My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Boomsalmander en houtkapper in die ou boomstomp

Ek het gister die fotos op Facebook gelaai, maar ek wil dit darem ook vir die blogmaatjies wys met wie ek nie FB vriende is nie.

Hierdie groot bome staan op die terras hoër op aan die voorkant van ons huis (dis ‘n hoek van die buurman bo-op die terras se huis wat daar op die agterkant van die foto uitsteek).

Een van die groot bome is afgesny reeds voordat ons hier ingetrek het. Ook maar goed, want as daai yslike boom teen die terras moes afduiwel, was hierdie pophuis ‘n plathuis. As jy in berekening bring hoe hoog die boom wat staande gebly het, bo die dak van die buurman se huis uitsteek, kan jy ‘n idee kry van hoe hoog die boomtoppe is.

Ons leefarea is aan die agterkant van die huis waar die sonstoep en patio is en ons sien hierdie bome ook net raak wanneer ons by die garage uitry. Die maergat kat het egter ‘n groot voorliefde daarvoor ontwikkel om buite ons voordeur op die rypad te gaan lê en die voëltjies in die bome dop te hou. Gister toe Karen buite na haar gaan soek het, merk sy toe op dat die boomstomp ‘n heerlike kuierplek geword het vir ‘n boomsalmander en ‘n houtkapper (Olive Woodpecker) wat ‘n nessie in ‘n holtetjie aan die bokant van die stam betrek het. Ons weet nie of dit ‘n gat is wat sy voorheen self gemaak het nie, maar sy lyk heel tuis.

Let op in die video hoe sy die hele tyd rondloer om die kat onder op die pad, die salmander bo haar kop en die klomp geelvinke in die boom langsaan dop te hou. Die geelvinke het gesellig voorgekuier en hulle niks gesteur aan die kat of die intrekkers in die boomstomp langsaan nie.

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

31 Comments

  1. Geweldig, die salamander moest ik even zoeken, maar dan zie je ook iets prachtigs en die specht….vooral dat filmpje 👌👌👌

  2. Al te oulik!

  3. Heerlijk om te bekijken en dan die specht!

  4. Oh, what a wonderful guest, dear Hester!

  5. Ag dis pragtig. Ek beny jou dat jy sulke mooi fotos kon neem. Baie spesiaal

  6. Hierdie pos het seker gemaak dat ek bly voel: dat die houtkapper and salmander so naby julle kan woon is wonderlik. Ek is soms verbaas wat onder ons neuse gebeur en besef hoe belangrik dit is om ons omgewing goed dop te hou.

  7. So spesiaal . Geniet dit!

  8. Dit sal interessant wees om te sien of die speg kleintjies gaan uitbroei. Dis so oulik…daardie ou gevreetjie wat daar uitloer!

  9. Dis sommer ‘n spoggerige boomhuis daardie!

  10. Weereens kan ek net sê dat jy en jou dogter my leer om na die klein goedjies op te let! Wat ñ spesiale gesig om te kan dophou en inneem.

  11. Ag pragtig! Dankie vir die deel!

  12. Prachtig!

    En zo dicht bij huis.
    Natuurvriendelijke groet,

  13. Dit is nou wraggies te oulik soos sy daar uitloer.