Manscaping (?!) die verwydering of stilering van hare op ‘n man se liggaam vir kosmetiese doeleindes. Dink aan landscaping; die idee is dieselfde.
Dis die eerste onderwerp van 2018 vir ons Lê-Jou-Eier uitdaging en ons gaan almal vir Rondomtaliedraai bedank. Sy het met die plasing van die advertensie vir borshare hieronder, hierdie gedagte in my kop geplaas. Die ander twee prentjies is voorbeelde van ietwat oordadige “manscaping” – kyk hoe mooi is die borshare ge”trim”.
Die advertensie is in vandag se dae seker nie juis polities korrek nie nie, want dit impliseer dat mans sonder borshare nie manlik is nie. Dit laat my dink aan die sigaret advertensies van jare gelede wat die wêreld wou oortuig dat rêrige mans daai sigarette rook wat nie filters het nie. Of so iets.
Nou gaan die bloggers so ‘n bietjie hulle mening lug oor hare. Manhare. Nie net borshare nie, maar sommer ook daardie soort wat op die kop, onder die neus, op die kinnebak, in die neus en ore, onder die arm en … wel, so aan, groei.
Eerstens: Dink asseblief ‘n ordentlike Afrikaanse woord uit vir “manscaping”.
Tweedens: Vertel vir ons of jy ‘n voorstaander van “manscaping” is en hoe jy dink die ding aangepak moet word. Andersins, verkies jy dalk ‘n meer natuurlike voorkoms (laat die natuur sy gang gaan)? Vertel ons hoekom.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
travel460
☺☺☺ Laat ek nou net eers klaar lag, Hester!
HesterLeyNel
Jy waag dit sowaar om vir mandinge te lag? Hulle ou ego’tjies is mos maar broos 😄
Storieklong
Ek hou nogal van ontboggom, maar enige verwysing na primate kan jou deesdae nogal vinning in die moeilikheid kry, so ek sal maar hou by sportifikasie, synde die proses om die harige spesie voor te berei vir sport(s)
Soos met enige speletjie is daar basiese riglyne:
1. Niks is veronderstel om uit jou neusgate te groei nie. Sny dit af.
2. Ditto ore.
3. Enige oortreding van bg. twee riglyne sal gestraf word deur ‘n vrou met ‘n tweezer en wraak in haar hart.
4. ‘n Man knip slegs aan sy wenkbroue indien daar hare is wat dreig om homself of ander indie oog te steek
5. Short back and sides vir gewone mans. Nommer een knipper, of gladgeskeerde skullcaps is ook aanvaarbaar, sowel as mullets vir mans van die Oos rand, Wes rand, Weste en Noorde van Pretoria.
6. Combovers en manbuns sal onmiddelik mee gedeel word deur ‘n brandende vuurhoutjie daarin te steek.
7. Indien jy vrou sop voorsit en jou bakkie is leeg wanneer jy opkyk na die tafelgebed, is jou baard te lank. Sny dit.
8. Indien jou sop of stew soos water proe, en jou snor na vleis, is jou snor te lank. Sny dit. ‘n Snor is blykbaar nie ‘n goedgekeurde medium om padkos en troetelgoggas in te vervoer nie
9. Net fietsryers skeer beenhare.
10. Wanneer jy die woord waks hoor. Hardloop!
11. Moet onder geen omstandighede met ‘n skêr of elektriese knipper vroetel waar jy nie kan sien nie. Soos onder jou pens byvoorbeeld.
12. Moet onder geen omstandighede toelaat dat die vrou in jou lewe met ‘n skêr of elektriese knipper vroetel waar jy nie kan sien voordat jy jouself nie vergewis het dat alles in die verhouding 100% in orde is nie. ‘n Vrou met ‘n skêr en wraak in haar hart kan vir jou ernstige skade maak.
Kameel
Dit dan uit die bek van ‘n man 😀😀😀 Dankie vir die lekker lag storieklong…. kon my man in ‘n paar van hierdie dinge sien.
HesterLeyNel
My man sê nou vir my sy beenhare het feitlik almal uitgeval (in tandem met sy kophare). Nou lyk hy soos ‘n fietsryer.
HesterLeyNel
Whahaha, jy kan darem ‘n storie spin soos min mense. Ek kan absoluut nie fout vind met enige van jou redenasies nie. Ek is so bly het hier kom lees en kommentaar gelewer.
Abrie Joubert
Jy kan hierdie copy en as blog post
Abrie Joubert
Ek sien google translate vertaal manscaping as manscaping. Ek stel voor jy “suggest an edit” en sleutel ontboggeming daarin…
HesterLeyNel
En as hulle my toesluit omdat my bydrae polities inkorrek is??? Wat word van my arme kinders?
Abrie Joubert
Hulle is mooi groot en ons smokkel vir jou ‘n iPad in of iets sodat jy steeds kan blog
Abrie Joubert
Hulle is mooi groot en ons smokkel vir jou ‘n iPad in of iets sodat jy steeds kan blog en jy kan hoor hoe gaan dit met arme bloedjies
HesterLeyNel
Whaha. Sies jy’s wreed!
HesterLeyNel
Hy het sy blog toegemaak. Komaan Storieklong, gee ons toestemming om hierdie te copy en onder Lê-Jou-Eier te blog as “Ons vriend Storieklong se ontboggeming”. Of, ek kan jou as ‘n addisionele Author by my blog aanheg, dan kan jy self blogs publish en delete soos wat jy wil. Kyk hoe mis ons jou 😢
scrapydo2.wordpress.com
Haha. uit die perd se bek! Daardie knoets-goed(buns) sraan my ook nie aan nie.
Toortsie
Storieklong, ons geniet jou stories sommer baie.
Kameel
Hester!!!! Waar val jy nou uit…. ek dog ons eerste taak is my vakansie by die see!!!! Mens noem dit MANipulering….
HesterLeyNel
Maar ek het nog nie klaar vakansie gehou nie!
Abrie Joubert
Ja Hester ek is gereed(en sien uit) om oor die vakansie te skryf nie oor ontboggeming nie. Ek veronderstel ek is self skuldig aan ontboggeming aangesien die hare tussen my ore en reeds uitgevalde middelpad afgeskeer is. Ek is egter nie van plan om die liefde in my hart met my borshare uit te spel of om ‘n harige geslagsverandering te ondergaan ten einde ‘n harige bikini te kan dra nie.
Ek dink storieklong kan sy briljante kommentaar copy en as ‘n blog post.
HesterLeyNel
Okei, ons skryf volgende week oor ons vakansies. Belowe! Ek sekondeer die voorstel dat Storieklong se kommentaar geblog word.
sonell
My man wil alewig die rughare laat afskeer. Ek lief mos ‘n man met lang hare. (Hoof hare) 🤪
HesterLeyNel
Solank dit net nie daardie opgepofte 80’s hairdo met die besemsnor is nie. Die 80’s was way over the top. Ek gee nie om vir ‘n ordentlike ponytail of ‘n manbun nie (nou gaan Storieklong my skiet).
sonell
Hiehie! Bonjovi is ‘n uitsondering wat die 80’s aanbetref. Sjoe! 😜
HesterLeyNel
Ek sal ‘n toegewing maak hier 😄
sonell
😄
rondomtaliedraai
Hehehehe ek het nou klaar al lekker gelag. Hierdie gaan ‘n treffer wees.
HesterLeyNel
Voorwaar.
Eveline Lenderink
Verschrikkelijk. Ik vind het echt heel lelijk.
HesterLeyNel
😄 Jaaa, sommige mense vat dit net te ver.
scrapydo2.wordpress.com
Het bietjie navorsing gedoen en nie besef dar is demonstrasies van die man se heilige plekke wat onthaar word. Sal maar daarby verby kyk. My man het nie toegelaat dat die nurse in hospitaal hom “skeer” nie.Ek moes dit doen!
HesterLeyNel
Ja jong, deesdae skeer mans en vrouens alles en oral. Of nog erger, hulle gebruik waks. Ek is nie heeltemal so braaf nie.
scrapydo2.wordpress.com
Het my wenkbroue jare terug n keer of wat laat waks. Dit brand nie net nie maar is seer as dit afgetrek word ook.
HesterLeyNel
Hulle tegnologie het ook verbeter van jare gelede af. Ek laat myne so nou en dan doen.
scrapydo2.wordpress.com
Brrr, nee wat, Gelukkig hoef ek nie my te onthaar meer nie. Haartjies is maar yl deesdae
ekmyselff
Ander word vir manscaping, mmmmhhh – wat van Adamvelverfraaiing?
HesterLeyNel
Haha, dis ‘n goeie een. Is dit polities korrek, want jy mag mos nie verwys na die verskil in geslagte nie. Ek hoor in Japan verwys die jongeres nou na hulleself as “dit” – “hy / sy” is nou nie meer aanvaarbaar nie.
ekmyselff
Nee jong hoe sal ek nou weet, maar MANscaping is dan ook nie korrek nie…. dit het die word MAN in… Velverfraaiing kan seker ook werk dan kan dit vir manlike en vroulik gebruik word
HesterLeyNel
😄
Storieklong
Ter aansluiting. Enige mamparra kan ‘n skeermes of knipper indruk en groei vernietig, maar daar is net ‘n paar spesiale mense wat die tipe baarde kan groeie waarvan land cruisers gebrei word.
Dit gesê, dit is nie altyd wys om iemand te komplimenteer met haar baard nie. Maak nie saak hoe epic dit is nie
HesterLeyNel
😄 😃 😀 Mmmm, party mense het mos so ‘n bietjie-bietjies baard wat net nie ‘n geheel wil vorm nie. Ja, en los maar haar snor ook uit.
Toortsie
Hester, ek dink regtig Karen Zoid moet jou nooi na haar program en jou die minister van bloguitdagings maak.
HesterLeyNel
Ek weet sy sing, maar ek kyk nie TV nie, so dis al wat ek weet van Me. Zoid. As haar program vereis dat ek moet sing, sal ek nooit die job kry nie.
Toortsie
Ek het my eier gelê, sal kyk of ek regkom met my foon en al die skakels. Anders moet jy my maar gaan byvoeg.
Jy sal nie nodig hê om te sing nie.
sonell
Het nounet my eier gelê. 😉 Ons wifi is af so met die foon wil die paddatjie nie wys nie al copy ek dit. Die skakel is gelukkig daar en die res van die paragraaf. 😉
HesterLeyNel
Jou skakel het gewerk.
Lewies Mymer
mantof, d.i man en optof.
HesterLeyNel
Ek hou van hierdie een 😊