My vreugdes en frustrasies

My eiers

Lê-Jou-Eier: My grafskrif

Alhoewel ek nou vir myself die mooi grafsteen en grafskrif hierbo ontwerp het, weet my familie dat ek veras moet word. Druk my in ‘n diep, donker, koue gat in en ek sal heelwat daaroor te sê hê wanneer ons mekaar weer raakloop. Nee, strooi maar my as daar waar die son lekker warm skyn. Moenie my asse laat koud kry nie. Enniehoe, hierdie storie word nou vooruitgeloop; dit gaan nie oor my oorblyfsels nie, maar oor die bewoording vir my grafskrif en die redes daarvoor.

Hoekom het ek hierdie bewoording gekies?

Want (ja, ek weet dis swak taalgebruik om ‘n sin so te begin), ek leef in die oortuiging dat ‘n mens aangebore karaktertrekke het wat jy nie kan afgooi, uitsny of verbloem nie. Jy is wat jy is. Sommige karaktertrekke is goed en sommige ietwat ongewens. Ons moet net onthou dat niemand ooit met slegte maniere gebore word nie.

Omdat (ja ek weet dis swak taalgebruik om ‘n sin so te begin) streef ek werklik daarna om ‘n “beter” persoon te wees, maar soms word ek gepootjie deur my ongeduld, die feit dat ek nie ‘n wag voor my mond het nie en dan nog ‘n oorgeërfde dwartrekkerige streep ook het. Aan die ander kant is ek nie haatdraend, veroordelend of liefdeloos nie. Ek probeer en dis wat belangrik is, hoewel ek soms klaaglik misluk.

Die grafskrif is dus gebaseer op die weegskaal van “Ek probeer” en “Ek kry dit nie altyd reg nie”, want ek is wat ek is. Dis my gene. Dis my erfdeel. Dis ‘n dêmmitse goeie verskoning ook.

Ns. Ek het daaraan gedink om soos Bart Nel te sê: Ek is Hester Nel van toe af, en ek is nog sy (met verskoning aan J Melle). Sou dit nie ‘n paslike beskrywing van my gewees het nie? Dit sou, nè? Nè?! Toe dog ek die “ek is nog sy” gedeelte mag dalk nie heeltemal toepaslik wees nie, want daar is darem ‘n verskil tussen ‘n lyf en ‘n handvol as.


Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

46 Comments

  1. Ek hou van jou grafskrif. Ek probeer en ek kry dit nie altyd reg nie. Dit vat ń leeftyd se leef en wees mooi saam. Die swak taalgebruik… Want. Maar. Omdat. En. My skrywes het hulle oral in. Dit is soos ‘ok’. Daar kom ñ nuwe ritme in ń sin tevoorskyn met hierdie swak ‘beginne’. Dis hoe ons praat. Swak of te nie.

  2. Oeee… daai wag voor die mond!! Myne gaan altyd, net soos daardie mense in die regeringsgeboue, op “lunch” as ek hom die nodigste het!

  3. Gewag vir hierdie een….. kort en kragtig Hester. Ek verduidelik mos ‘n ding vanaf Pretoria tot in die Kaap sê my man, dus sal so ‘n klein grafsteen nie vir my werk nie.

  4. Dis iets van die blog wereld wat ek geniet. Die persoonlikhede wat deurslaan in die skryfstyl. Juis wanneer ons die reels breek.

  5. Ek stem Mens verloor nie regtig jou persoonlikheid as jy oud is nie

  6. Almal lyk ernstig… myne is geskryf net nog nie gepublish nie, dit is hierdie eier ding wat pla, ek wil als weereens mooi gaan bekyk as ek more by my kantoor instap. Miskien kry ek dit reg. Hester jou grafskrif is perfek. X

    • Comment by post author

      Dankie 🙂 Ek hoop jy kom reg met die paddatjie.

    • Kleur die stukkie by Hester in, regskliek, copy.
      Gaan na jou bloginskrywing, regskliek, paste.
      Net dit.

      • ek doen so maar dit is die padda ding waarmee ek sukkel? 🙁

        • Verskyn dit dan op jou blog?

        • As ek op die add link knoppie druk doen ek als, maar die tumbnail sê “no tumbnail” daarsonder laai dit nie? Damn ek is blonde.

        • 1. Kliek op jou eie bloginskrywing. Die een wat jy wil link.
          2. Kleur die adreslyn of url in
          3 regskliek en copy
          4 kliek op paddatjie
          5 add link
          6 in boonste blokkie wat oopmaak,?regskliek en paste

        • Dankie Toorts – ek het dit reggekry – dink ek dit, ek sal nou kyk of ek die volgende uitdaging reg sal kry, sonder Hester se help.

        • Oulik! 😁

        • Comment by post author

          Nee nog nie reg nie, sorry man. Jy het per ongeluk gelink na my blog (die een wat die onderwerp aangekondig het). Ek het vanoggend gou die link vir jou opgesit, want ek is bang dit gaan vergete bly en ek moet môre Johannesburg toe vlieg vir ‘n vergadering wat vandag eers geskeduleer is. Kom eers Vrydag weer terug. So moenie nou verder stres nie, ons kyk volgende week weer.

        • Dankie Hester – geniet jou tydjie in Sodom en Gomora, dit is baie warm hier. Ek gaan dit nog regkry, ek lag nou kliphard vir myself 😶🤗❤

        • Comment by post author

          Dankie dat jy help Toorts. Elanè het die skakel-vormpie korrek ingevul, behalwe vir die verkeerde URL wat sy gebruik het. Ek het die link sommer namens haar gedoen (sien my antwoord aan haar hier onder).

        • Comment by post author

          Ek is jammer jy het so gesukkel en ek was nie hier om te help nie. Ons het ‘n kliënt gaan sien en het eers na eenuur teruggekom. Ek het hierbo vir jou en Toorts verduidelik dat jy die verkeerde URL-link gebruik het. Jy moes die link van jou eie blog gebruik het – dit lyk so https://elanseblok.wordpress.com/2017/09/10/le-jou-eier-grafskrif/. Jy kan dit net sien wanneer jy jou eie blog oopmaak asof jy dit wil lees (dit beteken, nie in edit mode nie).

        • Blonde hierdie een, blonde verby dankie vir jou help Hester.

  7. My oudste suster se onderwyser het haar glo amper afgeslag nadat sy in ‘n opstel geskryf het dat iets haar gepuzzeleerd gelaat het.
    Ek is nie heeltemal oortuig van die konsep so gemaak en so gelaat staan nie, maat dit is wel so dat ‘n mense se gene nie verander al verander die denke

    • Comment by post author

      Gepuzzeleerd! Whaha, dis kreatief. Natuurlik kan ‘n mens van denke en oortuiging verander Abrie, vrouens doen dit ‘n hele paar keer per dag. Wat nie verander nie is daardie diep ingewortelde karaktertrekke. ‘n Introvert gaan nooit verander in ‘n ekstrovert nie, ‘n opvlieënde humeur lê altyd vlak onder die oppervlakte, ‘n optimis / pessimis swaai nie oor na die ander end van die skaal nie en ‘n pateet bly ‘n pateet. Die verskil word gemaak daar waar ons leer om in te pas by ons omgewing en beheer uit te oefen oor ons basiese instinkte.

      • Jy het dit hier baie mooi gestel. Ek stem saam, mens kan werk aan jou introvert-geit maar n introvert sal jy diep binne bly!

  8. Ek hou van die so gemaak en gelaat staan.

  9. Ai, ja, ja. My brein wil nie werk nie. Dis n baie morbiede onderwerp en tog interessant. Jy verduidelik mooi saam met omdat ook.

  10. Hester het ek my eier-ding die slag reggedoen? Ek het als gecopy en gepaste???

  11. Ek wil ook veras word en soek nie ‘n grafsteen nie. Ek het drie digbundels uitgebring en daar-in alklaar is genoeg oor my. EN natuurlik is daar my blog. So my grafsteen is ‘gecover’. EN my as, wel gooi dit in ‘n asblik, ek is mos dan nie meer daar nie.