My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Moenie die (tamaartappel) “tamaties” eet nie, dis dalk giftig!

"Tamaties" aan die aartappelplant

Met verwysing na my vorige blog Dis Tradisie! Aartappels vir krismis en nuwejaar, moet ek gou ‘n bietjie inligting deurgee wat onder my aandag gekom het. Ek het geskryf oor die “tamaties” – een blogger het dit “tamaartappels” gedoop –  wat aan my aartappelplant gegroei het.

Ek het afgekom op hierdie artikel van die IOWA State University se plantkunde departement Tomato-like Fruit on Potato Plants, wat beweer dat hierdie nie tamaties is nie en ook niks met kruisbestuiwing te doen het nie. Die ‘tamaartappel’ is blykbaar die ware vrug van die aartappelplant wat nie geëet moet word nie, omdat dit alkaloïde bevat wat giftig is.

Definisie volgens google – alkaloids: any of a class of nitrogenous organic compounds of plant origin that have pronounced physiological actions on humans. They include many drugs (morphine, quinine) and poisons (atropine, strychnine).

Dus, liewe blogvriende, hande af! DO NOT TOUCH. Eet die aartappel, nie die tamaartappel nie.

Nou hoe het ek my hele lewe lank aartappels uit ons eie groentetuin geëet en nooit van hierdie gevare geweet nie?

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

28 Comments

  1. Dankie vir hierdie belangrike inligting Hester.

  2. Aardappel behoort tot de familie van de nachtschade, alle zijn giftig. Ondergrondse bevatten geen gif maar als aardappel groen is is het oppassen.

  3. Leer ek ook weer iets

  4. Sjoewee! Wie sou kon dink!? Dankie vir die inligting.

  5. Interessant. Ek dink ons het nooit die aartappelplant so dopgehou nie. Jy erd mos maar op en die plant gaan dood en sie daar, daars die aartappels. Hier is n “wilde” aartappel wat hier opkom. My “liewe” buurvrou het my al gewaarsku dis giftig en eintlik onkruid! Plant maak aartappels, ek gee egter nie kans daarvoor nie, trek hul liewers uit as hul so opkom. Nou wonder ek hoe die plante daar kom. Dis nou my gedagte(Voices wat so deurmekaar kan praat!)Vermoedelik dra hul tamatoes of vrugte wat deur voëls geëet word en dan plant die liewe voëls dit oral waar hul kom. Mmmmm, raak nou te slim vir myself!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis nou interessant. Die artikel waarna ek verwys het, sê nogal dat aartappels nie voortplant deur middel van sade nie, so hoe sou dit in jou tuin beland?

      • Dis hoekom ek ook wonder hoe dit daar kom want dis plekke waar volgens my nooit aartappels was nie. Interessant dat aartappelblomme nie vrugte maak nie. Hoekom blom hul dan? Prikkel mens se brein nê?

  6. wow – goed om dit te weet.

  7. Hillechien

    Zeer interessant om te lezen, leerzaam dank je wel

  8. So leer mens, ne!

  9. kan mens nie die morfien ekstraheer nie! Wonder of Google weet.

  10. Dis ontsettend interessant…wys net mens moet maar versigtig wees wat jy eet. Ek gril altyd vir opslagtamaties in kompos, want volgens bronne, was daardie sade al deur menige lyf…ugghhh! Ek weet nie of dit waar is nie😝

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Whaha, ek het nog nooit daaraan gedink nie! Ek is altyd meer gepla daarmee dat groente afgewas moet word voor gebruik – jy weet nie deur watter hande hulle gegaan het nie.

  11. En daar word ek nog slimmer 😊 Ek het by skoonseun dié week gehoor van die plaas waar hulle was wat plante groei om woretelsaad te kry…. want wortels maak nie hulle eie saad nie. Lewe al al hierdie jare en weet dit nie eers nie. Wonder wat is volgende!!!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Nou groei jy ander plante om wortelsaad te kry? … okei, nou is my kop deurmekaar. Ek moet eers gaan google. Môre, want nou gaan ek slaap. Lang dag.

      • Ek het dit gaan google en volgens hulle blom die wortels en maak saad. Nou sal ek weer by skoonseun moet hoor van die wortelplaas. Hulle het die pragtigste fotos van die Kaapse plaas met die blomme… en volgens hom het die boer vertel dié blomme maak wortelsaad. Jimmel… nou is ek nuuskierig en skoonseun slaap en ek moet wag tot môre.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          😄 😃 😀 Hy sal beslis nie vriendelik wees as jy hom wakker maak om uit te vra oor wortelsaad nie.

        • Half een vanoggend toe slaap ek nog steeds nie…. ek moet mos ‘n ding verstaan, en my brein wil nie afskakel nie. Lees oor wortels en sien hulle het ook fotos van plate van die wortelblomme. Daar is dus boere wat nie met wortels nie maar met sy blomme boer om saad te kry. Kruisbestuiwing met bye en wat nog meer. Dit was dus one down en nog een om te gaan…. die lied. Soek, soek…. luister, luister en toe kliek dit… You are always on my mind…. dis die wysie wat daar in my agterkop rondmaal. Praat nou van voices in your head!!!! Nou moet ek nog net vir skoonseun oor die kop gaan klap dat hy vir ons verkeerde inligting weergegee het. Mooi dag vir jou. Ons het swaar weer met heerlike reën gehad.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Nou raak ons slim! Haha, arme skoonseun, nou moet hy baklei teen twee nuuskierige vrouens. Ek is bly julle het reën gehad. Hier is ons hummiditeit so hoog dat dit die hele tyd voel asof daar waterc aan jou vel bly kleef. So ‘n bietjie reën deur die nag het die temperature ietwat afgebring.

  12. Hester de Wit

    Ons het die aartappel skille met die “ogies” geplant. Toe kom die tamaartappels te voorskyn en verder blom die aartappelstoele nog. Was later kyk of daar aartappels aan is. Dink julle dit is veilig om die aartappels te eet?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ons het die aartappels geëet wat ons so geplant het, sonder enige skade – dis net die vruggies wat aan die stam van die plant groei en wat lyk soos tamaties wat jy nie moet eet nie.