Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

C: Coca-Cola

CCoca-Cola

I grew up in a small copper mining community, five miles from the nearest shops and without the aid of television. We did have an old valve radio though, one of those which emitted nothing but a hissing sound when we tried to listen to music or the news. The jingles, however, always came through loud and clear … and this is how I first learned of Coca-Cola.

I yearned for this drink with my whole heart; the advertisement held so much promise for a youngster brought up on homemade ginger beer and lemonade.

In those days, my father picked up the newspapers once a week, from a shop in a nearby town. I won’t ever forget the day when he brought home just one small bottle of Coca-Cola. Nothing in all my previous or future life experience could ever compare to the moment when I gently sucked up that first mouthful.

Nowadays I don’t touch the stuff – the taste of Coca-Cola from a can or a plastic bottle is just not the same. In my doddering old age, water straight from the tap is my preferred drink, but there are times when I still remember the sweet taste and the wonder of the bubbles on my tongue.

Dit laat my nou sommer dink aan my heel eerste roomyshorinkie wat my pa vir my gekoop het een warm somersdag. Ek was sowat agt jaar oud. My pa het met die kafee-eienaar gestaan en gesels terwyl my ma by die winkel langsaan besig was met inkopies. Skielik het hy ‘n tiekie tevoorskyn gebring en die ‘oom’ gevra om vir my ‘n roomys te gee.

Ek het goed geweet van roomys, maar die horinkie was vreemd en ek het nie juis geweet hoe om die kontrepsie te hanteer nie. Ek het dus die laaste roomys met my vinger uitgegrawe en die horinkie vir my pa terug gegee, met die gretige versoek dat die oom dit asseblief weer moet volmaak. Die twee mans het heerlik gelag en ek het nie nog roomys gekry nie (een tiekie was destyds baie geld) en ek moes maar tevrede wees daarmee om die droë horingkie te eet. Dit was ook maar genoeg vir my.

Follow Dis Ekke

21 Comments

  1. Ek dink ‘n mens het dinge meer waardeer as jy nie sommer elke dag net kon kry wat jou hart begeer het nie. Mooi storie.

  2. What a beautiful post! I used to be fascinated with Coke during my childhood too, because my parents were quite strict about us not drinking it. Look forward to reading the rest of your posts! Dropping by from https://sujataravi6.wordpress.com/ for the A-Z Challenge!

  3. Ek is mal oor “ou” stories, en natuurlik die mooiheid van om na iets eenvoudig, soos ‘n botteltjie coke, uit te sien.

    • My dogter is vreeslk gewild by die ouetehuis waar my ma was, want sy sit heeldag en luister na die oues se stories. Sy sê dis nog deel van die “regte” lewe.

      • Ek stem so saam met haar. Toe my ouma oorlede is het ek besef dis ook die einde van al haar stories en dan vind ek daar is nog so baie wat ek haar sou wou vra. 🙁

  4. Pragtige storie Hester. Laat my ook terugdink aan die Sullivans wat in Kimberley gebly het. Hulle het die Coke fabriek gehad en natuurlik die Hop-bier. Dit was vir my die lekkerste. As ons gaan kuier het, het Tannie Joan altyd vir my na haar groot koeldrank yskas gestuur om vir my ‘n Hop-bier te gaan haal. So nou en dan het ek ‘n Coke gevat. 😀

    Hoe lekker lag ek vir die roomyshoringkie storie. Te dierbaar. Ek sou jou opgevreet het. 😆

  5. Ai… die herhinderinge… soos borreltjies in die mond! Klein gas ontploffingtjies! 😉

    • En deesdae, glo dit as jy wil, ry ek maklik 70 + km ver om tuisgemaakte gemmerbier te gaan haal by ‘n padstal wanneer ek die dag lus voel vir iets soets.

  6. Die Engelse C is maklik!

  7. Ja die liewe coke! Lekker gelees. Ek geniet Afrikaans tog maar meer as die Engels. Nou brom die Engelse ouens hul verstaan nie wat ek sê nie!

  8. Ja, ‘n Cokecola was ‘n luukse in ons kinderdae. 🙂

  9. Lekker soet herinneringe…mooi geskryf!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: