My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Wat het jy met jou ou LP’s gedoen?

Ek het van kindsdae af ‘n groot liefde gehad vir LP’s. Hulle was verantwoordelik vir die wonderlikste oomblikke van my lewe. Waar is is al daardie LP’s nou?

Nee man, ek praat nie van die LP’s wat in die Parlement gesit het nie. Ek gee regtig nie ‘n snars om vir hulle nie. Ek praat van die langspeelplate (LP’s) wat al die musiek bevat het wat my soveel ure se plesier besorg het. Ek onthou die heel eerste LP wat my ma ooit vir my gekoop het, was een van Dave Mills – Love is a beautiful thing. Ek het ure voor die ou grammofoontjie op die naat van my rug gelê en geluister. Dis nou voordat ek LM Radio ontdek het, maar dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag.

Eintlik het my love affair met plate begin in die jare toe een van my susters my toegelaat het om na haar 78 RPM’s te luister: Pat se Boogie en Tie me kangaroo down sport. Ek dink ek het die hele huisgesin ‘n bietjie mal gehad na ‘n rukkie. Teen die tyd wat ons oud genoeg was om te kys en begin het om seven singles uit te ruil, het my beker oorgeloop van geluk. Maar dis die LP’s wat my hart gesteel het. Dit was so ‘n “oomblik” wanneer jy ‘n geliefkoosde plaat uit die oortreksel getrek het, dit liggies om die rand op die punte van jou vingers gebalanseer en op die draaitafel geplaas het. Dan was daar die mooi fyn korrel om die naald mooi tussen die groewe te plaas om tog nie die oppervlakte te krap nie.

Ek het nooit dieselfde liefde vir CD’s ontwikkel nie. Myne het ek maar baie rof hanteer, hulle gewoonlik rondgestrooi op my kar kar se matte en sitplekke terwyl ek die een na die ander ingevoer het op die Sony front loader. Dis die enigste tyd wat ek ooit na CD’s geluister het – in my kar op die lang pad. Deesdae “doen” ek You Yube as ek musiek wil hoor, want daar is nie meer tyd om op my rug rond te kuier nie.

Nou, in verband met my LP’s. Ek het myne nooit weer vervang nadat my kinders op hulle pa se aandrang frisbee gespeel het my plate nie. Daar was nogal een van Bles Bridges ook by – Ruiter van die windjie. Hyself het toe al ‘n goeie klomp CD’s in sy versameling gehad en het hulle kliphard gespeel op die Pioneer Hi-Fi, enige tyd van die dag of nag, totdat ek my vererg en op hulle gedans het. Ek meen, soos in – ek het letterlik op die CD’s gedans. Ek kan nie onthou of die ding begin het omdat hy my slaap versteur het of omdat hy op en af gespring het op my rekenaar stiffies omdat ek tot laatnag gesit en speletjies speel het nie. Wel, dit maak ook nie saak nie, die feit is dat my LP’s toe daarmee heen is. Die stiffies en die CD’s het niks oorgekom nie.

Nou wat laat my nou weer na soveel jare aan my LP’s dink? Ons het so ‘n paar dae gelede gaan eet by die strandrestaurant hier onder in ons dorp en die asbakke het my aandag getrek. Nee, ek het nie weer begin rook nie. Dis omdat ek die onderkant van een van die asbakke gesien het toe die kelnerin daarmee by ons tafel verbygeloop het.

By nadere ondersoek het ons gesien dit is ou LP’s wat met behulp van hitte gebuig is en toe vol sand gemaak is. Is dit nie ‘n wonderlike idee nie? As ek nou jare gelede hieraan gedink het, kon ek ‘n asbak gehad het met Ruiter van die Windjie onder op die bodem. Nie omdat ek rook nie. Sommer net.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

36 Comments

  1. Dit was goeie dae … my man maak mooi koffietafeltjies met ou LP’s as blad. Te oulik!

    • Comment by post author

      Hester Ley Nel

      Dis ‘n lekker idee en seker gewild ook. My seun het nog ‘n pak LP’s, maar ek wil nie meer sulke goed saamsleep nie.

  2. Wanneer ek die viniel-platespelers sien wat deesdae beskikbaar is, raak ek sommer baie hartseer oor die LP’s wat ek by die Hospice gaan aflaai het.

    • Comment by post author

      Hester Ley Nel

      Ai ja, maar dis ook nie moontlik om altyd alles saam te neem deur die lewe nie. Soms moet die herinneringe maar doen.

  3. Ek het myne vir ‘n vrou met nog ‘n platespeler gegee Sy was baie bly!

  4. Your experiences echo mine to a T. What a wonderful world of music that was: LPs, 78s, seven singles … and of course the LM Hit Parade on Sundays!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Oh and that Sunday hit parade always got me into hot water with my parents. Straight out of church and then I was listening to that “music from hell”.

      • Ha ha, daardie boosheid van LM radio is selfs in die skool ook as uit die bose genoem. Ek het ook ou Dave Mills se LP plaat gehad. My man het boeremusiek versamel. Hy het altyd vir my romantiese liedjies op band opgeneem en dan elke week n bandjie gestuur(dis toe ons nog gevry het) Die hele sitkamervloer het meestal vol gelê as hy n bandjie gemaak het.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek het al skoon vergeet van musiekkasette. Ek was nooit lief vir hulle nie, want as die band eers so begin opfrommel … Ek is baie gelukkig met musiek op You Yube (mits die internet werk) of afgelaai op my ipod, so daar het tegnologie darem vir my beter geword.

        • Daardie vrytyd met die kassette was heel romanties. Ek het dit baie geniet. My man het ook “tot middernag slaan’ se musiek opgeneem. Hy was n nagwolf omdat hy skofte gewerk het.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Daar was ‘n program “Burning the Midnight Oil”. Dit het middernag begin (net na die tweede sessie by die inry) en dan speel hulle al die romantiese liedjies wat ek deesdae “liefde is pynlik” noem.

        • Ha ha dis n lekker manier om dit te beskryf. Daardie liefdesgevoel en romanse jonger jare was iets op sy eie.

  5. Ek love ou LP’s. Het masjien gekoop om hulle te speel en op stick te sit vir bewaring. Y kinders het eendag by kerkbazaar ou LP’s gekop om bakke mee te maak. Toe ek kyk wat hulle gekoop het, is dit Marlene Dietrich- neeee! En Louis Armstrong- neeee! Toe is daar nooit bakke gemaak nie.

  6. Ons speel nou weer ons s’n. My meisiekind het vir die herlewing gesorg. Net jammer die baba Schnauzer het gedink Fleetwood Mac se Rumours album is speelgoed. 😄😉

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      O nee, hulle krap so maklik. Ek onthou my een vriendin het haar naels gedoen en per ongeluk naellak op een van haar verloofde se plate laat drup. Toe gryp sy die asetoon en maak die plaat skoon. Die gevolge was horriferend en ons het die hele dag in die winkels rondgehardloop om ‘n nuwe LP te koop. Natuurlik was dit by alle winkels uitverkoop. Daar was amper ‘n egskeiding nog voordat hulle in die huwelik bevestig kon word.

  7. My eerste seven single was van Freddy Quin. Hy het die seemansliedjies met so mooi diep stem gesing. Lekker om so terug te dink. Ek het 600 plate geehad wat ek op die einde vir n ou tannie gegee het om vir n ou oom te gee wat nog een van die regte ou boere was. Hy het veral in die versameling boeremusiek belang gestel.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Freddy. Quinn. Wow, nou het jy my ver teruggeneem. 600 plate. Liewe aarde, jy het seker jou hele inkomste op plate spandeer. Ek moet eerlik wees – boeremusiek is nie my koppie tee nie.

      • Stem saam, boeremusiek dans lekker maar om daarna te luister raak my gladnie. Ek en my man het nogal onderonsies gehad oor die boeremusiek. Hy was mal daaroor en dis sy plate nie myne gewees nie. Hy sou bv musiek kliphard in huis aansit sodat hy dit buite in die tuin kan hoor. Nou moet jy weet hoe hard dit in die huis was. Moenie waag om dit sagter te sit nie. Ek het meestal maar dorp toe gegaan of net gaan ry. Hy kon dit ook aansit en dan self ry sonder om dit af te sit. Die huwelik het met stadiums op dun ys skaats, ha ha!

      • Ek was mal op musiek wat bietjie ritme gehad het. Springbok hits is elke soveel weke /maande uitgegee en ek het nie een gemis nie. Is self nie mal oor boeremusiek nie.

  8. Ag nee wat Hester hier gebeur dit weer. Maandagaand gesels ek met my kinders oor Lp’s, seven singles en platespeelers… en die versigtige hanteer dat dit nie krap nie…. en hier kom jy nou met dié blog vorendag. Luister jy my af? My eerste plaat was ‘n seven single “Blue train.” Ek het by my pa geld geleen om ‘n platespeler te koop… en Blue train was ‘n geskenk van hom af. My dogter wou weet hoekom noem hulle dit ‘n seven single?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      John D. Loudermilk! Ek dink ons het almal op Blue Train geskommel. O ja en ‘n seven single is sewe duim in deursnee en daar is net ‘n enkele liedjie aan elke kant opgeneem. My eerste seven single was Percy Sledge – “What am I living for, if not for you-hoo-hoo”. Groot jeugliefde. Man, aanvaar dit nou maar net: “our destinies are entwined”. Mense wat in reïnkarnasie glo, sal sê dat ons oor die eeue heen in dieselfde “siele-poel” beweeg.

      • Ok ek gaan nou nie meer dat dit my uit freak dat ons so saam dink nie. The golden oldies bly tops!!! Ek kan Percy hoor sing 😊

  9. Dit was ‘n hele ander ervaring om die plaat uit die omslag te haal, jy hou hom so tussen jou handpalms en sit hom baie versigtig op die draaitafel (eers Blaupunkt maar later opgradeer na …kan nie meer onthou nie maar was nogals duur) Dan lees mens elke woord op die omslag–jy le op die mat, eers alleen, later saam met Vroukie to be, luister ons Francoise Hardy All over the world en Bee Gees Massatjoetsjits (kon dit nooit spel nie!) Lekker dae van vergange. Nou maak hulle asbakke van LPs!! Fok!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis vreeslik, is dit nie.? Maar dit neem ‘n mens darem terug met memory lane langs. Ja, destyds moes jy ‘n ordentlike hi-fi hê om in die tel te wees.

      • Ek sien nou die dag op ‘n markie ‘n ou wat die plate so buig dat dit ‘n as versterker vir selfoonmusiek dien. Werk nogal goed.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Kan jy glo. Ek het in geen jare aan plate gedink nie en tog moet daar nog duisende in omloop wees. Ons het ook ‘n pak wat my seun in JHB stoor, maar ek dink dis meesal uit die kinders se Heavy Metal dae. Hulle is glo nou geld werd.

  10. LPs het nou ‘n fad geword. Queen se greatest hits kos tans meer as R500 by Musica in viniel