My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Jy leef net eenkeer

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Baie dankie vir die deelname aan ons vorige Lê-Jou-Eier uitdaging Vertel ‘n Spookstorie. Hierdie onderwerp het ons laat lag en / of met koue rillings gelaat.

Ek hoop dat hierdie week (23 – 30 November 2017) se onderwerp jou sal laat droom of aanmoedig om die stoute skoene aan te trek. Ek het iewers op google of facebook die boodskappie raakgelees: “Jy leef net een keer, lek die bak uit.” Daarby is ‘n fototjie van ‘n mengbak met die oorblyfsels van ‘n deeg wat duidelik gebruik is om sjokoladekoek te bak. Baie van ons is mos te ordentlik om die bak sommer so met die vinger uit te lek, selfs al is daar niemand wat afloer nie. Nou nie dat ek sodanig ordentlik is nie, maar gelukkig gaan hierdie storie nie oor my nie.

Vertel ons van ‘n droom wat jy in jou kop ronddra, iets wat jy graag wil sien, doen, beleef. Iets wat nie noodwendig die enger samelewing se goedkeuring sal wegdra nie. Iets wat sal maak dat die ou tannies hulle wenkbroue sal lig. Is ou ooms ook so besadig en te bang om die bak uit te lek?

Wees kreatief. Onthou, alles wat in blogland gebeur … bly in blogland word deur die res van die wêreld gelees.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

21 Comments

  1. Vanoggend vind ek my man in die kombuis…. kan jy glo in die kombuis; besig om muffins te bak!!! Nou my man is nie ‘n kombuismens nie…. en die vingers word gebruik om die deeg wat val mee op te tel, en af te lek. Sal ek nou tot sy ontsteltenis die bak vat en water daarin gooi. Hy wou dit nog uitlek!!! En ek word summier die kombuis verbied. Nou moet ek oor bak uitlek skryf!!!

  2. Yes! Hierdie is weer ñ opwindende uitdaging.☺☺☺!

  3. Lekker onderwerp

  4. Sal moet gaan kyk of daar n bak is wat nog n lekseltjie in het.

  5. Ek dink ‘n ander weergawe van my moet hierdie storie skryf. miskien moet ek oorgedoen word.

  6. Hester ek raak nou bekommerd, my man was alweer in die kombuis… en het weer muffins gebak. Hopenlik stop dit na hierdie week se bak uit lek skrywery. Kies asb volgende week ‘n onderwerp soos “Jou man bring vir jou ‘n pragtige bos blomme……” Die voëlnes kan doen met blomme 😊

    • Comment by post author

      Hy wou net seker maak dat hy hierdie keer ‘n bak het om uit te lek voordat jy weer water intap 😄 My man het gister vir my ‘n blom uit die tuin gebring, toe vra ek hom waaroor hy skuldig voel 😉😉

      • Hoe werk my en jou goete so saam? Begin ek nou spoke sien!!!

        • Comment by post author

          Haai oe Blommie, ek het so pas onthou dat ek vir jou nog ‘n spokerige storie wou geskryf het. Dalk kan ek hierdie reënerige dag daaraan wy.

        • Ril ek sonder dat ek eers die storie gehoor het. Aangesien jy nie buitekant in die sand kan gaan speel nie…. skryf jou storie. 😯