My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: As Afrikaans sou uitsterf …

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

… wat sou jy die meeste mis? Dit is die onderwerp van hierdie week (19 – 26 Oktober 2017) se Lê-Jou-Eier uitdaging, wat deur Toortsie opgehaal is in een van hierdie week se blogs. Kom ons val in en skryf ons eie blogs hieroor.

Dink ‘n bietjie na: watter deel van jou lewe verkies jy om uitsluitlik in Afrikaans te beleef (sportuitsendings, musiek, kerk, werk, vry, droom)? As hierdie taal sou verdwyn, watter deel van jou lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie?

Ek gaan hierdie week se uitdaging weer ‘n bietjie vroeër bekend maak, want besigheid meng weer in met plesier – ons moet Donderdagoggend vroeg ‘n vlug haal Johannesburg toe en sal Saterdagmiddag laat eers terug wees. Die uitdaging open egter vir skakeling op InLinkz op Donderdag 19 Oktober om 12:00.

Vir hierdie uitdaging (en sommer vir toekomstige uitdagings ook), gebruik die hutstekens (hashtags) #Afrikaans en #onmisbaar as ‘n WordPress Category of Tag.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

3 Comments

  1. Ek sien uit na die skrywes . Julle moet veilig reis Vat maar ‘n truitjie saam Gister was dit 34 grade en nou sit ek in my wintersjapon