My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Wat is jou superpower?

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Die onderwerp vir hierdie week (5 – 12 Oktober 2017): Vertel ons iets oor jou unieke superpower. Ek kon nie ‘n lekker Afrikaanse woord hiervoor kry nie. Gee maar sommer ‘n vertaling as jy kan, maar hier is die definisie – dis die vermoë om iets te doen of op ‘n bepaalde manier op te tree, op so ‘n manier dat dit die gedrag van ander of die verloop van gebeure beïnvloed.

Elke persoon het iets wat hy / sy goed doen: braai, handwerk, musiek maak, onthaal, visvang – jy hoef nou nie regtig Superman, Spiderman of Die Skim te wees nie. Wie onthou nog die strokiesprent Die Skim? (pasop nou, jy gaan jou ouderdom weggee 😀 ). Vertel ons van jou besondere talent, of, as jy lus het, vertel ons watter superpower jy graag sou wou hê en hoekom.

Net om jou bietjie te help of sommer vir die lekkerte daarvan, kyk na hierdie skakels:

25 Superpowers You Wish You Had

en

25 Superpowers That Would Actually Be Super Inconvenient


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

12 Comments

  1. Storieklong

    Ek kan verskeie mense gelyktydig hopitty fok die moer in maak vir my. Tel dit as superpower?

  2. Hier gaan lekker stories uitbroei

  3. Ai toggie, jy gaan dat ek ‘n brain short kry – maar miskien probeer ek weer…. ek was verlief op die SKIM 🙈🙉 en ek is tog nog jonk…

    • Comment by post author

      Geredde uit my spambox vandag. Jammer ek het so so lank daar laat lê. Haai, ek het gedog Die Skim het so lank terug al in die vergetelheid verdwyn dat almal jonger as ek hom nie meer sou onthou nie.

  4. Reg so

  5. LienksDeBeerkie

    Ha ha dis n goeie een, my super power is dat ek verskriklik produktief kan lyk, terwyl ek heel rustig sit en relax.

  6. Oh dis defnitief my super power om ‘n stukkende toilet by die mall te spot !! Of ‘n gebreekte plastiese stoel by die braai 😀