‘n Straitjacket (ook gespel straight-jacket hoewel dit vir my vreemd lyk) is nie ‘n voorwerp wat voorheen ooit in my gedagtes opgekom het as ‘n onderwerp van bespreking in een van my blogs nie. Maar soms. Mense.
Ek behoort aan ‘n hele paar Facebook groepies wat taalkwessies aanspreek (beide Afrikaans en Engels). Dis baie leersaam en interessant om te kyk hoe die tale ontwikkel en vernuwe. Dis egter ook opmerklik dat taalkwessies mense goed kan omkrap. Daar gaan nie ‘n dag verby wat die Grammar Nazis mekaar nie in die hare vlieg oor grammatika en spelling nie en glo my, hulle steek met lang messe.
So ‘n dag of twee gelede het ek opgemerk dat die onderwerp van bespreking die Afrikaanse vertaling van straitjacket is en dat een van die administreerders die kommentare toegemaak het. Ook maar mens, ook maar nuuskierig en ek het gaan loer. Daar is verskeie voorstelle gemaak vir ‘n vertaling waarvan sommige aan die humoristiese, en dalk selfs die stuitige, geraak het, maar daar was ook ‘n paar wat ek beskou het as ‘n goeie benaming. Die regte vertaling het toe geblyk ‘n dwangbuis te wees.
Ek het self hierdie woord as vreemd ervaar en ‘n wenkbrou gelig. Dwangbuis. Dwangbaadjie sou dalk meer aanvaarbaar gewees het; die kontrepsie lyk nie juis vir my na ‘n buis nie. Wat my egter verstom het, was die skerp woorde wat een van die deelnemers gebruik het om die ongeligtes tot “orde” te roep. Dit het daarop neergekom dat die woord dwangbuis reeds baie jare in omloop is, aangegee word in betroubare bronne as die korrekte vertaling en die feit die ander deelnemers nie die woord ken nie, nie beteken dat dit nie ‘n erkende woord is nie !!! Nog iemand het bygevoeg dat dwangbuis ook in Nederlands gebruik word.
Ja, en dis waar ek my moer gestrip het. Volgens my beskeie mening het ander mense ook die reg om hulle mening te lug oor ‘n woord wat vreemd op die oor val en selfs ander vertalings voor te stel. Is dit nie hoe ‘n taal groei nie? Hoe dit MOET groei nie? In die volksmond. Is ons veronderstel om te bly klou aan vervloë dae se spreekwyse net omdat die woordeboek so sê en die woord al baie lank in gebruik is – dis immers afkomstig van die Nederlandse taal, die oorsprong van Afrikaans, verstaan ???
Ek sou graag wou gevra het hoekom die Nederlandse vertaling van die woord kat dan nie nog steeds in Afrikaans gebruik word nie, maar soos ek gesê het, die kommentare was reeds gesluit. Hierdie is die soort houding wat my sommer laat besluit om ‘n Engelse tussenwerpsel te gebruik eerder as die “korrekte” taal, so jammer, hierdie baadjie sal vir altyd in my taal ‘n straitjacket wees. DwangBUIS inderdaad! MEH.
Terloops, ek en WordPress het mekaar misverstaan en my vorige bloginskrywing van twee dae gelede Troeteldier – Karen se mak messelaarby, is nie in die Leser (Reader) aangetoon nie. Nie vir sensitiewe kykers nie, maar as jy daarvan hou om te gril, gaan kyk gerus.
travel460
Ek geniet dit juis so as ek hoor van nuwe Afrikaanse woorde wat ontstaan het!
HesterLeyNel
Ja, ek hou ook van woordespel, soos wat ons deesdae praat van bekotsenswaardig (aaklige woord, maar baie beskrywend!). 😄 Ek is daarmee eens dat ‘n mens die oue moet bewaar, maar jy kan ook nie daaraan vasklou indien dit ongemaklik op die tong lê nie.
travel460
Ek is net so mal oor daardie woord! En nog ń paar ander. Gaan hulle begin neerskryf, dan vergelyk ons bietjie.
HesterLeyNel
Ja, ons kan ‘n lekker lys opstel.
Toortsie
Ek het die woord, kabouterkakkies, op sie blogs geleer en as dit regtig nodig us, gebruik ek dit.
HesterLeyNel
Nog nie raakgesien nie, maar dit klink na ‘n raakvatwoord. Ek neem aan dit beteken “onsin” of “onbenullig”? Ek het kaggelkakkies by Tina aangeleer – daardie mooi goetertjies wat staan en stof vergader en wat niemand ooit werklik raaksien nie.
Toortsie
Dit is maar onbenullighede. Jare gelede was hier 2 bloggers wat mekaar aangevat het oor nonsens, en dit op my blog, toe stuyr iemand my ‘n e-pos en sê ek moet dit ignoreer, dis net kabouterkakkies. Ek gebruik soms daardie woord, veral as die volwasse mense is wat oor nonsens ‘n bohaai maak.
HesterLeyNel
Heel gepas.
Rob Alberts
Elke taal leeft door de veranderende tijd en door haar sprekers.
Veranderingen horen daar ook bij.
Vriendelijke groet,
HesterLeyNel
Dit is so, Rob en dit help nie om daarteen te veg nie.
vuurklip
Taalverandering is dikwels die gevolg van onkunde. So sal mense ‘n besdtaande woord soos dwangbuis met iets anders vervang bloot omdat hulle die woord nie ken nie – veral aangesien dit ‘n term is wat nie dikwels gehoor word nie.
‘n Voorbeeld van hierdie soort verandering as gevolg van onkunde, is die woord witrenoster. Hierdie dier word onderskei van die swartrenoster deur ‘n bek met wye lippe. Die swartrenoster daarenteen het ‘n tuit bek. Die Engels sprekendes ken nie die woord wye nie, en doop die renoster toe as ‘n white rhino – ‘n woord wat toe weer sy weg na Afrikaans vind as witrenoster – sien, onkunde oor die oorsprong van die benaming.
Jy kan maar daarteen skop, maar taal verander ondanks die pogings van taalpolisie. Afrikaans is byna in geheel die gevolg van sprekers wat onkundig was oor die “amptelike” Nederlands.
HesterLeyNel
Dit is so, ja, en as die nuwe woord of uitdrukking beter pas (nie ‘n verkragting van die taal nie), is ek heeltemal bereid om dit te aanvaar. Dankie vir die verduideliking van dierenoster-benaminge – ek het ook al gewonder oor die kleuronderskeid. Ek sal voortaan weet wie’s wie.
vuurklip
Nog iets: “Buis” is afgelei van “wambuis” en is ‘n soort van baadjie. Kyk hier: http://nl.wikisage.org/wiki/Buis_(kledingstuk)
Dit verklaar die “buis” van “dwangbuis”. Deur onkunde gooi ons ons geskiedenis weg. C’est la vie, nè?
HesterLeyNel
A, ek het geweet iemand gaan met die antwoord vorendag kom! Baie dankie. Dis nou die lekkerte van onkunde – jy kan iets nuuts leer en dit vreeslik interessant vind. Eers ‘n soldatebaadjie en toe ‘n borstrok. Dalk moet ek my blog opdateer met hierdie inligting. Ek hou egter nog steeds nie van die woord dwangbuis nie, dit gee my engtevrees. Die feit dat ek nie daarvan hou nie, beteken nie dat ek my geskiedenis weggooi nie, maar ek ry ook nie meer met ‘n ossewa nie. Ja – ek dink nog ‘n blog hieroor!
Toortsie
Ai tog, dan is k nog oninfelig, platvloers, onopgevoed, dom, maar wat beteken die woord?
HesterLeyNel
Ek het ook gaan oplees. Ek neem aan die “strait” kan terugherlei word na die betekenis “of a place of limited spatial capacity; narrow or cramped” – dit beperk die persoon se beweging, hou hom in bedwang. Die jacket spreek vanself, maar ek weet nie waar die “buis”-gedeelte vandaan kom nie, tensy dit terugslaan na ‘n ander tipe van gedwonge beperking wat in die ou dae gebruik is. Dit sal interessant wees om die geskiedenis te hoor.
rondomtaliedraai
Ooooooo ek bly doodstil want Tina kreun onder die week se “Beter Afrikaans” Ek was al die jare baie kwaai oor die taal maar is baie meer buigsaam. Tog is die ‘buis’vir my pynlik!
HesterLeyNel
Jip, ek begin ook ontspan oor die Taal – ek is deesdae meer geneig om te speel met woorde.
rondomtaliedraai
Ek hou daarvan!
Kameel
Dis ‘n straitjacket….finish en klaar. Wat erger is as die woord is om iemand wat jy lief het in so ‘n kontrêpsie te sien. Nou het ek Afrikaans goed opgevoeter. Jammer…maar ek moes dit net sê 😕
HesterLeyNel
Haha, finish en klaar – dit was een van my ma se geliefkoosde sêgoed. Dis ‘n vreeslike baadjie daardie Kameel. Kan jy jouself voorstel om so vasgedraai te word? Ek sal by die eerste hot flush uit my eie vel uitklim.
Kameel
Ek sal dadelik ‘n anxiety aanval kry. My broer was ‘n paar keer ge-straitjacket… dus is my konnektasie met die woord nie lekker nie.
HesterLeyNel
Dit moet ‘n bitter onderving wees, Kameel. Ek dink die meeste mense vrees so ‘n situasie, selfs al het hulle dit nie voorheen beleef nie, soveel erger as dit wel oor jou pad gekom het.
sonell
Daar leer ek weer iets by jou! Maar sal ook by straightjacket bly… hiehie!
HesterLeyNel
Ek gesels gister met my man oor die saak, toe kom ek agter dat dit een van daai Engelse woorde is wat my tong laat knoop tussen die t en die j 😄
sonell
😄
perdebytjie
Ek is self daarvoor dat mens suiwer Afrikaans praat.As ek skryf,veral. Sommige woorde wil egter net nie posvat in die taal nie.
HesterLeyNel
Dis omdat party Afrikaanse woorde so styf en onbuigsaam is soos ‘n staatsamptenaar in ‘n stywe pak klere met ‘n das om die nek. ‘n Taal moet loslit kan dans.
perdebytjie
Ek stem saam.
vuurklip
D.w.s. in ‘n dwangbuis! Hehe.
HesterLeyNel
Haha, net so!
Net Ek
Weet jy nê, FB maak my naar. WAT GAAN AAN MET MENSE? Dis nou nie taalgroepe nie, maar ek is op ‘n hele paar slang- en kat- en dieregroepe, en genade, as die mense so met mekaar is hoop ek so binne myself dat hulle nie werklik troeteldiere het nie. Ek kan nie glo mense val mekaar so aan nie, en dan wonder ons hoekom ons land se mense nie kan saamstaan nie. As mense so baklei oor diere, hoe baklei hulle nie met mense wie se politieke, godsdienstige en watookal se opinies van hulle s’n verskil nie?
Spelling steek my ook dwars in die krop. Ja ek maak ook spelfoute, maar ek praat van alledaagse woorde. Soos enige wat enage word, en hartseer wat hardseer word, ens. En dan praat ek nie eers van die danq en daggies en mensies nie 😆
O ja, en PS, of is dit nou NS? Ek dink ek kort ‘n dwangbuis of ses. Die lewe met vier mans, waarvan een VERSEKER deur ‘n midlife crisis gaan en die ander een ‘n REBELSE HARDEGAT tiener is, is nie maklik. Ek verstaan soms hoekom diere hulle kleintjies vreet.
Gelukkig weet ek ook ek sal netnou weer life wees vir hulle 😆
HesterLeyNel
Joe, jy moet SIEN hoe pak hulle mekaar oor godsdiens, veral wanneer ateïste toetree tot die gesprek. My bek hang ook oop. My vriendin het altyd gesê daar is net twee maniere hoe ‘n mens jou kind se tienerjare kan oorleef – òf jy slaap daardeur òf jy drink daardeur! 😄
Net Ek
Ek dink ek gaan drink en slaap Hester!
HesterLeyNel
Goeie kombinasie.
Lewies Mymer
‘n Taal moet loslit kan dans–vir seker. En vry met ander tale. .
HesterLeyNel
Ek stem
Anonymous
En hier maak die klomp op FB die rebel in jou wakker – ag Hester jy weet ek “laaik” jou so verkriklik baie – jy of vir my of jy laat my “smaail” ❤❤❤
HesterLeyNel
Ons moet soms veg vir ‘n saak net om te voel dat ons nog lèèf! Drukkie vir jou ook.
aj vosse
My moer strip aleewig! Miskien moet hulle on is “gekkejassies” beskerm van onse selwes!! 😉
HesterLeyNel
Uitstekende idee! 😊