My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Sulke vriende het ek nie nodig nie

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Dankie aan almal wat die afgelope week deelgeneem het aan die uitdaging Fluister liefdeswoordjies in Afrikaans. Hierdie onderwerp het die bloggers laat bloos, laat naels kou en baie (ek inkluis) het maar gesukkel om aan die gang te kom met ‘n blog. Tog het dit gesorg vir ‘n paar humoristiese oomblikke ook.

Wat ons nou nodig het om die ewewig te herstel, is die kans om ‘n bietjie stoom af te blaas. Ons kan tog nie altyd positief en dartelend deur die lewe gaan nie. Hoe vervelig!

Hierdie week (2 – 9 November 2017): Almal van ons het ‘n hekel aan sekere persone wat voorgee om jou beste vriend te wees, maar eintlik ‘n slang in die paradys is. Dan is daar die mooiweersvriende, die gebruikers, die albatrosse om jou nek, die persone wie se “vriendskap” ‘n gifinspuiting vir jou gemoed is. Hoe hanteer jy dit?

‘n Ligte waarskuwing: Indien jy ‘n staaltjie uit jou eie lewe vertel, pasop vir laster 😀


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

26 Comments

  1. Ek wag in spanning vir die bydraes.

  2. Hoe dan nou….. ek is altyd positief en sprankelend 😀 en nou moet ek hoor ek is vervelig!!! If only!!!

  3. Storieklong

    Ek gaan die een ook bypass want ek het nie genoeg woorde vir ‘n hele blog nie.

    Ek stel dieselfde hoë standaarde aan my vriende as wat ek aan myself stel binne die konteks van die vriendskap. I am a bit of an a-hole that way. As ek jou vang dat jy my of ons vriendskap nie respekteer nie, of dat jy vir my lieg of nie jou beloftes nakom nie, is jy uit. Jy hou eenvoudig op bestaan in my universe. As laaste eerbetoon sal ek rou oor die wat ek lewendig moes laat gaan, maar dan is dit klaar.
    Einde van persverklaring.

  4. Ek sien uit na almal se stories

  5. Hester! Die ys is dun. 😁

  6. Dis nou n lekker een. Ek het n buurvrou wat nie Afr verstaan en ook nie internet nie. Gaan haar beslis bietjie gal gee!

  7. Ai ! Ek jeuk om te vertel van twee karakters wat ek in my lewe raakgeloop het, twee rerige poepholle. Ek het hulle name en vanne so bietjie geskommel dan vertel die resultaat watter soort poepholle hulle eintlik is. Maar as ek dit nou hier in die oopte vertel mag dit dalk openbaar raak. Dus onderdruk ek maar die jeukerigheid.