My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Die oorsprong van hierdie week se onderwerp vir ons Lê-Jou-Eier uitdaging lê in ‘n blogpos Ons Taal, geskryf deur Trommeltjie, wat my oog gevang het. Sy het dit gehad oor idiome en slagspreuke in Afrikaans wat in onbruik verval, omdat dit nie meer deel van die voorgeskrewe sillabus in Afrikaanse skole is nie. As jy nog nie hierdie blogpos gelees het nie, doen dit sommer nou en kyk ook na die kommentare wat ander bloggers daar gelaat het oor beskikbare boeke en taalhulpmiddels.

Die opdrag vir hierdie week (24 tot 31 Augustus 2017):

Dink ‘n bietjie oor die ryk idiomatiese taalgebruik wat besig is om verlore te gaan. Hier is ‘n paar riglyne wat jy kan gebruik om jou eie bydrae te skryf:

  1. Skryf oor een (of meer) uitdrukking/s wat in onbruik verval het en wat jy graag in die taal behoue wil sien. Verduidelik ook die oorsprong daarvan; of
  2. Vertel ons van ‘n besondere uitdrukking wat in jou gesin en familie gebruik word en wat jy reken in die taal opgeneem behoort te word; of
  3. Doen oplossings aan die hand – gee raad oor hoe ons hierdie taalgebruik lewendig kan hou; of
  4. Vertel ons waarom jy meen dat “ou uitgediende” idiome laat vaar kan word om plek te maak vir nuwe taalgebruik; of
  5. Skryf oor ‘n kombinasie van die vorige vier keuses.

Onthou, as jy dalk onderwerpe in gedagte het wat ons in die toekoms kan gebruik, noem dit in die kommentaar op hierdie blog. Intussen loop ek rond oor julle blogs en gaan leen julle idees – wees gewaarsku!

Daar was bloggers wat gevra het of dit verpligtend is om elke week ‘n blogpos te doen as jy hier wil saamspeel. Die antwoord is NEE, ons besef dat nie almal elke week die tyd of die lus het om so ‘n tipe pos te skryf nie, of dalk nie belangstel in die week se voorgestelde onderwerp nie. Speel saam wanneer jy kan. Ek sal die reëls gaan opdateer.

Lekker blog!


Voeg asseblief die volgende paragraaf by onderaan jou blog (copy & paste) voordat jy jou blog publiseer soos gewoonlik. Wanneer jou blog klaar gepubliseer is, maak dit oop soos wat jy enige blog oopmaak om te lees (m.a.w. nie in edit/wysig mode nie) en kliek op die blou paddatjie om jou te lei na die InLinkz bladsy waar jy die “Add Link” skakel kan kry. Van daar af kan jy op die blog Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel waar ek die proses verduidelik het, sommer dadelik oorgaan na STAP 5 om jou te help met die skakel, indien nodig.

NOTA: Die blou paddatjie bevat ‘n kode wat elke week verander om na die nuwe uitdaging toe te lei. Dit is dus belangrik om te sorg dat die paragraaf altyd gecopy word van die nuwe week se aankondiging van die nuwe onderwerp af. As julle onseker is hieroor, kan julle my persoonlike bydrae tot die uitdaging oopmaak en die nuutste paddatjie daar kry.

HIERDIE IS DIE “NUWE PADDATJIE” VIR DIE ONDERWERP “Sê dit in Afrikaans”.

“Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

11 Comments

  1. Paddatjiespaddatjiespaddatjies. Regso, ek sal loop dink en skryf. Geluk met jou nuwe idee en ek hoop sommer baie mense speel saam.

    • Comment by post author

      Ek hoop ook so, dankie. Die mense is bietjie bang dat hulle nie gaan regkom met die skakel nie, maar dis eintlik maklik. Ek weet jy is oulik op die rekenaar, maar ek sê maar vir almal ek kan help oor facebook inbox, whatsapp, skype, teamviewer.

  2. Mooi man, nou gaan die gedagtes lekker rond karring in ideome en gesegdes!

  3. Tien uit tien, jou skakel werk. Ek het hom gou uitgetoets!

  4. Jullie Sitten vast niet op mijn Afrikaans te wachten😉