My vreugdes en frustrasies

My eiers

Lê-Jou-Eier: Nou word ons almal misdadigers

Image obtained from Pixabay

Wie het gesê misdaad betaal nie? Ons gaan die teenoorgestelde bewys en super misdadigers word.

Dankie Abrie dat jy die uitdaging afgeskop en ons bewus gemaak het van die moontlikhede wat Toweropstal vir ons kan inhou. Die inligting wat jy aan ons verskaf het met betrekking tot die ligging en die toerusting wat ons gaan benodig, was van groot waarde.  Dit maak die beplanning van die daad net baie makliker.

Ek wil net gou ‘n paar woorde sê oor sake van algemene belang:

  • Abrie jou sogenaamde vrywaring “My taak is bloot om die skoot te laat klap met die wegspring”, is nie die blog werd waarop jy dit geskryf het nie. Die deler is so goed soos die steler. In regstaal, is dit jou intensies waarmee jy opgetree het wat die deurslag gee.
  •  Una, hierdie bloglyn wat ons gebruik vir kommunikasie is so veilig soos ‘n oop elektriese kragprop.
  • Ek dink nie ons moet noual dink aan die moontlikhede van ‘n regsspan wat gehuur moet word nie. Ons is nie van plan om te misluk nie en buitendien, hoe sal ons weet wie aangestel moet word voordat ons weet wat die klag teen ons is? Julle het gehoor Sonell het al klaar uitgevra oor ‘n moord wat per ongeluk plaasgevind het.

Hierdie is nie ‘n taak vir net een dag (of nag) nie. Dit kan moontlik ‘n paar dae neem. Ons moet ‘n teenwoordigheid vestig by Toweropstal sodat die mense rondom gewoond raak aan beweging op die perseel. Ek dink ons moet ‘n klompie hoenders aanskaf en ‘n kommunale eierboerdery daar aan die gang kry – ons weet mos alles van ‘n eierlêery af. Alle misdadigers moet solank begin reisreëlings tref en voor die lewering van die State of the Nation adres reeds op die perseel wees om te help met die boerdery.

Ons gaan geld nodig hê om die plan in werking te stel. Ons moet immers betaal vir toerusting wat gehuur moet word, reiskoste, verblyfkoste vir ‘n paar dae (kos en dop) en so aan. Ek het bereken dat ons sowat R500, 000 kapitale uitleg sal moet doen. Alle misdadigers moet aan hierdie taak (Taak 1) deelneem: betaal asseblief alles wat julle kan in my persoonlike bankrekening in (ek inboks vir julle die besonderhede). Ek gaan net vir ‘n paar dae Las Vegas toe vir besigheid en sal alle rekeninge kom betaal wanneer ek terugkom.

Taak 2: Huur of koop solank alles wat ons nodig het op skuld – toerusting, kos, dop en so aan. Onthou die hoenders en kry die boerdery aan die gang. Maak die blyplek leefbaar. Ons moet immers ‘n rukkie daar bly en ons wil dit doen in gerief. Belangrik – dryf die spoke uit.

Taak 3: Beplan ‘n aantal paarties. Daar moet deurnag klipharde musiek speel sodat niemand die klank van die kraggereedskap kan hoor nie.

Taak 4: Kry ‘n sekuriteitspan bymekaar om die omtrek te patrolleer. As iemand opdaag om saam te kom paartie, stel hulle buite aksie of hou hulle besig op ‘n ander manier.

Taak 5:  Verwyder die sementblad aan die bokant van die skoorsteen en rook die bye uit.  Raak ook sommer ontslae van slange en spinnekoppe.

Taak 6: Verwyder die metaaldeksel met kettings bo die skag. Stel die toue en katrolle op om die goud op te trek. Ek is nie seker wat ‘n krat goud weeg nie (huh, Abrie?). Dalk moet ons liewer ‘n hyskraan gaan steelhuur.  Werk slegs in die nag wanneer die musiek speel.

Taak 7: Kry die duikers bymekaar om af te sak in die skag en ‘n opname te maak van die inhoud van die kelder. Ons gaan alles vat wat lyk of ruik soos goud en ons moet weet wat daar is om ons finale planne in werking te stel.

Taak 8: Hys die kratte met goud op uit die skag en pak die goud in die vragmotor. Die vrag moet voor daglig reeds vertrek na Port Elizabeth hawe toe waar dit voorlopig in ‘n houer pakhuis (container warehouse) gestoor moet word totdat ons besluit aan watter buitelandse koper dit gelewer moet word. Dis beter dat die goud landuit gaan.

Taak 9: Maak die opstal skoon, verwyder alle vingerafdrukke en DNA-getuienis. Verbloem die skag onder die skoorsteen en maak ‘n plan met die hoenders. Een laaste groot paartie met harde musiek en gebraaide hoenders sal dien as oëverblindery totdat die vragmotor met die goud veilig op pad is.

Taak 10: Alle bloggers – gaan huis toe en wag vir my om julle geld in julle bankrekenings in te betaal.

Het ek iets vergeet? Ag dan was dit dalk net nie belangrik nie. Hierdie is net riglyne en in nood moet die plan aangepas word. Onthou, as julle iewers probleme het of foute begaan, rapporteer dit asseblief sodat ‘n volgende blogger die fout kan probeer regstel.

Siende dat Kameel hierdie hele storie begin het, gaan ek haar “tag” om Taak 2 uit te voer.

Drink ‘n glasie op ons sukses!

Naskrif: Ons bloggers op die lys wat ek dink reeds gesê het hulle gaan deelneem is Abrie, Hester, Kameel, Toortsie, Sonell, Lekkervurig, Woestynkind, Una, Perdebytjie, Wegkruipertjie, Scrapy, Christa, Rondomtaliedraai, Riëtte, Seegogga. Het ek iemand uitgelaat? Ons het wel net 10 take as ‘n riglyn, maar baie dinge kan verkeerd loop met die plan en nog take kan bygevoeg word. Hoe meer siele, hoe meer vreugde. Laat weet asseblief of nog iemand belangstel. Die blogs hoef nie ‘n bepaalde lengte te wees nie (ek en Abrie het baie te sê gehad), so moenie julleself te veel beperk nie.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

93 Comments

  1. Ik ben gek op worteltjes.

    Als kind at ik dan stiekem worteltjes uit de moestuin van de buren.

    Gelukkig is het daarbij gebleven.
    Een misdadiger ben ik niet geworden ….

    Eerlijke groet,

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Haha, Rob, ons het ook in die ou dae vrugte gesteel en gedink dis groot pret. Deesdae sal dit waarskynlik beskou word as misdaad.

  2. Hester!!!!! dis briljant…. MAAR kan ons jou vertrou? Las Vegas sê jy?

  3. Probeerslag nommer 3! Moontlik moet ek nou eers weer my blonde hare opsy skuif, dalk help dit met my kommentaar wat bly verdwyn!

    Hoenders, dit kan uitgesorteer wees. Skoonseun is met my baba getroud, hy het ñ hoender-afval maatskappy, en indien nodig, kan ek bietjie afpers. Familie. Ek het “leverage”, indien nodig. Die hoendertjies is mos nou lewend voor hulle afval word. Op skuld, afgelewer. Met wie moet ek reël?

    Las Vegas…Kameel, ek het, soos dit nou nodig blyk te wees, ñ boby-builder neef wat as sekuriteitswag daar werk. Dit is nou om onse Hestertjie en DIE BANKREKENING op te pas. Sy is dan nou so onbaatsugtig om haar eie-eie rekening bloot te stel. Vir volk en vaderland doen ons enige-iet!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Oukei!! Yes! Kameel is verantwoordelik vir die hoenders. Laat weet haar. O, gaan ek nou my eie lyfwag hê? Maak net seker hy het ‘n LYF, iets wat sag is op die oog. Ek en hy sal mooi kyk na die bankrekeninkie 😄

      • Deal. Mmmm, hy is familie ja, maar hoe hy lyk… Sy LYF sal goed wees, dis belangrik.

        Nou moet jy my eers verduidelik. Ek neem aan en was veronderstel om eerder by Kameel te gaan kommentaar lewer, of hoe nou?

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Nee, sy moet nog eers haar blog skryf. Praat solank met haar hier in my kommentaar – sy lees dit ook.

        • Ek dink ek moet vir myself ń diagram op papier kry!!! Hierdie gaan kop-hou vereis. Wie wat waar doen en belowe. Ons pruik, Kameel. Hy moet saans in die wit sta-soft gelê word. Dis wat die gawe dame op die hoek gesê het, sy weet blykbaar…

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek het nou amper gevra hoekom wit? Dit was ‘n blonde oomblik.

  4. Body-builder… Ag wat, boby-builder kan seker ook werk?

    • Dankie Una het die pruik ontvang, en ja asseblief reël vir daardie hoenders om so gou moontlik by toweropstal afgelewer te word. Hulle kom nie miskien saam met hokke nie? Ek sal baie vinnig hokke in die hande moet kry. Wat daardie body builder aan betref…. goud het al menige monde stilgemaak.

      • Comment by post author

        HesterLeyNel

        So wraggies, en nou begin jy al ons goud uitdeel! Of meen jy nou … hyg … dat ek vir hom van ons goud sal gee?

      • Waarvoor betaal julle die bodybuilder goud? Nee ek het nou die plot verloor, ek dog ons doen ‘n misdaadstorie, nou raak dit alweer ‘n hygroman??

        • Dis Hester wat wil verdwyn Las Vegas toe… dit terwyl ons die harde werk verrig. Sy het net die orders gegee. Una het ‘n body builder familielid wat Hester sal dophou dat sy nie met ons geld verdwyn nie. Nou lyk dit my Hester wil die mannetjie met goud omkoop. Die plot raak al meer gekompliseerd.

        • En sy wil verdwyn met die geld in haar bankrekening? Ek dink hier is ‘n Gupta in ons midde

        • Ek voel ook nie gerus nie. Is ook nie so seker van Una se body builder neef wat Hester moet dophou nie. Una en Hester?

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Raaitie ou, nou is daar twee van ons onder verdenking (drie as jy die lyfwag bytel).

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Dobbel hulle ook in Las Vegas?

        • Hulle doen ja, maar tussen die klomp b(l)ggers dink ek jy dobbel met jou lewe om soontoe te verdwyn

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Haha, lyk my so

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek gaan Las Vegas toe vir besigheid! Ek moet ‘n koper gaan soek vir ons goud. Tsk. Ek voel seergemaak.

        • Ons sal vir die einde van hierdie storie moet wag om te sien hoe betroubaar jy is. 😊

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ja 😄 Dis oukei ek gaan eers na die afhandeling van die misdaad Suid-Amerika toe emigreer. Trust me.

        • 😀😀😀😀😀 Ek het aan Italië gedink. Wil ook vir my ‘n villa kry soos die ryk mense. Het die mafia nie sy oorsprong daar gehad nie 😯

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Jip, maar jy moet dink aan ‘n land wat nie ‘n uitleweringsooreenkoms met Suid-Afrika het nie. Om geld of goud die land uit te smokkel sal die Reserwebank baie kwaad maak. Die kabinet ook – hulle hou nie van kompetisie nie.

        • 😀😀😀 Columbia hier kom ek!!!

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Daasy!

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Nou sien jy nou? Dit alles omdat die mede-misdadigers my nie vertrou nie.

      • Waar. Geld wat stom is…

      • Hokke…? No problem. Hy moet ń plan maak vir sy skoonma. Of…

  5. Hester ek wil ook deelneem asb

  6. Nee Hester ek glo jy is doodonskuldig…. hoe sal jy nou ons goud vir ‘n body builder wil gee. Hoekom bly daardie grinder in my gedagtes opkom?
    O ja…. ek dink scrapy wil ook deelneem.

  7. Christa van thailand het ook haar naam opgesit.

  8. Ek sal in plaas van geld vir ons mobiele braai en hout en driepootpotte vir kooksels verskaf. Los ook huur/herbesitneem van lorretjie(ons genruik sommer my Lekkerbraai enetjie), ook sal ek die gereedskapkis met skroewedraaiers, boute, moere en hamers en ook ‘n grinder saambring – hoop dit help Kameel. O,ja, ek sal ook hier by ons Wegsteekslaghuis vir ons boerewors en hamburger frikadelle bestel. Een van die aande kan ons maar ‘n Amerikaanse hamburger partiekie reël om Hester se tog LA toe te gedenk en die rookskerm vol te hou terwyl ons vir goud soek…

  9. Ek voel net geweldig omgekrap dat julle my familielede uit die skoorsteen wil uitrook! Hulle kan mos ingespan word om vyandige wesens daar weg te hou en vir bietjie soet heuning op die roosterkoeke, wat ons gaan gaarmaak vir een van die vele paarties!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Maak perdebye heuning? 😳 Nou maar dan moet Kameel jou “tag” sodat jy die bye gaan oplei om deel te wees van die sekuriteitspan, maar dalk kan jy hulle tog maar oorreed om tydelik ‘n blyplekkie buite die skoorsteen te kry.

      • Nee, ons maak nie heuning nie, maar die bye is deel van my agterlike familie, wat soms opduik, net wanneer hulle iets wil hê. Maar soos hulle sê: bloed is dikker as water oftewel die angelbende moet saamstaan, al is ‘n klomp van hulle regte skarminkels. Ons kan dié spul lekker gebruik om die misdaad uit te voer.

  10. Ek stel voor dat Perdybytjie vir Taak 5 getag word. Sy is ons ongedierte”Whisperer” Blogger van Taak 4 neem kennis….Taak 5: Verwyder die sementblad aan die bokant van die skoorsteen en rook die bye uit. Raak ook sommer ontslae van slange en spinnekoppe.

  11. Mmmmm ek sal Vrydag die slangsituasie aanspreek … onthou ek is nie goedkoop nie!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Is dit ‘n aanbod van hulp? Dis goeie nuus, maar gaan jy die misdaad enduit saampleeg of tree jy net op as konsultant? Die ou klomp is so suinig, hulle wil my nie eens toelaat om my besigheid te gaan klaar doen in Las Vegas nie.

      • Mmmmm ons sal kyk wat gedoen kan word… fluister dis nou as ek met die skakel na jou blog kan regkom

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek kan jou help met die skakel, maar dan gaan ek nou eers jou naam op die lys sit sodat die mense kan weet dat jy wil help met die slang. Onthou net, die slang gebeur eers by taak 5 en dit kan nog ‘n rukkie duur voordat ons daar uitkom.

  12. Sjoe! Ek wou nog aanbied dat ons ‘n voorafbeplannings week hou en almal in ons gastehuis op die plaas kom bly waar niemand onraad sal merk nie. Hester, jy is ‘n planmaker duisend, ek wonder net of ons op die ou end ons deel gaan kry? Huh?

  13. Hoekom wil jy die goud verkoop? Ons gaan dit seker gelykop verdeel?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      On nee!! As almal begin goud verkoop om geld te kry, gaan iemand snuf in die neus kry. Liewer die die geld. Haha, ek het so pas voor my geestesoog gesien hoe ry ek met die goud in my klein karretjie KZN toe en bêre die goud onder my bed.

  14. Hierdie is absoluut merkwaardig en de kommentare 🙂 🙂 🙂 en met rede oor die Las Vegas storie. Terloops Las Vegas is Spaans vir “the meadows” “n Spanjaard wat ‘n fontein ontdek het het dit vernoem ” for its life-saving water and soul-soothing greenery”. dink nie daar het veel van daardie betekenis oorgebly nie.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis interessant Abrie, ek het dit nie geweet nie. Ek het juis gesit en wonder hoe kry ‘n stad in die woestyn water, toe gee my man my ‘n hele lesing oor die Hoover Dam.

  15. Grote Griet, ek het so n bietjie agter geraak met al die beplannings. Ek is self besig om te beplan om te trek so my aandag is nie by my blog-bedrywighede nie totdat ek Kameel se deel lees en die volgende taak moet doen. Dit sal beslis vanaand beplan word en dan more openbaar gemaak word. Ek moet gou eers my reisdokumente in orde kry. Gelukkig is alles nog geldig. Net my Musk vuurpyl huur sodat hul dit solankk in die regte rigting kan stel om my met spoed op die toneel te bring.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      O heng, ek het gisteraand vroeg gaan slaap (en die bloggers het heerlik voortgesels hier op die kommentare), so ek het nog nie eens Kameel se bydrae gelees nie. Yummie! Ek gaan kyk. Musk vuurpyl? O gonnas.