My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Ons het op die strand gaan uithang saam met ‘n slang

Ons het vanoggend so ‘n bietjie op die strand gaan uithang saam met die Vaalies … en ‘n slang. In die piekniekgronde het pa gemik om af te draai na die strandrestaurant vir sy Saterdagse bier-uur, terwyl ek en Karen verby die kaggelkakkies-verkopers beweeg op pad water toe. Skielik steek ons almal vas in ons spore, want daar langs die paadjie lê ‘n yslike luislang.

“Wie se slang is dit?” gil-vra ek kliphard. “Wat het hy geëet? Vir WIE het hy geëet?” Die slang is so dik dat hy homself skaars kan beweeg.

“Nee, Tannie,” kom die antwoord, “hy het ‘n haas geëet. Nie ‘n baie groot haas nie en nou is hy kwaad, want hy wou nog gehad het.” Ja, ek ken daardie situasie. Genis is ook so, hy is nooit gelukkig met die hoeveelheid kos wat ons hom voer nie.

“Jy kan hom om jou nek sit vir R20,” sê sy baas en Karen bied onmiddellik aan dat haar ma met die slang sal poseer vir ‘n foto. Syself kry natuurlik die wilde-weghol, maar skuil agter haar kamera. Ek bedel R20 by my man en hy vererg hom omdat ek nou sy biergeld afvry, maar ek vat nie nee vir ‘n antwoord nie.

Eers word die slang opgetel sodat ons hom kan streel oor sy verbasende warm lyfie, terwyl die baas sy kop vashou. “Jy kan maar die kop los,” sê ek, “hulle byt mos nie,” en ek streel sy nek. “O ja, hulle byt,” sê die baas en wys my die bytmerkies op sy voorarms. “Hulle het tandjies so skerp soos lemmetjies, maar hierdie een het darem nog nooit gebyt nie”. Ek skrik so groot dat ek amper die slang verwurg en wonder of ek my R20 kan terugvra.

Maar toe het ek al klaar die slang-halssnoer om my nek. Liewe genade, wat weeg die ding? (Glo vyf-en-vyftig kilogram.) Karen swaai die kamera heen en weer en ek raas dat sy moet gou maak, my rug gaan breek. Intussen wonder ek kliphard watter een van die knoppe in die wriemelende lyf is die ongelukkige haas. Hier staan ek nou met ‘n haas in ‘n slang om my nek en al die Vaalies kyk vir my.

Ook net op die Suidkus.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

52 Comments

  1. Euh…. Ik zou al gaan lopen zijn maar dat is ook geen goed idee! Ben je beetje gek om zo dichtbij te gaan 😀

  2. Nee Hester, nou raak jy defnitief te wild! Het jy ooit Jungle Book 10x gesien? Mens het respek vir ń luislang, HY KAN WURG!!!!!!

  3. Ek het nou so lekker gelag… dapper donner jy !!

  4. Jislaaik! Die enigste haas in die storie is die malhaas met die slang om haar nek!

  5. OMG!!!!

  6. Jy het meer guts as ek! 🙈

  7. Lucky, lucky you! Pythons are beautiful creatures. We looked after one for a while in Mmabatho and had many children and their parents call round to touch it. What a happy day for you 🙂

  8. Urrgh – nee, Hester, nee! Hulle moes JOU R20 betaal het!

  9. ‘n Gemors van biergeld, dis verseker! 😉
    Skaam jou dame, dat jy daai arme man se biergeld afgeroggel het! En dit vir ‘n rugbreker slang? Swak! 😉
    Net so btw… wat of wie is kaggelkakkies??

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ornaments and souvenirs bought by holidaymakers. In the old days such items were displayed on the mantelpiece (kaggelrak). I’m sure you know what “kakkies” are – directly translated: all the little shitty things on the mantelpiece. Ek het die woord by die blogger Tina van Rondomtaliedraai geleer. You will find it in the blogging dictionary only.

  10. Jy is dapper!

  11. Onze Nederlandse slangen, adders en ringslangen, zijn niets vergeleken met deze slang.

    Vrolijke voorjaarsgroet,

  12. Dit herinner my aan iets uit my jong dae. Wat kan dit tog nou wees? !! HESTER JY IS GLENDA KEMP!

  13. Ek sou R100 betaal het om daardie slang om my nek te draai! Dis so ‘n pragtige reptiel. Jy lyk baie oulik, Hester!

  14. Not in a million years!!!!

  15. OOOOOOOoo… dapper vrou En jy lyk nie eers bang of skrikkerig nie!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Skattebol, as dit ‘n swart mamba was, sou jy my stofwolke doer agter op die horison gesien het, maar ek weet hierdie soort is onskadelik. Hy kan wel byt, maar dit gebeur feitlik nooit en het ook nie vreeslike gevolge nie. Ek is te dik vir hom om my te omsingel.

  16. Ek hou niks van slange….

  17. Goeie gom! Jy het baie moed om slangkind as serp te dra. Mens bly voel-voel aan daardie sagte vel. Seepglad. Maar ja, ek wil ook nie ‘n happie van slangkind hê nie, netnou proe ek soos haas!

    Mooiste woord wat jy gebruik: “kaggekkakkies” – mal daaroor.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Hy was nogal swaar om so vas te hou. Kaggelkakkies is ‘n selfgemaakte bloggerwoord wat ek by Tina van Rondomtaliedraai oorgeërf het. Die oud-taalonderwyseresse raak baie kreatief wanneer nodig!

  18. E-e-k ! Jy is brawer as ek 😉

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Hulle is darem baie mak Linda en die eienaar verdien ook ‘n geldjie as mense so fotos neem van die slang. Hy is net geweldig swaar!