘n bietjie sortering toepas terwille van eenvormigheid.

My weergawe is klaar afgelaai op my Kindle en dis weer eens ‘n fees – ek giggel nog steeds oor die kommentare. Die blogs kan natuurlik ook gelees word in hulle oorspronklike formaat deur gebruik te maak van die InLinkz skakel (die blou paddatjie) onderaan hierdie bladsy.

Die boek is weer gepubliseer onder die naam van die skrywer “Blogland”.

Duisend dankies aan almal wat deelgeneem het en die hele ondervinding so plesierig gemaak het. ‘n Ekstra dankie aan Abrie vir die gebruik van sy foto op die dekkingsblad en ook Seegogga wat haarself beskikbaar gestel het as “joernalis”.

Wat noem ‘n mens die speletjie “musical chairs” in Afrikaans?


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

61 Comments

  1. Ag ek kan my nie indink aan ‘n dag sonder die Towerinne en Hester en Abrie se kaperjolle nie. Dis onlekker. Daar is soveel storielyne, on kan ons eie lewenslange sepie skryf. Dit was ‘n fees en groot voorreg om saam met julle oulike en ondeunde bloggers op ons voortvlugtige verbeeldingryke avontuur te gaan….Hester ons wag.

  2. My hart is skoon seer dat ons storie op ‘n end is!Ek het dit so geniet om bietjie te ontsnap van die daaglikse lelike werklikhede.Aan al my medebloggers en Hester, ‘n spesiale dankie vir baie pret.Dit sal my lank bybly!

  3. Hester, ek wil ook net bylas en dankie sê vir jou harde werk om als so bymekaar te hou. Ook vir die keer of twee wat jy vinnig moes inspring om ons op die regte pad te lei.😉

  4. Nou goed hier kry ek trane in my oë (huil jy alweer Camilla?) Dit was een heerlikheid. “Dankie Hester vir jou harde werk…. al het jy die sweep ook maar goed laat klap, en dankie aan elkeen van julle wat soveel lag in my lewe teruggebring het. Abrie dankie vir Toweropstal en die leen van jou oupagrootjie 😀😀😀 Ag, hier lag ek alweer. Dit was ‘n fees!!!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      fluister Ek wou eintlik eers vir oupagrootjie die man maak wat so jolyt gepleeg het saam met Sarie Marais, maar ek was bang Abrie mur my. Lees my antwoord op lekkervurig se kommentaar ook.

  5. Ek stem saam met Bytjie en Lekkervurig, dit was n fees om so te skryf. BAIE groot DANKIE aan jou, Hester wat so n lekker “breingolf” gekry het om soiets aan te pak en deur te voer. Almal is skrywers en vertellers van formaat.

  6. Geluk, Hester en al die Towerinne – julle het nog ‘n wenner! Dankie vir die lekkerlees en ook vir jou harde werk, Hester, om dit alles vir ons bymekaar te vat.

  7. My antieke woordeboek stel “stoeledans” vir “musical chairs” voor, maar miskien sou jy dit liewer iets soos “beurtspeletjie” kon noem?

  8. Dankie Hester, dit was heeeerrrlik. Ek is natuurlik steeds bekommerd oor jou internasionale geselskap, maar ons los dit maar daar. 😁 En Hester, ons is lief vir jou. Rêrig êrig.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Haha, hulle het darem die storie ‘n bietjie opwinding besorg. En dankie Toortsie, ek is rêrig êrig lief vir julle almal ook.

  9. Het die boek sit en deurlees, en so geniet. Nou sit Pablo se “cookie” in my kop vas. 😀😀😀😀 Wens net ek kan weet WAT het almal so aan die hardloop gesit.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Nee ek weet nie, daar was soveel plot twists nadat ek my storie beëindig het. Die misdadigers hou mos nie daarvan dat ‘n storie met ‘n cliffhanger moet eindig nie, so elkeen skryf sy eie einde soos wat hy hom wil hê 😄

      • Ek het werklik gehoop vir ‘n derde boek… maar wat ek het darem vir Marco op die einde gekry.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Wie het daai stertjie geskryf? 😨 En wat van Ben

        • Ek moes dit skryf, konnie Marco laat wegkom het nie 😀😀😀😀 Ai, die liewe Ben, voel jammer vir hom maar dis beter vir hom so.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Toemaar, ons sal jou nog ‘n kans gee om daardie verhaal klaar te skryf tot op die bitter goeie einde.

        • Nee ek dink hy moet net daar eindig. Dis mos hoe die romantiese boeke eindig nie? Van die weghollendes weet ek nou nie so mooi nie….. miskien moet elkeen skryf waarheen hulle gehardloop het 😀😀😀

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Haha, ek dink hulle is so verwilderd, hulle weet self nie.

  10. Het nie een van julle die gewere

    • Ek dink hierdie een moet jy antwoord siende dat alles aan ons kant was…. en jy toe besluit het Abrie en die Towerinne hardloop soos papbroeke weg. En dit na alles wat ons trotseer het!!!

      • Comment by post author

        HesterLeyNel

        Nee, jy moet maar vir lekkervurig vra. Ek sien sy mompel sulke halwe sinne oor gewere en so aan – ek weet nou nie of die vreemdelinge daar begin skiet het nie, want die volgende ding het Carlos glo vir my gesê die Towerinas hardloop weg. Ek was toe al op my lunch break en het nie daardie stuk help verfilm nie.

        • Dis juis vir Lekkervurig wat ek dit gesê het. Jy het nog gedink aan jou helikopter lisensie…. toe laat sy die spul uitmekaar spat. Ek hou nie van sulke onopgeloste eindes nie 😡

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          fluister ek weet – niemand hou daarvan nie; ek doen dit aspris, want ek kan nie wag vir die stertjies om aangelas te word nie.

      • …ek hardloop so vinnig – het julle nie die gewere in die bergiebek se hand gesien nie….ons was die “decoy” vir Hester se perfekte misdaad. Dink bietjie mooi…sy was altoos eenkant, afstandig deur al ons kaperjolle. En sy het my einde gelaaik….groetnis tot later

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      ??? sê maar, dis ok, ons sal nie oorvertel nie 😄 😃 😀

      • Flip, ek skrywe oppad werk toe, dan ry Rots (ja, hy is vol terug in die tuig) oor ‘n hobbel, dan send ek per ongeluk – ek was nog besig om te spin…die duiwel is altyd in te veel detail.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek sal nooit so in die kar kan sit en skrywe (of lees) nie. Dit maak my onmiddellik naar – my oë kan nie die motion of the ocean hanteer nie. Ek is bly jou Rots staan nou weer op vaste grond.

  11. Lekkerste lekker gewees om so laggende te kan skryf, maak sommer die wêreld ‘n beter plek. Dankie vir elkeen maar veral vir jou Hester

  12. Dankie Hester ek waardeer jou ten spyte van jou Suid-Amerikaanse masjiengeweer konneksies. Ek was die naweek in ‘n plek genaamd Krabgat (korrekte spelling – Nederlands soos in Crab). Die huisie het my geweldig aan Toweropstal laat dink en as ek vroeer daar was was dit dalk Toweropstal. Dalk blog ek nog daaroor