My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke, Travel

Op jag met die kamera

Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal

Op ons vorige besoeke aan die Oribi Gorge en die Lake Eland Natuurreservaat het ons die staproetes gevolg om die pragtige natuurtonele af te neem. Daar was ook ‘n paar fotos van die wilde diere wat ons toevallig langs die pad teëgekom het (sien fotos in hierdie blogposte):-

Jy beter suutjies trap

… en toe bid die Moslem, die Christen en die Heiden saam

Hierdie keer het ons gegaan met die spesifieke doel om die wildslewe te gaan beskou en het die aanbevole game drive / scenic route gevolg. Daar was weer elande en ‘n paar ander boksoorte wat ongelukkig te ver van die pad af was om af te neem, maar ek het in vorige blogs reeds fotos van hulle geplaas. Die outjies in die fotos hieronder was op hulle gemak en het reg langs die pad gestaan en wei.

Soos julle kan sien, is die wêreld nog sopnat en grasgroen na die onlangse reëns. Die water het oral uit die rotswande gedrup en klein watervalletjies tussen die hoë rotswande gevorm. Ook in die vinnig vloeiende rivier onder in die kom van die Gorge was daar talle watervalletjies.

Hierdie pragtige gesig het ons gesien met ons vertrek van die Gorge af met die ou pad terug na Port Shepstone toe.

Red flowering tree on the way home from the Oribi Gorge

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

22 Comments

  1. How wonderful to get out and into an area filled with such natural beauty.

  2. Reblogged this on Theo Herbots 😘 🆕 #Fotoblog 🎥 🎇 🎆 and commented:
    Wat een mooie 😱 foto’s
    Dat verdient een 💐

  3. Pragtig Ek hou van ou skewe horinkie

  4. Wat ń voorreg, Hester. Om te weet dat hierdie natuur-belewenisse so naby beskikbaar is. Jou fotos is pragtig.

  5. Lieflike foto’s

  6. Pragtige fotos, die wildebeeste met hul knorrige voorkoms en die zebras in hul pajamasuits is altyd ‘n plesier om tee te kom. En daai bokkie in die eerste foto met sy een skewe horing, lyk of transformeer na ‘n unicorn!

  7. Mooi, mooi, mooi… fotos!!! Ek wil nog eendag met daardie Zip line by Lake Eland afgaan… dink net watse pragtige fotos ek van daar af kan neem!!! Grootbek ek… sal al die pad af skreeu.

  8. lekker lees, lekker kyk blog…. lief, lief, lief!!!

  9. Baie mooi fotos – lyk my nie julle het Kruger Wildtuin nodig nie

    • Comment by post author

      Jaaaa … ek sal nie te gelukkig voel as een van die Big Five daar op die vlaktes op my afstorm nie 😊 maar daar is werklik ‘n mooi verskeidenheid van diere. Die meeste van hulle, soos byvoorbeeld die ystervarke, het ons nog nie eens gesien nie. Daar is lieflike spesies van koggelmanders en natuurlik insekte ook.

  10. Incredible beautiful photos. I love all of them. Thank You.