My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Van Dis Ekke aan Net Ek

Net Ek: Dis Ekke op 7 of 8 jaar oud (so einde 1958/9). Die haarstyl was “to die for” – twee lang vlegsels wat soos ‘n hangbruggie agter my kop vasgemaak is met twee windmaker haarlinte. Ek het self die “fringe” gesny, spesiaal vir die foto. Ek hoop dit laat jou glimlag.

Gaan die res van die bloggers dapper genoeg wees om hulle kindergesiggies vir ons te wys?

dis-ekke

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

47 Comments

  1. Jy skryf beter as wat jy hare sny!

    • Comment by post author

      Ag dis ‘n dierbaarste foto – in pappa se skoene (en verbeel ek my of het links en regs ‘n bietjie deurmekaar geraak?). Dis baie mooi woorde wat jy daar vasgepen het oor die onskuldige “kinderlike innerlike”. Jy moet dit regtig oorweeg om ‘n klompie van daardie stukke oor te dra na jou WP blog toe.

    • Te oulik hoor!

  2. Ah dis pragtig Hester!

    En ek love jou fringe, dis edgy man!

    Ek het in graad 1 sulke LANG hare gehad, en na ‘n paar wyne het my ouma gedink dis tyd om my fringe te sny. Met sellotape. Jy weet, dat dit reguit is. Maar die wyn het haar skeef laat plak en ek het met ‘n kuif van ‘n paar millimeter weggestap! Dit was ‘n tragedie in die kleine!

    Terloops, jy het pragtige oë!

  3. Een mooi helder portret! Ja de linten in het haar, ik zie mijn moeder nog strijken. Ik had kort haar maar toch had ik een grote strik bovenop mijn hoofd.

  4. Sjoe dis mooi!

  5. Jy was ‘n pragtige dogtertjie!

    • Comment by post author

      Ag dankie, dis goed om te hoor na al die jare. Ek het drie broers gehad wat my genadeloos geterg en oortuig het dat ek vreeslik lelik was. 😀

      • Hulle was eintlik jaloers omdat jy so mooi was.😄Ek het een broer gehad en hy het my net so geterg…my Daaina Donkie genoem😜

  6. As ek net kan onthou wanneer ek weer eendag by die huis kom! Jy was ‘n pragtige ou dogtertjie.

  7. Jy het pragtige oë!!! Het nie so ‘n mooi volgesig foto van myself nie…. net een in hoërskool waar my fringe so kort gesny is…. my ma het dit gedoen met haar naaldwerkskêr. Oor my dooie liggaam wys ek daardie foto vir enigiemand. Om die waarheid te sê wonder waar daardie foto is, hy was altyd in my ouers se album?

    • Comment by post author

      Dankie, die oë by my ma geërf. Om die waarheid te sê, ek is ‘n carbon copy van my ma. Vind die foto – mettertyd raak die gehate haarsny van minder belang as die goeie herinneringe.

  8. Ai… tog te oulik! En om te dink daai onskuldige juffertjie het toe die wereld se eerste dame pous geword!! Die onskuld!! 😉
    Nee… my ma het nie geld gehad vir ‘n kamera nie… eerste foto is geneem vir daai ou TV program… wat was sy naam, die polisie een… ?? 😉

  9. AG oulik!!!!! EN ja ek het al van my kinder fotos op my blog gesit so ek wen (nie dat dit ‘n kompetisie is nie lol)

  10. And I thought my haircuts were bad…