My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke, Travel

Ons besoek die Mpenjati Natuurreservaat KwaZulu-Natal

Woolly-necked stork in the Mpenjati Nature Reserve, KwaZulu-Natal

Woolly-necked stork in the Mpenjati Nature Reserve, KwaZulu-Natal

Die Mpenjati Natuurreservaat is geleë tussen Margate en Port Edward. Dit beslaan sowat 60 hektaar wat die uitgestrekte Mpenjati riviermonding, rivier- en vloedvlakte-moerasgebiede, kuswoude, kusgrasvelde en oop kuslyn insluit. Die kuslyn is aangrensend tot Trafalgar Beach aan die noordekant en Palm Beach aan die suidekant van die Mpenjatirivier.

Die Trafalgarstrandgebied sluit ook die klein Mpenjati Beach in wat deel is van die natuurreservaat en bekendheid verwerf het vanweë die gebruik daarvan deur nudiste. In 2014 het die plaaslike munisipaliteit die strandjie amptelik geproklameer as ‘n nudistestrand, maar die besluit is herroep deur die Openbare Beskermer. Nietemin het ons die kamera baie versigtig rondgeswaai om nie onnodige probleme te veroorsaak nie, maar daar was net ‘n klompie mense (met klere aan 😄) wat visgevang het.

Toegang tot die reservaat word tans beperk tot dagbesoekers en piekniekgeriewe is beskikbaar op beide oewers van die Mpenjatirivier. Toegangsgelde is tans R15 per persoon (R5 per kind). Daar is netjiese vleisbraai- en piekniekgeriewe, asook toiletgeriewe en ‘n goed ingerigte speelgrond vir kinders. Daar word geesdriftig visgevang in die rivier en lagoon.

Daar is ‘n verskeidenheid voëlsoorte wat in die reservaat hou, asook grys-, blou- en rooiduikers. Oral langs die voetslaanpaaie is uitkykplatforms en bankies beskikbaar gemaak waar besoekers die voëls en wildsbokkies kan dophou. Die voetslaanpaadjies is baie mooi uitgelê en toeganklik vir enigiemand wat nie te onfiks is nie. Dis egter ‘n goeie idee om mildelik gebruik te maak van muskietwerende room of aanspuitmiddels, want die Natalse muskietbevolking is goed verteenwoordig.

Hier is ‘n paar van die fotos wat ons daar geneem het.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

23 Comments

  1. Ai, dit lyk idillies!

  2. Dit lyk mooi en rustig daar. Nog glad nie van die natuurreservaat gehoor nie.

  3. Dit lyk ‘n goeie plek om te besoek… mooi foto’s

  4. Dis ń pragtige area, Hester!!!

  5. Dit lyk ‘n mooi plek om te besoek.

  6. Mooie omgeving, maar die muggen zouden me er toch van weerhouden, tenzij je daar goede afwerende sprays voor hebt 😁

  7. Weer zo’n prachtig natuurgebied om volop van te genieten.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie Joke, ek ontdek voortdurend nuwe gebiede met wonderlike natuurskoon langs hierdie kus. Ek dink ek moet nog ‘n jaar hier bly en vakansie hou! 😄

  8. lyk na ‘n plek waar ek nou moet wees!!!

  9. I obviously don’t read Africans, no matter Hester I’m loving your photos 🙂

  10. Wow Hester dit is die mooiste natuurskoon ooit.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis die een rede waarom ek vrywillig hier vertoef vir die laaste drie jaar al ten spyte van die swak infrastruktuur en onverskillige dienslewering.

  11. Pragtig, dankie. Interesant, ek weet nie eers van die plekke nie.