My vreugdes en frustrasies

My eiers

Lê-Jou-Eier: Groente het ook gevoelens

Are you okay?

Ons betuig medelye met die ellende wat groentes ly

Eerstens moet ek mooi om verskoning te vra dat ek die afgelope week soms “weggeraak” het en nie altyd beskikbaar was om te help met die InLinkz-skakels nie. Werk het ingemeng met plesier, maar eind goed, alles goed en die werkskedule is nou weer min of meer onder beheer.

Tweedens, ek is seker julle het al gaan kyk na die uitslae van ons “kompetisie”, maar ek wil darem sê: dankie vir die saamspeel. Daar is nie soveel stemme uitgebring soos waarvoor ek gehoop het nie, maar die InlinkZ-skakels is tog druk besoek en gebruik om die blogposte direk op die bloggers se webblaaie te gaan lees. Ons kry elke week meer besoekers en ek hoop dat nog meer mense gaan besluit om ook deel te neem aan die weeklikse uitdagings. Ek geniet die inskrywings en die kommentaar daarop terdeë en hoop julle voel dieselfde.

Baie geluk aan ons wenners:

  1. Lekkervurigeaffêre wat berig het oor die aaklige moord op Koos Komkommer
  2. Bali Drome wat protes aangeteken het oor die landswette wat nie die regte van Groente beskerm nie
  3. Kameel wat ons ‘n kykie gegee het in die skool waar jong groentes voorberei word vir die doel waarvoor hulle op aarde geplaas word – om geëet te word!

Soos belowe, het ek die oorspronklike prentjie met sy byskrif hierbo geplaas. Hieruit kan julle aflei dat ons gesin reeds etlike jare lank medelye het met groentes wat swak behandel word deur die menseras. Opgesny, lewendig gekook, vir jare lank ingelê saam met pynigende middels soos asyn en mosterd, soms weggegooi of gebruik in die maak van tuinkompos – dit kan nie ‘n lekker lewe wees nie. Kyk net hoe ongelukkig lyk die peper hieronder:

Peppers

We live in a cut-throat society

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

21 Comments

  1. Ek het klaar medelye met die diere wat geslag word sodat ons kan eet…. nou begin ek sommer jammer voel vir die groente ook.
    Bly die druk is nou ‘n bietjie af van jou, en dinge keer terug na normaal…. wat normaal ookal beteken. Jou seun kuier nog? My seun in die Kaap sê dit is koud daar…. wonder wat hou dit dan vir ons in.

  2. Geluk aan die wenners. Ek het ieder en elk geniet.

  3. Hester, hierdie was ń groot lekkerte! Jy ‘rek’ ons verbeeldings behoorlik. Klaar weer besig om aan jou nuwe opdrag te dink.🤗Dankie vir die ekstra tyd wat jy hieraan spandeer, maar ek weet dit is vir jou ook groot pret.

  4. O, en geniet jou kind se kuier!

  5. Toevallig het ek vir die 3 wenners gestem (nie vir myself gestem nie). Hoop nie ek is enigste wat gestem het nie 😀

    • Comment by post author

      Nee, darem nie 😀 Ek het ook al drie my stemme gebruik vir ander en daar het ander stemme ook deurgekom. Kameel het genoem dat sy ‘n probleem gehad het om te stem van haar selfoon af en haar laptop moes gebruik. Dit kan dus ‘n tegnologie probleem wees.

  6. Ekskuus! Ek wou nog gaan stem, maar hierdie week het ook onder my vingers deurgegly. Hartlik geluk aan die wenners! Julle verdien dit!
    Lekkervurig, toe ek joune gelees het, het ek al gevoel dis die weninskrywing.
    Mooi so! 😁

  7. Die uwe “doen” glad nie meer spertye nie…gevolglik het ek nou ‘n hele klomp pret misgeloop!

  8. Hallooo!Ek span uit in die Camdeboo. Die wind het die tegnologie seine weggewaai. Baie dankie Abrie en kie! I is humbled and inspired.

  9. Aag lekerrr … ek het dit ook geniet maar gaan rerig probeer bybly met die volgende een.
    Geluk aan die wenners asook dankie jou moeite Hester.