My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Politiese korrektheid dalk soms oordadig?

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Politiese korrektheid is die onderwerp vir die Lê-Jou-Eier uitdaging hierdie week (25/01/2018 – 01/02/2018). Is ek die enigste persoon wat deesdae voel asof ek die heeltyd op eiers loop? Ek is te bang om my mond oop te maak, want dit kan dalk net weer toegeklap word. Hoe hanteer julle dit? Help asseblief.

Dankie aan almal wat deelgeneem het aan die “manscaping” bespreking. Die bloggers het verskeie vertalings vir “manscaping” aan die hand gedoen:

  •  (Storieklong) ontboggom of sportifikasie
  • (Kameel) MANipulering … of was dit op my gerig omdat sy eerder graag ‘n blog oor “my vakansie” wou skryf?
  • (ekmyselff) Adamvelverfraaiing of net velverfraaiing as dit dan polities korrek moet wees
  • (Christa) baardbeeldhouwerk, snorsnoeikuns, haartatoeëring  – solank dit net nie op boerseuns van toepassing gemaak word nie
  • (Wegkruipertjie) manverfraaiing, maar sy is ook nie te seker van haar eie keuse nie
  • (Lewies) mantof, dit is nou ‘n kombinasie van man + tof
  • (Abrie) manskap, manskapering, maanskapering, manskaap

Ek gaan liewer nie my hand / verstand waag aan ‘n vertaling nie en Google wil nie help nie. Kom ons hou maar by die stilering van “manhare”. Toortsie het hierdie lekker beskrywende nuwe woord bedink en ons albei dink dit behoort amptelik in die Taal opgeneem te word.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=762615

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

12 Comments

  1. Storieklong

    Wraak van die Beige mense

    Vrywaring: Die volgende stuk bevat…blah blah blahdy blah gibberish hogwash & dribble.

    Daar was ‘n tyd toe daar geen heilige koeie was nie, toe mans nog mans was en vrouens bang. Verstaan tog asseblief mooi, daar is geen plek in die wêreld vir ongeskik en disrespekvol wees nie, en ‘n grap is ‘n grap, maar jy maak nie ‘n sambreel in ‘n man se hol oop nie. Die aksies van ‘n klein groepie numbnuts wat hulleself nie soos jintelmans kan gedra nie het egter gelei tot die ontstaan van die beige mense (beskrywing geleen sonder toestemming van ‘n bekende akteur/komediant).

    Beige mense verteenwoordig drukgroepe en regte organisasies, want alles en almal het deesdae regte. Behalwe rokers en vet mense, hulle het fokkol regte. Sou jy durf waag om ‘n kleurvolle grappie te maak oor iets of iemand wat deur die beige mense verteenwoordig word sal hulle jou teer en veer, en dan stuur hulle jou om by die rokers of die vet mense te gaan staan.

    Beige mense het selfs ‘n subdialek van hulle eie ontwikkel genaamd “polities korrek”. Dit skraap oor my nerwe soos ‘n poppie in Menlyn wat sulke oordrewe geronde ôfrikôns prôt, soos telebemarkers en spietkops en plegers van politiek. Nou beskikbaar in meeste gesproke tale.

    Dink daaroor. Die advertensies vir enige maatskappy vertel jou hoe hulle produkte so uniek is soos jy, en die beige mense vertel jou presies die teenoorgestelde. Jy mag nie ‘n verkoopsman of-vrou wees nie. Nee! Jy is ‘n verkoopspersoon. Waarom enigsins diversiteit? Beige mense pis op diversiteit. Nog een van hulle gunstelinge: Voorheen benadeelde. Teenoor wat? Wat het verander? ‘n Afro-Amerikaner, ‘n ander tipe as ‘n Amerika-Amerikaner.
    In die reënboogklug is almal gelyk, maar maak tog asseblief seker dat wanneer ‘n persoon van kleur (beige vir enige iets behalwe wit) iets bereik dat dit duidelik gemaak word dat hy of sy ‘n bemagtigingskandidaat of kwotaspeler is. Net vir ingeval die massas dalk sou wou glo dat die kandidaat moontlik daar gekom het op meriete.

    My heel gunsteling. Differently-abled. So iemand is minus ‘n ledemaat, maar toe gee moeder natuur vir hom ‘n meter lange tong om op te maak vir die verlore arm? Jammer om jou mee te deel. Daardie persoon doen dinge steeds presies dieselfde as ek, maar met minder parte. Vandaar die term gestremd.

    En al die waarskuwings. As jy hierdie pakkie siagrette rook gaan jy ‘n roggelende dood sterf aan longkanker, en ons wil jou nog lank aanhou sodat ons jou kan wurg vir belastings en jou kan martel met ons politiek korrekte bullshit. Die program wat jy nou gaan kyk bevat naaktheid, seks, geweld en swetsery. As die aktrise mooier boobs as jy het en jou eggenoot daarna staar mag dit jou dalk onstel, en dan is die enigste seks in dié huis dit wat op TV te sien is. Die genepoel is vol, laat die natuur toe om ‘n bietjie natuurlike seleksie toe te pas.
    Saam met politiek is beige mense met hulle stupid dialek en waarskuwings op alles die grootste bedreiging vir die natuurlike ontwikkeling van diversiteit. Lank lewe diversiteit, en die geleentheid om te lag vir mense wat dommer of leliker as jy is.

    • Goed gestel, Storieklong!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Presies. Net so. Amen. Ek gaan vir jou ‘n seepkis koop sodat jy hierdie woorde van die straathoeke af kan uitbasuin. Ek is so gatvol vir almal wat skielik groot “regte” en dun nerwe ontwikkel het, ek kan daarvan kots.

    • Bravo! Storieklong vir president!

  2. Snik

  3. Nou wat sal ek nou sê? Grote genade die ou lewe is darem so gekompliseerd dat geen mens behoorlik jou neus by die deur wil uitsteek nie. Ek wonder of ek gaan uitlaat oor die onderwerp.

  4. Nou boikot die internet en kry ek nie my antwoord gestuur nie. Bly vir my Could not reach, try again. Na drie keer besluit ek om dit maar te copy en nou te paste. Hoop dit gaan nou deur! Is nie die eerste keer nie!
    My bloed kook sommer as ek aan politiek dink. Hier is dit maar dieselfde met die Westerlinge(of regte Engelse) en die Maoris(wat nie meer suiwer is weens uitbastering!) Nou wie moet nou teenoor wie polities korrek optree? Ek vra maar.