Dankie aan almal wat die afgelope week deelgeneem het aan die uitdaging As Afrikaans sou uitsterf … Dit is duidelik uit die reaksie dat Afrikaanse bloggers sterk voel oor hulle taal.
Soos julle teen hierdie tyd weet, is ek ‘n kommentaar-boer. Dit beteken dat ek by alle blogs wat ek aandoen ook die kommentaar lees (en daarop kommentaar lewer) en dan ontdek ek die juweeltjies wat dikwels aanleiding gee tot die onderwerp vir die volgende week se Lê-Jou-Eier uitdaging. Dis toe nou op Poerdezmerdez se blogpos wat ek hierdie week afkom op die interessante mening dat seks in Afrikaans nie werk nie, veral nie in stories nie: “Dis een van die dinge wat ons skrywers van die wêreldliterêre lys weghou. As die seks nie werk nie werk die boek nie.” Nè, Rondomtaliedraai?
Hierdie week (26 Oktober – 2 November 2017) se opdrag: Kyk mooi na die foto hieronder van die hottentotsgot (bidsprinkaan) genaamd Hot Lady wat aan ‘n soetigheidjie sit en suie. Daar is ‘n ernstige gesprek aan die gang wat ek nou hier gaan aanhaal: skryf Hot Lady se antwoord en hierdie storie klaar (minimum 100 woorde).
Mens (selfvoldaan): “Hot Lady, jy het ‘n lekker soettand, nè? Dis ook die enigste rede waarom jy hier by my kom kuier, net agter die jêm aan.”
Hot Lady: “Ja, so ‘n ou jêmpie is lekker, maar dit gee my ook krag vir wat voorlê.”
Mens (bekommerd): “Watter swarigheid voorsien jy dan nou in jou toekoms?”
Hot Lady: “Maar jy weet mos dis hierdie tyd van die jaar wat ek ‘n mannetjie moet aankeer om my eiers te bevrug! Vanaand is die aand wat ek moet sterk wees en al my oorredingskrag moet inspan om ‘n mannetjie te laat sterf tot voordeel van ons nageslag.”
Mens (ongelowig): “Nou hoe op aarde ‘oorreed’ jy ‘n man om te sterf vir ‘n nageslag wat hy nooit eens gaan ken nie?”
Hot Lady: “Maklik. Jy hou hom teer vas en net voordat jy sy koppie begin afkou, fluister jy soetjies in sy oor: Liefling, … “
Hier is ‘n interessante artikel oor die sekslewe van hottentotsgotte, net vir inspirasie.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Kameel
Oh my soul!!!!
HesterLeyNel
In Afrikaans Kameel, in Afrikaans! Bwahaha. Ek dink hier gaan ‘n paar ouens my stenig.
Kameel
Hester waar de swernoot moet ek liefdeswoorde uitgrawe as ek net “Ek is lief vir jou”, ken?
HesterLeyNel
Dis ‘n baie goeie begin, want jy kan dit op soveel maniere sê: “Ek is lief vir jou met my hele hart en gemoed, ek is liewer vir jou as vir roosterbrood en peanut butter, my liefde vir jou strek van my haarkroontjie tot by my kleintoontjie … en dan hou jy aan totdat jy 100 woorde bymekaar het. Vra jou kinders om te help 🙂
Kameel
Jy laat my lag. Ek dink jy het ‘n romantieser man as ek. Met ons eerste soen het myne vir my gesê my neusgate is groot. Toe moes ek geweet het romanse is nie deel van die man se “make up” nie.
HesterLeyNel
Haha, ek sou sy tong gebyt het sodat hy kon leer om homself te gedra!
Kameel
Sommer sy kop afgebyt het soos die lieftallige hottentotsgod waaroor ons moet skryf. Dan was dit finish en klaar!!!
HesterLeyNel
Jy sou lang trane gehuil het agterna 😨
travel460
Hierdie gaan inderdaad interessante gevolge hê!
HesterLeyNel
Sê jy nou vir my!
travel460
My eerste vraag, asb Hester. Net om seker te maak ek verstaan korrek. Sy begin aan hom vreet gedurende die seksdaad, nie na die tyd nie? Gedurende…? Hierdie is ñ bitterlike belangrike feit.☺
HesterLeyNel
Gedurende, volgens wat ek verstaan van die artikel wat ek aangeheg het (kyk die skakel is onder die foto). Lekker gross, nè? 😄
travel460
Maar ‘gedurende’ is darem effens meer gevoelvol as ‘na die tyd.’ Kyk, ons gaan lekker lag! Ek hoop die manne neem ook deel, wil baie graag hul stories lees.
HesterLeyNel
Ek hoop beslis hulle gaan daar wees om hule gevoelens uit te stort 🙂
Toortsie
Nou raak jy rof! Moet ons sowaar nou hygromans begin skryf?
HesterLeyNel
Ja, of jy kan net hyg of net romanties wees. Jou keuse. 😄
Toortsie
Op skrif, sê jy.
HesterLeyNel
As jy liewer ‘n podcast wil doen is dit ook okei, dan kan ons die passie eerstehands hoor 🙂
Toortsie
Ek bly eerder doodstil.
HesterLeyNel
Chicken!
Toortsie
Kêkêkêkêkêêê
HesterLeyNel
😄
lekkervurig
O, gattapatata…hier kom ‘n ding😉🤐
HesterLeyNel
Ek vryf my hande van pure lekkerkry oor wat kom.
wegkruipertjie
O my grote genade HKGK sien ek
HesterLeyNel
haha 🙂
rondomtaliedraai
Hehehehehe hier kom ‘n ding Ek wonder hoeveel gaan waag ..
HesterLeyNel
Ek gaan die chickenrun doen vir die banges 😄
Abrie Joubert
Ek dink nie ek is al 18 🔞 nie…
Abrie Joubert
🐔🐔
HesterLeyNel
🎵 Ek is ‘n dapper 🐀 kyk hoe stap ek deur die huis 🎵
Abrie Joubert
O gaats
HesterLeyNel
👼
perdebytjie
Sjoe,ek kannie wag om te sien wat almal OPtower nie😄
HesterLeyNel
Of dalk gaan almal hoofpyn kry en hulleself verskoon 👼
perdebytjie
Hahaa..skerp…jy steek nou ‘n seerpunt raak!
scrapydo2.wordpress.com
Ja/nee hier kom n ding. Tussen jou en Kameel gaan jul daardie mannetjie dalk nog n langer rukkie laat lewe as wat hy kon dink. So met n half afgekoude kop en bene sal hy nog genoeg kans hê om te ontsnap dalk!
HesterLeyNel
Altyd die optimis! 😄
Eveline Lenderink
Ik doe ook een duit in het zakje.
https://m.youtube.com/watch?v=cA16bv58Z7o
HesterLeyNel
Ag en wat ‘n wonderlike bydrae. Dis ‘n pragtige liedjie. Die lirieke is geskryf deur Johannes Kerkorrel, maar ek hou van hierdie weergawe van Amanda Strydom. Dankie Eveline.
Rob Alberts
Teveel is het hersenloze seksleven van mannen in het nieuws dezer dagen.
Reageren laat ik dus maar even achterwege …..
Vriendelijke groet,
HesterLeyNel
Ek neem jou nie kwalik nie 😀
aj vosse
Sies… julle vroumens geslag is wreed! Julle vreet ons stuk-stuk op!
Nee kyk… Afrikaans is nie ‘n vry taal nie. As ek sou voostel…
“Kom hier jou lekker ding, ek wil ‘n bietjie gemeenskap deel…”
Ek dink daar is nie ‘n vrou in die wereld wat nie sal hardloop nie!! 😉
HesterLeyNel
You just killed the romance!