My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: As ek maar liewer …

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Dankie aan almal wat die afgelope week deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier uitdaging. Lees al die inskrywings by Sulke vriende het ek nie nodig nie. Die bloggers het saam gejuig oor goeie vriende, geskinder gesels oor vriende wat ons liewer nie meer wil ken nie en getreur oor goeie vriende waarmee ons kontak verloor het.

Hierdie week (9 – 16 November 2017) se opdrag dek ‘n wye veld. Begin jou blog met die woorde “As ek maar liewer”: blond was / my mond gehou het / in ‘n ander land gebore was / meer boeke gelees het / harder geleer het op skool … enige onderwerp is aanvaarbaar.

Vertel jou storie – hoe dink jy sou jou lewe verloop het as jy maar liewer … ?


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

1 Comment

  1. Sien uit na almal se stories.