My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Die feesseisoen

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Mens mag nie deesdae meer sê hêppie krismis en lekker nuwe djaar nie. Dis nie pc nie. Dis darem amper tyd vir die feesseisoen en dit maak nie saak watter tradisies jy volg of hoe on-pc jy is nie, hierdie is die tyd van die jaar wat jy beplan hoe jy die feesdae gaan deurbring.

Dus, hierdie week (30 November – 7 Desember 2017) se onderwerp: Vertel ons iets in verband met

  • jou planne vir die feesdae, of
  • jou familie se feestradisies in jou kindertyd, of
  • die tyd toe jy dit in ‘n ander land met ander tradisies gevier het, of
  • jou droom-feesvakansie wat nog moet plaasvind.

LET WEL: hierdie sal ons laaste onderwerp wees vir 2017, ter wille van diegene wat weggaan met vakansie en diegene wat harder moet werk omdat die ander met vakansie is. Ons sal verder speel na die “nuwe djaar” en die eerste onderwerp sal wees “My vakansie by die see” 👼 Dis mos die onderwerp waarmee ons altyd op skool gestraf is vir die eerste opstel van die jaar.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=752602

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

14 Comments

  1. Nie my gunsteling tyd van die jaar nie… but there is a time for everything!!

    • Comment by post author

      Ek het dit jare lank gehaat. Deesdae gaan die dae kalm by my verby en dis eintlik lekker met my seun wat ook kom kuier – ons doen so min as moontlik en eet soveel as moontlik 😄

      • Ons Suidkusseun en sy familie kom dié kersfees op. Dink dit gaan ‘n woelige kersfees wees. Maar sou nie omgegee het as hulle die see wou saambring nie. Neem aan julle sien julle seun net eenkeer ‘n jaar?

        • Comment by post author

          Nee, hy kom nogal dikwels vir ‘n langnaweek of ‘n week se kuier. Hy woon in Johannesburg en dis net omtrent 6 ure per motor. Ons gaan bly ook by hom oor wanneer ons JHB toe gaan om kliënte te sien. Dis die een in die Kaap (met die kleindogter) wat ons nie so dikwels sien nie.

        • So jy het jou eie B and B hier in Johannesburg 👍

        • Comment by post author

          Ja, maar ek skop en skree deesdae soos ‘n kind as ek moet weggaan van die huis af. My man kan nie saamreis nie en ek laat hom nie graag alleen nie, want hy is voortdurend in pyn. Dankie tog vir goeie bure.

        • Wou like druk maar ek like dit nie rêgtig nie. Geweet van jou man se knieë… en gedog dis nou uitsorteer. Nie besef hy is in pyn nie. Jammer om dit te hoor!!!

        • Comment by post author

          Hy het jare al ernstige rugprobleme. Die knieë is “bykomend”. Dan is hy natuurlik so verdomp hardkoppig en probeer dinge doen wat hom nog erger laat ly.

  2. Hier gaan oulike goed uitbroei

  3. Ai Hester, my kop is soos ‘n sif die tyd vd jaar. Moenie ophou met jou temas nie… ek gaan beslis weer lê 😊

    • Comment by post author

      Ek sal darem nog hier rond wees om te gesels oor als en nog wat, maar hierdie tyd van die jaar kan ek nie lekker by ‘n skedule hou nie. My seun kom kuier en dan gaan ons gewoonlik baie uit (lê op straat, soos sy pa sê). Saans is ons pootuit en raak ons aan die slaap voor die tv. Hou duim vas dat ons lekker weer het hierdie vakansie!