My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Verskaf ‘n byskrif

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Skorsie

Soos julle kan sien, word die onderwerp vir hierdie week een hele dag voordat die uitdaging begin, reeds bekend gemaak. Die rede hiervoor is dat ek vandag na Johannesburg moet vertrek vir ‘n vergadering wat gister eers gereël is; ek kom Vrydag eers weer terug. Dit gee almal darem ‘n dag langer om te dink oor die onderwerp.

Oukei, hierdie week gaan ons ‘n bietjie pret hê. Ons gaan ‘n kompetisie hou om te kyk wie die oulikste byskrif kan uitdink vir die foto wat hierbo geplaas is. Natuurlik moet daar ‘n storietjie saam met die byskrif gaan, want ons wil darem iets hê om te lees ook. Ons gaan stem vir die beste byskrif en meegaande storie.

Wat kry die wenner? Gelukwense vanaf mede-bloggers en lesers natuurlik! Wat het jy nou weer verwag – ‘n Lamborghini? InLinkz gaan die stemmery vir ons elektronies hanteer (mits ek die instruksies reg gevolg en die set-up reg gedoen het 😰 hierdie is my eerste probeerslag). Maak ook nie saak nie, dit gaan pret wees en dis waaroor dit gaan.

Hier is die reëls:

  1. Plaas asseblief net een byskrif (met sy storietjie) in elke blogpos. Bloggers mag natuurlik meer inskrywings plaas as wat hulle wil, maar onthou die reël: een byskrif per blogpos.
  2. Die uitdaging open, soos gewoonlik, om 12:00 Donderdag (dit sal die 14de September wees) en alle skakels kan na hierdie dag en datum bygevoeg word.
  3. Alle bydraes moet klaar gekoppel wees om 12:00 Woensdag (op die 20ste September). Let op na hierdie datum, want die tydperk waarin jy blogs kan koppel, sluit een dag vroëer as gewoonlik en laat inskrywings sal ongelukkig nie in aanmerking kom vir die kompetisie nie.
  4. Vanaf 12:00 Woensdag 21 September, kan jy op Inlinkz gaan stem vir die byskrifte waarvan jy die meeste hou. Lesers kry net 24 uur om te stem, vanaf 12:00 Woensdag tot 12:00 Donderdag. Elke leser met ‘n unieke IP adres kry drie stemme. Die “stemlokaal” (😜) is oop vir almal wat die blogs lees, nie net vir die deelnemers nie; maak dus seker dat vriende en familie kennis dra van die kompetisie – bemark en wen stemme! STEM SO: Op die thumbnail van die inskrywing waarvoor jy wil stem, sal daar ‘n grys hartjie wys. Om te stem, klik op die hartjie, wat dan sal rooi word. Stem net een keer per inskrywing, maar onthou jy het drie stemme, wat beteken jy kan vir drie inskrywings stem. Ek is seker InLinkz sal jou toelaat om vir jou eie inskrywing te stem. Belangrik: Let daarop dat elke IP adres net drie stemme mag uitbring.
  5. Op Donderdag, 21 September na 12:00 wanneer die kompetisie gesluit het, sal die drie inskrywings wat die meeste stemme gekry het deur InLinkz vertoon word – julle sal die aantal stemme vir elkeen van daardie drie inskrywings onder die thumbnails kan sien (mits ek die instruksies reg gevolg en die set-up reg gedoen het 😰 ).

Klink dit lekker? Laat waai met die inskrywings.

Ns. Ons het baie jare gelede die foto geneem vir bemarking van ons eerste webtuiste. Wanneer die kompetisie gesluit het, sal ek vir julle die foto wys met sy oorspronklike byskrif.


Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

27 Comments

  1. Hester, jy gee net regtig kleur aan hierdie eierlêery! 😀

  2. Toortsie – hierdie kiekie is in Bantingland geneem….

  3. Hester, dankie dat behalwe breinbuige, jy nou my brein laat rek en strek na verre verbeelplekke. Dankie Mev. Inspirasie. Reis veilig.

    • Comment by post author

      O dankie vir die kompliment. Ek kan voel hoe groei my kop. Ook maar goed ons leef nie meer in die dae van die kerkhoed nie. Haha. Jy het geen idee hoeveel plesier ek daaruit kry as julle almal so saamspeel nie.

  4. Blog Andrew

    😀 Hester please, you JUST have to tell me why that pepper has a face on it and is looking at grated lettuce?

    • Comment by post author

      Haha, we are having a competition for Afrikaans bloggers. To participate, they must think of a caption for the photo, backed up by a short story. We run a blogging challenge every week.

  5. Blog Andrew

    🙂 It made me smile.

  6. Myne is geskryf, ek wonder net of ek dit die slag reg gaan plaas. Sorry Hester xx

  7. Veilig reis

  8. Ek is klaar lank Hester… jy laat my nog hoër strek. Sê net vir my wat is dit wat daar gerasper lê. Lyk na komkommer en blaarslaai…. reg?

    • Comment by post author

      Nee, ek dink ons was besig om groentesop te kook en het sommer die yskas leeggemaak. Daar was definitief baby marrows, patty pans en peppers (geen idee wat dit in Afrikaans is nie en is nou te moeg om te gaan soek) betrokke.

      • Dus is dit julle wat so oulik was met die mannetjie!!! Lekker slaap en hoop jy is môre weer dood dollies.

  9. Geeftag vurige nig het die dwarslat baie hoog gestel met haar moordverhaal. Ek kry nie aan iets oorspronklik en sinvol dink nie!!

    En terwyl bostaande tik kry ek ‘n idee (geniune) wat baie skaafwerk nodig het…

  10. Mmmm… ‘n byskrif?

    Eina! My Rug is SEER!!
    of,
    So koel soos ‘n stunnende Komkommer!
    of,
    My Rasper het Haaitanne!
    of,
    OK, ok… ek vlokkie weg!!
    🏝️🤪😂🏝️🤪😂