My vreugdes en frustrasies

My eiers

My superpower: Terug na die verlede

Drawing water at a static water tank in Southport, Port Shepstone

Drawing water at a static water tank in Southport, Port Shepstone

Na diepe nadenke het ek besluit dat ek geen uitsonderlike talente het nie, behalwe ‘n vreeslike aktiewe verbeelding, wat beteken dat ek kan kies watter superpower ek op enige stadium wil besit. Vandag met (weer eens) geen water in die pype nie, sit ek by die huis rond met ‘n opstandige haardos en ‘n verslae gemoed. En ek wens ek kon so ‘n bietjie time traveling doen.

Ek het in Namakwaland grootgeword en daar leer ‘n mens om water spaarsamig te gebruik. Ons het almal die kuns aangeleer om in drie duim brakwater hare te was, jouself ordentlik te bad en dan sommer jou sokkies en skoolpêntie ook uit te spoel, gereed om môre weer aan te trek.  Ek oefen tans baie hard om met een van hierdie vyf liter bottels water reg te kom, maar ek kan nie uitwerk in watter volgorde my ablusies moet plaasvind nie. Moet ek eers my tande borsel en dan my hare was, sodat ek daarna die ander belangrike dele kan bykom? Of moet ek eers hare was en vertrou dat die sjampoesmaak in my mond nie te onaardig sal wees nie? Dis sulke moeilike besluite. Ek reken dis tyd om in my tydmasjien te spring en te gaan bad in my geboorteland.

Andersins kan ek pylreguit na die Amerikaanse Wilde Weste vertrek, terug na daardie dae van tolbossies wat deur die wind in die stofpad aangedryf word, cowboys wat heeldag in die saal deurbring en die madames van die bordeel wat emmers vol water van die put af laat aandra om die manne te skrop. Ek sou met groot plesier die manne geskrop en sommer hulle bad gedeel het sonder om my neus op te trek vir die reuk van perdesweet. Water is water!

Of dalk kan ek terugbeweeg na die dae van die voortrekkers. Ek is seker hulle het ‘n bietjie skinny dipping gedoen as en wanneer hulle op ‘n rivier afgekom het. Dis nou te sê, as dit nie te veel moeite was om die lang sisrokke en bloemers uit trek vir ‘n behoorlike was nie. Ek is seker hulle het meer water tot hulle beskikking gehad as diegene van ons wat in hierdie spesifieke munisipale streek woon. Hier kan ek nie gaan bad in die rivier nie, want dit sal mos nou weer veroordeel word as public indecency en buitendien is die water vuil.

Nog beter, ek sou wat wou gee om daar tussen die ou Romeine te verkeer in een van hulle publieke baddens. Ek sal ‘n hele middag daar kan omkuier met vriende terwyl die slawe ons afspoel met rooswater en ons lang hare deurkam met welriekende olies. Dis net die beste tyd om in te haal op sappige skinderstories ook.

Nou weet ek al klaar wat jy wil vra: hoekom reis ek nie liewer in die toekoms in met een van daardie lugskepe waar mense, wasgoed en skottelgoed op wetenskaplike wyse skoon gestoom of gewaai word nie? Wat presies is dit wat hulle doen wanneer hulle in een van daai vlekvrye staal drukgange verdwyn en skoon aan die anderkant uitkom? Die ding is, met al die hedendaagse k@k beplanning en ondermekaar-bakleiery, wil ek nie die kans vat om die toekoms in te gaan net om uit te vind dat ek tussen nog ‘n spul vuil, onversorgde en onvergenoegde mense beland het nie. Jy weet? Die Zombies en die Walking Dead.

Totdat ek nou besluit het waarheen ek wil reis, sal ek nou maar in my karretjie spring en na ons naaste dorp ry om die leë waterbottels te gaan opvul.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

51 Comments

  1. Sug bekommerd. Ons beplan maar om ons water op te vang vir toekomstige gebruik. Hoop dit werk!

    • Comment by post author

      Ons het ‘n statiese tenk waar al die reënwater van die afvoerpype af versamel word, maar die tenk het al ‘n hele ruk hier gestaan sonder ‘n deksel voordat ons ingetrek het. Ons gebruik die water in die toilets en in die tuin en ons kook dit om skottelgoed te was, wat ons dan afspoel met skoon water. Dit help darem.

  2. Daar gebruik jy nou sommer jou superpower om my ook in die geskiedenis terug te neem. Die Romeinse baddens klink die beste. Sterkte vir julle.

  3. Aitog, Hester – “water, water everywhere and not a drop to drink…”

    • Comment by post author

      Presies net so. Gelukkig is gebottelde water redelik goedkoop hier en ons drink in elk geval nie die ongesuiwerde water nie. Dis net as jy wil bad en daai kraan piepie so giets-gierts …

  4. Ag ek is regtig jammer vir so gesukkel … Miskien moet julle ‘n boorgat oorweeg. Hoop die probleem word gou opgelos

    • Comment by post author

      Ons het nie hier gekoop nie, dankie tog. Ons is mos nie kantoorgebonde nie 😄 en dis lekker om so van dorp tot dorp te verhuis. Ek is van plan om al langs die kus af te trek en oral vakansie te hou. Intussen huur ek en laat al die worries oor onderhoud, rates & taxes, septiese tenks en onderhoud aan my landlord oor.

  5. Lekker om so heen en weer in tyd te kan kuier, ek sal ook van daai superpower hou.

  6. Bly jou superpower lei jou gedagtes af van die werklike water gemors. Wat is die eintlike probleem? Geen opgaartenks? Pype? Water? Dis heel onplesierig om so te lewe!

  7. Nee Hester!!!!! Daar is nie ‘n manier waarop ek in daardie cowboys se sweetwater sal bad nie. Ek bad in niemand se badwater nie 😈 Ek weet ook nie van die romeinse baddens nie… die boeke wat ek gelees het is dit die manne wat so heerlik bad…. en slavinne wat hulle afdroog en aantrek. Sterkte met die waterlrises!!!

    • Comment by post author

      Dankie! Ek het vandag sulke pragtige modderbruin water – amper soos chocolate mousse 😜

      • Agge nee Hester!!! Miskien moet jy in die see gaan swem…. met so ‘n sjampootjie op die sideline.

        • Comment by post author

          Haha, weet jy hoe brand daai soutwater op strategiese plekke aan die einde van die dag, om nie te praat van die taai souterigheid in jou hare nie. Nee wat, dis maar net vasbyt en deurbyt totdat die probleem reggestel is.

        • Ai Hester….. ek probeer help. As dit reën soos hier…. wat van ‘n lekker shower en harewas in die reën? Probleem is net dit is blikkieskoud so saam met die reën.
          Ons kleindogter en kleinseun is oppad met hulle skool se graad 7 Sugar Bay toe vir die week. Hopenlik is Natal se weer hulle goedgesind.

        • Comment by post author

          Ek is bevrees die weervoorspelling lyk nie goed vir Zinkwazi nie, maar kiddies is aanpasbare goedjies en gelukkig het hulle heelwat aktiwiteite (ook binneshuis) waarmee hulle die kinders kan besig hou. Ek weet nie wat gaan aan met ons weer nie, Kameel, dis horribaal, ek sit hier met ‘n dik sweetpak aan. Ons was die afgelope maand seker maksimum 3 keer buite op die strand, net vir ‘n vinnige draffie.

        • Bly om te hoor Sugar Bay is nie net swem nie. Die onderwysers/resse wat saamgaan dra hoeka T -shirts met die woorde “Ek is ‘n graad 7 onderwyser!!! Wat is jou super power?” Pas mooi by jou week se challenge.
          Verstaan ook nie die weer nie…. eendag wintersklere, volgende dag somersklere. Was gister kerktoe met kortmoubloes…. sit vandag hier met ‘n dikke wintersjapon.

        • Comment by post author

          Dit gaan hier ook so.

  8. Pat maar net die hot spots.

  9. Dis vreemd om te dink dat julle nader aan die see meer waterprobleme dan ons het, hier in die hartjie van die bosveld, Alhoewel ons nie water vir tuine ens mag gebruik nie, het my krane darm nog altyd genoeg water. Sterkte aan jou kant …

    • Comment by post author

      Dis eintlik ‘n skande Spokie, want hier hou die watertekort verband suiwer net met wanbestuur. Ons het al soveel reën gekry die afgelope paar maande dat ons amper aan vrotpootjie ly, maar dit help niks. Die ergste is eintlik dat selfs die hospitale noual sonder water is. Ons probeer maar grappies maak daaroor en die hele saak met humor hanteer, maar dit raak nou absurd.

  10. Ek wou eers kommentaar lewer dat jy darem jou sin vir humor behou het maar ek is nou so kwaad na ek daardie sabotasie berig van jou gelees het ek het my eie humorsin weg vererg🙈

    • Comment by post author

      Dis om van te huil. Daar is ‘n “rural” gemeenskap wat al vanaf September sonder skoon water sit en nou die ongesuiwerde rivierwater gebruik. Ons is nog heelwat beter af.

  11. Skoon vergeet om darem vir jou sterkte te sê

  12. Genade Hester, is julle nog steeds waterloos – dit is ‘n skryende skande. Dankie tog jy kom vanuit die Namakwaland, want ek weet mense vandaar weet hoe om met respek met water om te gaan.

  13. In die boek “My family and other animals” vertel Gerald Durell dat sy ma ‘n huis met ‘n badkamer op dieGriekse eiland Corfu gesoek het en die eiendoms-agent nie kon nie verstaan hoekom nie: “but all the villas are so close to the sea”. Lyk my dit is julle voorland

  14. Levensjutter

    Een prachtig verhaal, maar ik begrijp dat jij nog steeds zonder water zit! Sterkte met vastbijten…. 😁

  15. Wat ontzettend vervekend. Aan water is hier nooit gebrek , de enige keer dat ik wat zuinig moest zijn was zo.n veertig jaar geleden toen we gingen kamperen. Je verteld het heel leuk maar het lijkt mij geen lolletje.