My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o

Male Masked African Weaver with bright yellow feathers

Male Masked African Weaver with bright yellow feathers

Ek skryf elke jaar oor lentedag (kyk maar na my vorige inskrywings by die skakels hier onder) en elke jaar raak ek meer en meer oortuig daarvan dat 1 September elke jaar die koudste, mislikste dag van die jaar is.

2015: Dis heerlike lente, die winter’s verby

2016: ‘n Soete Lentedag

Hierdie jaar gaan ek vroegoggend die beginsel van “the power of positive thinking” toepas en kyk of my lentedag 2017 nie dalkies net heerlike op-die-strand-loop weer gaan bring nie. Ek gaan nié weer weeklaag en kerm nie. Dus, sonder verdere omhaal gaan ek fotos plaas van hoe ek met volle verwagting daarna uitsien dat my EN jou lentedag sal vertoon. Hierdie is my gunstelingkleure (helder geel, diep oranje, skreeu-rooi), die kleure van die son. Alle fotos spesiaal vir ons geneem, hier in ons kontrei, deur my gunsteling fotograaf. Dankie Karen.

 

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

19 Comments

  1. Ek is vrolik saam met jou. My toonnaels is bloeiselpienk geverf, ho-la-dri-o-ha…

  2. Hierdie is voorwaar die manier om ń lentedag te begin, Hester. Met die mooiste van rooi kleure. Geniet jou strand-stappery, sommer vir my part ook!

  3. Dit lyk vir die eerste keer in jare of ons lentedag hier op Bredasdorp n lentedag ipv n koue triestige winterdag gaan wees. Hoop joune is ook!

  4. Did nogal nie te sleg hier in Gauteng nie. Ek het ‘n vrolike blommerok (kortmou) en sandale aan (met vreeslike wit bene wat uitsteek) en gister het ek …. my hare pienk gaan kleur. Nuwe seisoen, nuwe begin, ek kan nie wag nie

    • Comment by post author

      Dis die regte houding! Baie mense verwys na lente as die seisoen van vernuwing. Pienk hare klink na ‘n goeie begin. Ek hoop jy geniet jou lentedag en die res van die seisoen.

  5. Hier is dit mooiweer en warm.
    Ons het op skool die 1ste Sept. na somersdrag oorgeskakel en dit was klokslag bitter koud. My pa het gese as die skoolhoof se dis lente, dan IS dit lente.

  6. Fabulous plants! Thank you, dear Herster!

  7. Pragtige blomme… hier het die dag mooi uitgedraai!

  8. Sjoe die blomme is pragtig!