My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Bring jou stem uit vir groente

Ons het ‘n paar lekkerlees inskrywings vir ons kompetisie ontvang en dis amper tyd om ons stem(me) uit te bring. Die “stemlokaal” open op Woensdag, 20 September om 12:00 en is oop vir almal wat die blogs lees, nie net vir die deelnemers nie. Alle stemme moet uitgebring word voor 12:00 Donderdag 21 September 2017.

Om die blogposte te lees en/of jou stem uit te bring, klik op die blou paddatjie hieronder:

 

(of as jy bang is vir paddas, volg hierdie skakel).

Elke thumbnail op die InLinkz bladsy is ‘n skakel wat na die spesifieke blogpos lei sodat jy kan gaan lees.

STEM SO: Op die thumbnail van die inskrywing waarvoor jy wil stem, sal daar ‘n grys hartjie wys. Om te stem, klik op die hartjie, wat dan sal rooi word. Stem net een keer per inskrywing, maar onthou jy het drie stemme, wat beteken jy kan vir drie inskrywings stem. Ek is seker InLinkz sal bloggers toelaat om vir hulle eie inskrywing te stem (😜) Belangrik: Let daarop dat vir elke unieke IP adres net drie stemme uitgebring kan word.

Om 12:00 op Donderdag, 21 September wanneer die kompetisie sluit, sal die drie inskrywings wat die meeste stemme gekry het deur InLinkz vertoon word – die aantal stemme vir elkeen van daardie drie inskrywings sal onder die thumbnails te sien wees.

Lekker lees en stem betyds!

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

14 Comments

  1. En Hester waar is jou bydrae en nee ek praat nie van die administrasie hiervan nie. En nee dis nie verskoning dat jy die byskrif na die tyd gaan wys nie en dat jy te persoonlik betrokke hierby is nie en en en …! Dankie Hester sien uit na jou bydrae. Ek stel voor jy post dit in belang van die demokrasie voor more 12:00.

  2. Ooooo jammer ek gaan nie stem nie want dan raak di8t ‘n kompetisie Soms mis mens iemand en dalk verdien die persoon ‘n stem… jammer hoor!

    • Comment by post author

      Jy kan nie iemand mis as jy die skakel volg nie en hierdie is wel ‘n kompetisie, maar net vir die pret (soos ‘n sakresies). Maar dis ok, as jy nie gemaklik is daarmee nie, gaan niemand jou kwalik neem nie. Jy kan deelneem deur vir die “wenners” hande te klap 😀

  3. Ek is mos rigtingbeduiweld op pad en op blogland. Het gaan kyk maar sien nêrens ‘n hartjie nie. Dit is mos Woensdag…. en dit is al na twaalf nie?