My vreugdes en frustrasies

A - Z (2018)

#AtoZchallenge (2018) J is for feeling Jealous

My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.

My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.

English (Afrikaans below):

Jealous: feeling or showing envy or resentment of someone or their achievements, possessions, or perceived advantages. This discussion does not refer to romantic or sexual jealousy, but rather to feelings of envy over lack of possessions or status: who among us are the smartest, toughest and most handsome?

Jealousy (or envy) is not necessarily a negative feeling. Yes, it can be malicious in the sense that the reaction thereto can be driven by a need to make things equal by means of tearing someone down to achieve this. On the other hand, the feeling can also be benign if driven by admiration and inspiration, which encourages a person, group or team to aim for greater heights. Trying to keep up with the Joneses does not always have a negative implication!

Does the urge to compete grow less with aging? I cannot answer that one from personal experience (not yet, anyway). Even at my age I still look up to my role models and I learn from their experiences. Every now and then I stumble across something that I want to possess or something that I still want to do, and I admire those who have already achieved that goal to such an extent that I drive myself to do the same. Are these goals what is called a bucket list?

The role of social media:  Social media is the perfect platform to spy on the Joneses, just to see what they are up to, haha. I love reading about new inventions, places I haven’t been, recipes I haven’t tried out, gadgets I might like to buy and to read others’ opinions about these topics. Social media is my daily newspaper which stokes my envy! Today’s emoji: 😩

Afrikaans:

Jaloers: voel of toon afguns of wrewel teenoor ander persone vanweë hul prestasies, besittings of voordele wat hulle geniet. Hierdie bespreking verwys nie na romantiese of seksuele jaloesie nie, maar eerder na gevoelens van afguns oor gebrek aan besittings of status: wie van ons is die slimste, taaiste en mooiste?

Jaloesie (of afguns) is nie noodwendig ‘n negatiewe gevoel nie. Ja, dit kan kwaadwillig wees in die sin dat die reaksie daarop aangedryf kan word deur die behoefte om die speelveld gelyk te maak deur iemand neer te haal om dit te bereik. Aan die ander kant kan die gevoel ook positief wees as dit deur bewondering en inspirasie gedryf word wat ‘n persoon, groep of span aanmoedig om hoër hoogtes te bereik. Om te probeer om tred te hou met die Joneses het nie altyd ‘n negatiewe implikasie nie!

Word die drang om mee te ding, minder wanneer jy ouer word? Ek kan nie daardie een vanuit ‘n persoonlike perspektief beantwoord nie (nog nie, in elk geval). Selfs op my ouderdom sien ek nog steeds op na my rolmodelle en leer ek uit hul ervarings. Af en toe sien of hoor ek van iets wat ek wil besit of iets wat ek nog wil doen, en ek bewonder diegene wat daardie doel reeds so bereik het, tot so ‘n mate dat ek myself daartoe dryf om dieselfde te doen. Is dit hierdie doelwitte waarna verwys word as ‘n “bucket list”?

Die rol van sosiale media:  Sosiale media is die perfekte platform om te spioeneer op die Joneses, net om te sien wat hulle het en doen, haha. Ek is lief vir lees oor nuwe uitvindings, plekke wat ek nog nie besoek het nie, resepte wat ek nie probeer het nie, katoeters (gadgets – dankie Tina!) wat ek dalk graag wil koop en om ander se menings oor hierdie onderwerpe te kan lees. Sosiale media is my daaglikse koerant wat my afguns stook! Emoji vir vandag: 😩

Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

14 Comments

  1. Jealousy is not always bad and it never ages. 😀

    Its needed for a positive growth. 🙂

  2. Jaloesie is beslis ook ‘n dryfveer vir oorlewing, al klink dit nou hoe vreemd. Dit spoor mens aan tot verbetering van jou omstandighede en verbreding van jou wêreld.

  3. 😁😁😁😁je blog is hier vandaag heel erg van toepassing.

  4. Ek weet nie maar hoe ouer ek word hoe minder wil ek meer he en hoe minder wil ek graag soos ander wees, jaloesie daal verseker saam met ouer word, jouself aanvaar vir wie en wat jy is en het.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dit is. Vir my gaan dit deesdae oor dinge om te doen eerder as om goed te besit. Besittings is net ‘n nuisance, veral as jy self huis skoonmaak 😝

  5. Dan val ek uit die bus uit. Was nog nooit kompeterend met die Joneses nie. Bewonder opreg ander se mooi huise, posisies ens… maar voel nie jaloers nie. Glo wel dit kan ‘n positiewe invloed hê op mense wat bereid is om hard te werk om ook daar te kom. Maar jaloesie as emosie alleen baat niks.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Die Joneses se besittings doen niks vir my nie, maar as die reuk van hulle braaivleis in die lug hang, of hulle seun bring biltong van die plaas af, of hulle kleinkinders speel in hulle tuin rond … In my werk was ek nog altyd baie kompeterend, nie soseer om posisie nie, maar om ‘n beter werkstuk te lewer.

      • Wanneer braaivleisreuk in die lug hang sê my man altyd “Watter vark braai nou daar.” As jy van die “kleiner” dinge praat waaroor jy jaloers is, is daar iets waaroor ek so jaloers is dat dit met tye na fisiese pyn voel. Ai 😕

  6. Nilanjana Bose

    All emotions can be used for personal growth and/or a positive outcome, jealousy included.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      I totally agree with you, but feelings like jealousy, anger, guilt, anxiety or sadness are normally referred to as negative emotions, harmful to your mind and body. I’m saying this is not necessarily true, depending on how you channel these feelings.