My vreugdes en frustrasies

A - Z (2018)

#AtoZchallenge (2018) A is for feeling Angry

My theme for this challenge is “feelings” of a sexagenarian and the influence of social media.

My tema vir hierdie uitdaging is “gevoelens” van ‘n sestig-plusser en die invloed van sosiale media.

English (Afrikaans below):

Angry: feeling or showing strong annoyance, displeasure, or hostility. Is anger necessarily a negative feeling and one which automatically leads to hostility or aggressive behavior? I don’t believe so.

It seems as if being angry has become fashionable in modern times: we are angry at life, angry at each other and, most of all, angry at ourselves. In many instances, this anger indeed culminates into acts of aggression, because feeling angry goes hand in hand with the feeling of frustration, hopelessness and the inability to rectify the wrongs that are causing the anger.

The opposite is also true: sometimes aggression itself is the true target. Like a spoilt child, society throws a  collective tantrum because it has learned that aggressive behavior attracts the attention it yearns for.  In this case, anger is not the true driving force.

Where the cause of the anger can be clearly defined, permitting the other party or parties in a relationship to get a glimpse at your angry feelings, may be conducive to finding a mutually satisfactory solution to the problem. Internalising and hiding these feelings serves only the purpose of being ignored by the very people whose assistance is needed to solve the problem. Don’t expect other people to guess how you are feeling; you’ll be waiting a long time.

The art of changing those angry feelings into a positive problem-solving force before it affects your mental and physical well-being lies in the way that you communicate your feelings. State your grievance in a calm, assertive manner, and refrain from throwing those barbs that may aggravate the situation.

The role of social media: venting anger and frustration on Facebook and other social media platforms, brings to the fore the pack mentality. (It has also taught me a brand-new extended vocabulary. Thank you for that – I can now express my anger in a colorful imaginative manner.) A simple statement can be devoured, adapted and then spat out again with the ferocity that anonymity affords to the masses. On the other hand, it can be a useful tool to draw attention to certain injustices that can otherwise be buried and stay hidden. We should use these platforms to promote openness and positivity. Today’s emoji: 😠

Afrikaans:

Woedend: om sterk ergernis, ontevredenheid of vyandigheid te voel of vertoon. Is woede noodwendig ‘n negatiewe gevoel en een wat outomaties lei tot vyandigheid of aggressiewe gedrag? Ek glo nie.

Dit lyk asof woede die mode geword in die moderne lewe: ons is kwaad vir die lewe, kwaad vir mekaar en bowenal kwaad vir onsself. In baie gevalle lei hierdie woede inderdaad tot aggressiewe dade, want dit gaan hand aan hand met die gevoel van frustrasie, gebrek aan hoop en die onvermoë om die onreg wat die woede veroorsaak, reg te stel.

Die teenoorgestelde is ook waar: soms is aggressie self die ware teiken. Soos ‘n bedorwe kind, gooi die samelewing ‘n kollektiewe tantrum omdat dit geleer het dat aggressiewe gedrag die aandag trek waarna dit smag. In hierdie geval is woede nie die ware dryfkrag nie.

Waar die oorsaak van die woede duidelik gedefinieer kan word en die ander party of partye in ‘n verhouding toegelaat word om insig te verkry in jou gevoelens, kan dit bevorderlik wees om ‘n wedersyds bevredigende oplossing vir die probleem te vind. Die internalisering en verberging van hierdie gevoelens dien net die doel om geïgnoreer te word deur die mense wie se hulp jy benodig om die probleem op te los. Moenie van ander mense verwag om te raai hoe jy voel nie; jy sal lank wag.

Die kuns om daardie kwade gevoelens te verander in ‘n positiewe, probleemoplossende dryfveer voordat dit jou geestelike en fisiese welsyn aantas, lê in die manier waarop jy jou gevoelens kommunikeer. Lug jou griewe op ‘n kalm, doelgerigte manier, en moenie pyle afvuur wat die situasie kan vererger nie.

Die rol van die sosiale media: die uiting van woede en frustrasie op Facebook en ander sosiale media-platforms, bring die mob-mentaliteit na vore. (Dit het my ook ‘n splinternuwe uitgebreide woordeskat geleer. Dankie daarvoor – ek kan nou my woede uitdruk op ‘n kleurvolle verbeeldingryke wyse.) ‘n Eenvoudige stelling kan verslind, aangepas en dan weer uitgespoeg word met die tipiese bloeddorstigheid wat agter die gesigloosheid van die massas skuil. Aan die ander kant kan dit ‘n nuttige hulpmiddel wees om sekere onregte rugbaar te maak wat andersins begrawe kon word en verborge sou bly. Ons moet hierdie platforms gebruik om openlikheid en positiwiteit te bevorder. Emoji vir vandag: 😠

Read all my entries for the #AtoZchallenge (April 2018) here.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

39 Comments

  1. I enjoy your phrase “society throws a collective tantrum”: that kind of anger is, I think, artificial – made up because of a collective need to feel ‘wronged’. I frequently wonder at the ’causes’ that the ‘collective tantrums’ focus on and get the impression that many of those who participate in them have not yet experienced enough of Life to gain a perspective on what really matters.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      It only takes a few instigators to incite unlawful behaviour, and half the time the individuals in the mob have no idea what they are protesting against or rallying for.

  2. Baie sterk beskrywing van woede en om dit te kan kalmeer. Meer mense moet werk aan die positiewe dan daarna aan uiting van woede omdat daar teenstand is.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ja, ‘n mens (ek ook) is geneig om baie vinnig te reageer uit woede en dan later te deel met die spyt wat daarop volg.

      • Netso. Ek is weer geneig om maar weg te skram en die aanslag te aanvaar ipv om woedend terug te baklei of te argumenteer. Meestal na die tyd is ek spyt dat ek maar nie terug geveg het nie.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          ‘n Mens dink altyd agterna eers aan die goeie argumente wat jy kon gebruik het of daai sêding wat jou opponent se mond sou gesnoer het 😄

        • Ek onthou nou dat ons so n familie met kindes gehad het wat ons altyd uitgekoggel en getart het. My ma het gese ek moet vir hul se hul is “Peolpetaters” wat eintlik tarrentale beteken. In n woedeebui skree ek dit vir hul en hul was vir n paar oomblikke sprakeloos want hul het gedink ek vloek hul behoorlik.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Haha, het hulle toe ooit die regte betekenis uitgevind?

        • Ek glo nie want hul is nou nog fies vir ons sover ek weet. Ons het nooit weer met mekaar gepraat of moeilikheid gehad nie. Wys jou hoe fyngevoelig sulke voorvarende kinders kan wees. Hul was eintlik nie ons “klas” kinders nie. Baie rof en gevloek die ou spul.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Good riddance of bad rubbish then. Kinders kan nare goedjies wees. Glad nie engeltjies nie.

        • Beste was ons het naby hulle gebly toe trek ons plot toe. Wraggies n jaar of wat later koop hul die plot skuins oorkant ons. Jy weet hoërskool kinders kan baie ongeskik wees. Oudste meisie wat my ouderdom was raak toe nog in die ander tyd in std nege en verdwyn toe sommer so. Het haar jammer gekry want sy was n slim kind en nie so woes soos die res nie. Ons kon nogal lekker gesels.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek dink in daai jare was dit verpligtend om die skool te verlaat as jy swanger was. Deesdae gee niemand meer om nie,

  3. Dink dis tyd dat ek ophou om kommentare op fb te lees… Jy beskryf dit goed: die bloeddorstigheid wat agter die gesigloosheid van die massas skuil!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Die kommentare is dikwels beter as die storie, maar jy is reg – mense glo hulle kan sê net wat hulle wil. in die ou dae sou ‘n hele paar van hulle snotklappe opgedoen het.

  4. I enjoyed this post, the way you pointed out there’s more than one type of anger, hmm how to change anger into a positive so as ones mental health isn’t affected. Now that’s a challenge!!!

  5. Nilanjana Bose

    Cool start to the A-Z – liked your treatment of anger. It seems to me that the SM generation are far more free and easy with anger management or lack thereof. Growing up,my generation had to manage anger w/o the screens, and in the real world friends and family made remarkably short work of any unwarranted, or even warranted, rage.

    My anger management technique, after long and hard practice, consists of chocolate and wine and a good, fat book if the first two fail, which they don’t usually. Seriously though, anger is a powerful tool for change, and a lot of injustices in the world would never be corrected if we didn’t channel anger in a positive way.

    Happy A-Zing!

    Nilanjana
    Madly-in-Verse

  6. I’ve limited the amount of time I spend on social media and have given up watching news broadcasts and reading the newspapers. Part of it is, as Mark Twain said, “if you don’t read the newspaper, you’re uninformed; if you do read the newspaper, you’re misinformed,” and the other part is, reading angry people’s comments gets me all churned up raising my blood pressure. Having survived one stroke, trust me, I don’t want another.

  7. Neeeee ek leef in die verkeerde eeu… ek is eerder teleurgesteld as kwaad… moet sê ek was al vies maar baie min regtig kwaad in my lewe. Tog verstaan ek jou waarnemings

  8. That’s a cool start. We both have similar themes. 😀

    yayy!

  9. Ek raak baie min kwaad, en nog minder woedend. Dis nie regtig goed nie, want dit veroorsaak dat ek my ware gevoelens net eenvoudig onderdruk en dan wegpak. Dis ongesond, ek besef dit.

  10. Donna B. McNicol [@dbmcnicol]

    Wonderfully written and so very, very true.

    Donna B McNicol, author & traveler
    Romance & Mystery…writing my life
    A-Z Flash Fiction Tales: http://dbmcnicol.blogspot.com
    A-Z of Goldendoodles: http://ourprimeyears.blogspot.com

  11. Ek stem 100% saam met jou Hester. Ek is maar ‘n redelike negatiewe mens en moet daadwerklike pogings aanwend om die lewe met ‘n meer positiewe gesindheid tegemoet te loop. Ek dink dit is beslis gesonder vir my. Ek trek nou op week 3 waar ek glad nie koerant lees nie – juis omdat die gemors wat ek lees my in die aller afgryslikste mismoedigheid laat verval en my denkpatroon so oorheers dat ek aan niks anders as dit kan dink nie.
    En dan sal dit Vrydag ook my 3de week van vas wees waar ek ten minste16ure per dag vas – ek het dalk so 2keer ‘n glip gehad waar ek vroeër geëet het omdat ek sosiaal verplig was, en dit nie “public knowledge” is dat ek op die “intermittent vasting” program gegaan het nie – skielik het ek energie wat skrik vir niks.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Liewe aarde, ek kan jou vertel dat jy baie wilskrag het. Ek sal nooit op so ‘n program kan gaan nie, want ek sal my eie vingers begin afkou. Ek het juis nou gekla omdat hier na die langnaweek niks vrugte in die huis is nie – winkel toe met my. Sterkte aan daai kant.

  12. Angry Abrie…