Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

#Zwerfie #Rommel Hou ons omgewing skoon – 💚 Our World

Garbage on the beach.

Die ironie van die sardyn verpakking wat vermaan 'Keep our coast line clean'.

Zwerfie is afgelei van die Nederlandse woord zwerfafval – dit is afval (rommel in Afrikaans) wat in ons strate, woongebiede, buite in die natuur en op ons strande gestrooi word.

Zwerfie definisie: ‘n zwerfie is ‘n foto van iemand wat rommel opruim (‘n rommel-‘selfie’ 😊). Die idee is om te probeer om tenminste een stukkie rommel per dag op te tel en dan ‘n foto daarvan op sosiale media te plaas. Hierdie inisiatief het onstaan om Nederlanders bewus te maak van rommelstrooiing en het vinnig veld gewen in ander lande ook.

Ek en my dogter het besluit om deel te neem aan hierdie poging en is vanoggend hier weg op ons daaglikse stappie met ‘n plastieksak. Ons woon in Southport en het met die treinbrug langs oor die Umhlangamkulurivier geloop vanaf Southport na Sea Park, een van ons gewilde staproetes.

Die eerste foto hierbo is geneem by ons gunsteling uitkykplek oor die see waar ons opgelet het dat hengelaars die kartonverpakking van die sardyne wat hulle gebruik het, net daar gelos het saam met ‘n geel plastieksak, ‘n leë waterbottel, ‘n leë pakkie Winstonsigarette en ‘n rooi plastiekteelepel. Let op na die vermaning op die sardynverpakking: ‘Keep our coast line clean”. Ja.

In een van die rotspoele ‘n paar treë daarvandaan het ons afgekom op ‘n klomp geroeste boutjies en moere (en ander artikels wat ons vroumense nie kan identifiseer nie). Ons weet dat sommige van hierdie artikels gebruik word as sinkers deur vissermanne en hoop nie ons het ‘n visvangs bederf deur dit op te tel nie. Duh!

Op pad terug tussen die treinspore het ons ‘n wyn-papsak, ‘n tjipspakkie en kabels van ‘n sekuriteitskamera opgetel. Die stukke van die kamera het ook daar in die bosse langs die spoor gelê, maar ons wou dit nie in die bosse waag nie – dis slangwêreld hierdie!

Aan die anderkant van die treinspoor in Southport het ons ‘n bierblik, waterbottel en anti-vriesmiddelbottel opgetel en in die bospaadjie op pad na die hoofstraat toe houers wat iemand se wegneemete bevat het. Ander mense se rommel is interessant. Ek dink ek gaan in die bure se vuilgoedsakke begin grawe.

Ons het die zwerfies vir die dag uitgegooi op ‘n stuk karton wat langs die vuilgoeddrom langs die hoofstraat gelê het en na ons vondse gekyk (tot groot verbasing van verbygaande motoriste). Ons plastieksak wat van die huis af saamgekom het was vol en ons het dit toegebind en in die drom geplaas.

Let mooi op – die bewoording op ons plastieksak is 💚 Our World.

Dit sou natuurlik baie lekker gewees het as mense nie rommel gestrooi het nie, maar by gebrek aan daardie soort samewerking sal dit ook goed wees as elkeen van ons ‘n sakkie saamdra en die ‘zwerfies’ optel vir herwinning of om dit in ‘n vuilgoeddrom te plaas.

Met dank aan Rob, Blogger uit Amsterdam-ZuidOost wat my bewus gemaak het van ‘zwerfies’.

Follow Dis Ekke

14 Comments

  1. A good idea! I cannot understand why people cannot take home empty what they were prepared to bring out full e.g. bottles, packets, tins and boxes. This sounds like a good initiative and I agree that other people’s rubbish gives us an insight to their lives …

    • HesterLeyNel

      Trash dumping is a huge problem on our beaches. Most of that rubbish floats out to the sea at high tide and I see the problem is getting bigger by the day – they are now referring to plastic items in the oceans as plastic soup. Can you imagine what this is doing to our natural food sources from the oceans?

  2. Wat ñ oulike woord vir die beste idee in ñ lang tyd! Julle twee verdien ñ medalje vir jul onselfsugtige optrede.

    • HesterLeyNel

      Eintlik is dit selfsugtige optrede – ek haat ‘n gemors, wil nie daarmee saamleef nie en gee nie om dat die morsjorse dit weet nie. Ek gee hulle sommer ‘n bietjie opvoeding op die sypaadjies in ons dorpe ook.

  3. Welgedaan

  4. Hemel tog die mens is ‘n vernietigende wese. Ekself herwin baie van my goed wat mense tussen hulle normale vullis gooi, my herwinnings materiaal is veel meer as dit wat die munsipliteit moet wegry as gewone vullis. As ons kuier sal ek ook menigte kere als by die mense wat ons onthaal, en wat hulle doodeenvoudig in die asblik smyt, gaan uitgrou en herwin. Tot groot verleentheid van die ouman en tot groot vermaak vir die gasvrou/heer.

    • HesterLeyNel

      Herwinning is ‘n interessante onderwerp. Vertel ‘n bietjie meer van wat jy doen. Ek sien hier onder in ons dorp het die munisipaliteit ook so ‘n halfhartige herwinningsprojek aan die gang en ek wil gaan kyk wat gebeur daar.

  5. Hier het jy n “bin” vir herwinning wat jy kan huur en hul kom eenkeer n week om dit op te laai. Daar is kompetisie geldgewys en diens gewys tussen verskillende maapskappye wat dit doen. Mens moet net die papier en karton in een plastiese sak sit en die glas en blik in n ander sak. Ek hou nie van die idee om n plastiese sak te gebruik maar in elke geval help dit met sortering. My recycle materiaal is 75% van my weggooi goed. Die werklike afval is net polistarien en honde poo! My plant afval word kompos! Hier kry mens ook mense wat hul koeldrank bottels/blikkies sommer uit die kar gooi waar hul parkeer!

    • HesterLeyNel

      By ons sien jy so hier en daar houers in die dorpe waar mense ook glas, blikkies of karton in kan gooi, maar of enigiemand dit ooit gebruik, is ‘n ope vraag. En soos jy sê, dis makliker om dit net by die kar se ruit uit te gooi – dis hoekom ons strate lyk soos rommelhope.

      • Jip, Die drommetjies wat huishoudings kan huur help baie. Probleem is die ouens wat nie geld het nie is die strooiers. Hier is ook n vragmotertjie wat die strate vee en al die blare in die afvoerslote langs paaie vee. Dit hou die waterdreineering oop.

        • HesterLeyNel

          Jy sal onthou dat ons ook vroeër dae straatveërs gehad het. Nou het ons straatventers wat al hulle gemors in die stormwaterslote gooi. Ek het al fotos gewys van hoe dit hier op ons strande lyk wanneer die riviere in vloed is – die riviere is ‘n gewilde “aflaaiplek” en uiteindelik dryf al die gemors in die oseane in.

        • Ek onthou die straatveërs met hul besems en skoppies. Hier is dit nsoort van tenkwa. Hy spuit bietjie water soos hy vee. Alles gaan in die tenkwa. Dis nou n op en wakker ou man wat die ding bestuur. Paar jaar terug was dit n regte stadige ou man wat nooit eers by almal uitkom nie. Nuwe ou kom gereeld verby.

        • HesterLeyNel

          Die munisipale werkers maak van tyd tot tyd skoon, maar dit gebeur nie gereeld nie.

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: