We love our early morning walks on the beach, especially over weekends, when work is put on the back burner. It is always a treat to see these little crabs coming forth from their holes in the sand and form a line along the edge of the water. They all wait for that perfect wave and then they surf away (where to?) on the outgoing tide.
This past weekend we decided to sit on the sand and wait for them, to see whether they return to the same holes. The tide started coming in and we noticed these curious little fountains springing up where formerly the little crabs burrowed into the sand.
(Sorry, the video was made on a cellphone and the quality is not good).
Ons woon nou ‘n jaar lank in ons “huisie by die see” en ons ontdek nog elke dag dinge waarvan hierdie binnelanders nooit voorheen geweet het nie. Sulke klein dingetjies soos hierdie fonteintjies hou steeds ons aandag gevange.
Ons het besluit om volgende keer te wag vir die krappies om terug te keer sodat ons kan sien of hulle nuwe huisies grawe, of dalk terugkeer na hulle ou gate. Dit gee ons ‘n goeie verskoning om ‘n hele paar uur op die strand rond te lê terwyl ons wag vir die gety om te draai 😀
scrapydo2.wordpress.com
Te oulik. Fonteintjies in die sand.
Sonel
Jinne, dis tog te oulik van die krappies Hester en ek love die video! Mens sal nie sê dis ‘n selfoon video nie. Miskien moet ek eendag my ou foontjie se video ook probeer. 😀
Dis so interessant om hierdie klein diertjies dop te hou en ek hoop daar is nog videos op pad. Ek sal baie daarvan hou om dit te sien.
Baie dankie vir die lekker pos. Ek kan sien jy geniet dit vreeslik daar. ♥
HesterLeyNel
Ek moet bieg dat ek sommige dae net mooi niks wil doen nie, behalwe om op die strand rond te loop. Ons gebruik gewoonlik die selfoon se kamera (my foon is plat en sit snoesig onsigbaar in my broeksak), want dis bietjie gevaarlik om met kameras te loop.
Sonel
Ek neem jou glad nie kwalik nie. Ek sal net op die strand wil rondloop. Sulke tyd moet mens maar net ‘n biljoenêr wees dat jy net heeldag so iets kan doen. 😀
Ag, dis sleg dat mens nie eers met ‘n kamera kan rondloop nie en dis ook so duur dat jy nie eers ‘n aanvaller met dit sal wil doodslaan nie. 😆
Christina B
Dis te pragtig! Die natuur is darem vol verrassings. Jy gee my nou ‘n idee vir die letter H – hermit crabs. Dankie!
HesterLeyNel
Ja, ek sien uit daarna. Snaaks, dis die klein dingetjies, soos ‘n akkedissie buite op die muur, wat altyd my aandag vang. Ek is seker hier by ons is nog baie seediertjies waarvan ek nie eens bewus is nie.
drkottaway
Wonderful…. I love our beaches here even though the water tends to be around 51 degrees f…. not lovely for swimming unless you are a kid or have a wetsuit!
aj vosse
Lekker rond lê!! 😉
nicolegrabner
It’s interesting, I’ve never noticed where the little crabs go after they escape from the hole in the sand. Usually I’m more worried about them pinching my toes. 🙂
HesterLeyNel
Hehe they are very shy and when approached, they pull themselves up high on their spindly little legs to run for the water. They are such fun to watch.
rondomtaliedraai
Te oulik! Ek geniet jou inskrywings elke keer
HesterLeyNel
Dankie 😀
perdebytjie
Jy dink die interessantste goed uit,dankie!Die video en fonteintjies is baie oulik.
Tannie Frannie
Ooooo, hoe verlang ek nou see toe…
HesterLeyNel
Die eienaardige ding vir my is dat 90% van die mense wat hier gebore en getoë is, nooit naby die strand kom nie. Seker te gewoond aan die omgewing.
Tannie Frannie
Dink jy’s reg – hulle verlang seker Bosveld toe. Dis soos mense met krulhare wat reguit hare wil he en andersom. Die rus is elders!
HesterLeyNel
haha, dis waar.
Kameel
Laat my nou aan daardie aand dink….. nee wag, dit is ‘n storie wat ek nie in die publiek kan vertel nie.
HesterLeyNel
Ja, dis nou wat hulle vriende noem … weier om jou in hulle geheime in te laat. Haha
Kameel
Miskien as ons oor ‘n koppie tee gesit en gesels het 😉 Of nee wag…. oor glase water; ek drink basies ook net water so uit die kraan uit.
HesterLeyNel
Dit klink na ‘n plan