My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Vertel ‘n spookstorie

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Dankie vir die deelname aan ons vorige Lê-Jou-Eier uitdaging As ek maar liewer … Dit was ‘n onderwerp wat heelwat emosies ontbloot het.

Hierdie week (16 – 23 November 2017) se onderwerp is gemik op ‘n ligter toon en om ‘n bietje die lagspiere te prikkel. Die opdrag: Vertel vir ons ‘n spookstorie wat jy by ‘n ouer familielid of vriend gehoor het (of een wat jy jy uit jou duim gesuig het), wat regtig jou lagspiere geprikkel het. Let op, dit moet ‘n geloofwaardige storie wees, maar een wat ‘n mens tog met so ‘n klein knippie sout moet neem. Dit moet ‘n lekker balans hê tussen “ag, nou praat jy str@nt” en “wel … dit kòn seker gebeur het”. Die storie moet ‘n spook inhê.

Laat waai.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

31 Comments

  1. Ek kyk nie ‘n dooie dekselse ding wat my bangmaak nie…. en hier kom jy met spookstories. As jy vannag ‘n yskoue hand om jou nek voel…. dis ek wat by jou kom spook het!!!

  2. It is een van my gunstelinge!!!!! Ek het dit nog nie gaan kyk nie, maar hoop nie dit stel teleur nie.

    Snaaks genoeg, toe ek jonger was, was dit AL wat ek gekyk het. Deesdae kan ek net nie meer nie.

    • Comment by post author

      Ek hou nogal van ‘n lekker gril en Stephen King is ‘n hot favorite. Ons het pas ‘n reeks van sy audioboeke gekry (almal lank reeds vodde gelees, maar ons luister weer). Ons het gister die Tommyknockers klaar geluister en begin vandag met Duma Key.

  3. Menz dog menz is ‘n spookstorie …. menz kyk ook glad nie meer horror movies nie, die lewe is klaar erg genoeg.

  4. Ek hoef net in my spieël te kyk…😳

  5. Dit was donkermaan/volmaan…
    of
    ‘n Ysige koue loop teen my ruggraat af en my nekhare staan penorent…
    of
    Ek pluk die deur oop, maar daar is niemand…
    of
    Die ligte flikker aan en af, ‘n vloerplank kraak en ek hoor voetstappe nader kom…

    Hoe sal ons die storie(s) vertel?

    Hester, jy trek alweer stoute skoen aan…hehe.

  6. Storieklong

    Ek gaan net ‘n foto van my bankstaat plaas. As dit jou nie bangmaak nie, sal niks nie.

  7. Ek sien uit na die week se inskrywings

  8. Weet jy, Hester, ek gaan darem baie teleurgesteld wees as ek een week hier kom en jy het net ‘n ou ordinêre onderwerpie! Jy ruk ons behoorlik uit ons gemaksone uit! 🙂

  9. Dis nou nie Afrikaans nie maar ek dink jy sal dalk vir Zach onthou. Ek het nog ‘n hele paar stories om uit te grawe en af te stof vir miskien ‘n Zack bundel!
    https://ouchmybackhurts.wordpress.com/2013/02/01/zach-and-the-bains-kloof-ghost/
    (Not edited so I won’t be surprised if you find errors…)

  10. Waar is die paddatjie?