My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Vanoggend in die tuin – African Harrier Hawk

African Harrier Hawk, Southport, KwaZulu-Natal

Daar diep, diep in die donker bos … het ‘n wondervoël vanoggend my oog gevang – ‘n African Harrier Hawk. In die “donker bos”, 30 meter van my slaapkamervenster af, teen ons grensmuur op die onderste terras, het hy (sy) in die dooie boom gesit.

Ek het versigtig by die venster uitgeleun en vir Karen nadergeroep om te kyk. Sy het soos blits haar kamera opgetower en siedaar! Hy is na behore gefotografeer.  Die lug is nog betrokke en dit wil-wil reën, wat beteken dat daar nie veel lig was nie, maar ek dink tog dat die fotograaf haar goed van haar taak gekwyt het.

Hy het ‘n hele rukkie in die boom gesit en die takke rondom hom beskou, hier gekrap en daar geskrop, asof hy plek soek om nes te maak. Ek was ‘n bietjie bekommerd oor die oënskynlike nesskroppery, want die maer kat lê haar dae om in die tuin op die grasperk reg voor my kamervenster. Ons sien nogal heelwat valke hier rond, maar om ‘n inwonende roofvoël te hê, klink net ‘n bietjie gevaarliker. Ons het egter op die internet gelees dat hierdie valk ‘n liggewig voël is, wat beteken dat hy darem seker nie ‘n kat kan wegdra nie.

Volgens die artikel wat ek gelees het, soek hierdie valk in elk geval nie soseer sy prooi op die grond nie, maar wel in bome en rotse, en dit kan die rondskroppery verklaar: Bron – www.oiseaux-birds.com

… the peculiar traits of this genus are the double-jointed legs and the small feet allowing the bird to extract its preys from nests, holes or crevices, as well in trees as rocks or banks. It uses the long flexible knee-joints and the bill to reach birds and eggs, bats, small mammals, lizards and various insects.

Dit het so pas weer begin reën. Ek hoop die res van die land kry ook ‘n bietjie water. Lekker naweek almal.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

38 Comments

  1. mooi vastgelegd en een veilig gevoel dat hij je kat niet pakt

  2. What a wonderful sighting – in your garden too!

  3. Beautiful but very sad bird!

  4. As hy nou klaarspeel met vlêrmuise kan hy hier by my kom bly. Dink nie die rottweilers sal in gevaar wees nie.
    Wat ek nou wonder is waar jy jou kennis van voëls vandaan kry. Ek sou werklik nie geweet het watse voël dit is nie.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Google – my handboek oor die lewe. Ek het gelukkig lank terug begin om google te gebruik vir navorsing en my natuurlike nuuskierigheid maak dat ek enigiets sal gaan soek en lees as ek genoeg belangstel.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Nou watter vlermuise wil jy vermoor. Ons het vesper bats hier en hulle is so damn cute; ek sou hulle nooit skade kan aandoen nie. Hier is ook vrugte-vlermuise en en hulle is effe raserig (pieng-pieng deur die nag), maar daarmee kan ek ook saamleef. Jy moet jou troeteldiere liefhê!

      • Neeeeee Hester vlêrmuise is een van my grootste vrese. Almal sê altyd hulle radar is te goed om in jou vas te vlieg…. eendag by ‘n vriendin gesit toe vlieg een in hulle venster vas. Ek dood sewe dode as een in my hare beland.
        Ivm die voorlesing van ons boek…. dis goed so…. ons is mos berug 😀

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Shame man, sommige goed laat jou regtig gril. Doen my ‘n guns en gaan gee net jou toestemming direk op woordnoot se blog. Ek wil graag almal se reaksie bymekaar hê, want ek moet op die ou einde vir haar ‘n e-mail stuur – soort van ‘n vrywaring vir die radiostasie.

  5. Gaan soek ek nou die Afrikaanse naam en, tipies van die voëlkykers, is daar nie minder as drie harriers nie – elkeen met ‘n ander naam: Bleekvleivalk, Afrikaanse vleivalk en Swartvleivalk. Ek’s heeltemal te lui om te probeer vasstel wie julle hier het – kom ons noem hom maar net generies ‘n vleivalk. Sjoe, jy en Karen is oulik!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Vleivalk. Seker omdat hy hou van digbegroeide gebiede. Ons was sowaar weer net gelukkig, Frannie. Ek het die beweging in die boom gesien en eers gedink dis ‘n hadeda, maar toe sien ek die geel kring om die oë en die geel pote.

    • Dis ‘n kaalwangvalk…let op sy kaal gesig.

  6. Sjoe julle is gelukkig. Hier het ons net vinke en mossies … ok en duiwe en ‘n paar ander.

  7. Hiert, so ‘n pragtige kaalwangvalk! Fantasties Hester. Dis baie snaaks om te sien hoe hy met daai double jointed bene in ‘n hol boomstam rondgrawe.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Kaalwangvalk sê jy – Frannie noem dit ook ‘n vleivalk. Hulle is oulik en ek hoop hy kom weer terug. Hier is genoeg gekkos, geitjies en insekte te ete.

  8. Sjoe dankie Hester – dit is die mooiste fotos – en ja, ons is dankbaar vir seker nie minder as 25mm reën hierby ons oor die naweek nie – dalk nog ‘n allemintige 50mm. Genade reguit die hemel, my opgaartenks is tot oorlopens toe vol.

  9. Dat is oppassen voor het kleine grut. Hij heeft waarschijnlijk honger. Prachtig om zoiets te kunnen fotograferen.

  10. Mooi!

    Diervriendelijke groet,

  11. Sjoe! Wat ‘n geluk. Julle het ‘n pragtige tuin.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie, maar dis nie dankie aan ons harde werk nie. Hier groei alles teen dubbelspoed en die grootste werk is om te snoei en plante te verwyder sodat jy nie verstrengel raak nie. Dis hoekom ek altyd sê ons woon in die bos.