My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel?

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Hierdie bloguitdagings is permanent gestaak op 24 Julie 2020. Die bydraes vir die onderwerpe waaroor ons geblog het, is steeds beskikbaar by die skakels soos aangetoon.

ONDERWERPE WAAROOR ONS GEBLOG HET

Die Ingelse muntstuk neem ons op toweragtige reise (gesluit vir deelname 24 July 2020)

Hoe is jy ingelyf by die Towerinne? (gesluit vir deelname 2 Julie 2020)

Die Towerinne en Coronamouna (gesluit vir deelname 2 Julie 2020) – vervolgverhaal

Die versoekings gedurende die inperperkingsperiode (gesluit vir deelname 21 April 2020)

Verbloem jou haarkleur (gesluit vir deelname 26 Mar 2020)

Die misterie van Rebusfontein se biblioteek (gesluit vir deelname 11 Nov 2019)

Woordsnoer (2019-09-05) (gesluit vir deelname 19 Sep 2019)

Kunsuitstalling op Rebusfontein (gesluit vir deelname 5 Sep 2019)

Una gaan sirkus toe (gesluit vir deelname 13 Sep 2019)

Muzik-A-La-Carte. Rebusrus Amfiteater (gesluit vir deelname 1 Aug 2019)

Woordsnoer Blokraaisel 20190703 (gesluit vir deelname 18 Julie 2019)

Vir ons nuwe intrekkers op Rebusfontein (gesluit vir deelname 2 Julie 2019)

Rebusfontein Rymelary (gesluit vir deelname 22 Junie 2019)

Wat het gebeur by Rebusfontein se feestafel? (gesluit vir deelname 30 Mei 2019)

Ons feestafel by Rebusfontein (gesluit vir deelname 16 Mei 2019)

Woordsnoere 4: Rebusfontein (gesluit vir deelname 9 Mei 2019)

Help my om my woorde te snoer (gesluit vir deelname op 18 April 2019)

Woordsnoere 3 (gesluit vir deelname op 11 April 2019) aangebied deur Vuurvliegie van die blog Lekkervurigeaffêre.

Watter lekker happie is altyd in jou yskas? (gesluit vir deelname 4 April 2019)

Ons gesels oor kwale en boererate (gesluit vir deelname 28 Maart 2019)

Eienskappe wat jou jý maak (gesluit vir deelname 21 Maart 2019)

Woordsnoere 2 (gesluit vir deelname op 14 Maart 2019) aangebied deur Vuurvliegie van die blog Lekkervurigeaffêre.

Poog jy om jou lewe te ontrommel? (gesluit vir deelname 7 Maart 2019)

Ons vier Moedertaaldag #Afrikaans (gesluit vir deelname 28 Februarie 2019)

Die Valentyn wat ek liefs wil vergeet (gesluit vir deelname 21 Februarie 2019)

Woordsnoere 1 (gesluit vir deelname op 14 Februarie 2019) aangebied deur Vuurvliegie van die blog Lekkervurigeaffêre.

Kuier-Safarie (gesluit vir deelname 31 Januarie 2019) – ‘n 4-maandelange virtuele reis deur Suid-Afrika onderneem deur 14 bloggers wat hulleself die Towerinne noem.

Kaleidoskoop (gesluit vir deelname 12 September 2018) – ‘n vervolgverhaal oor Nellie Visagie (‘n fiktiewe karakter).

Die Skryf-Safari uitdagings aangebied deur verskillende gasbloggers:

  • Skryf-Safarie Blogland (gesluit vir deelname 5 Julie 2018) aangebied deur Tannie Frannie van die Tannie Frannie Blog.
  • Die reis na ‘n Nul-Vullis-Lewe (gesluit vir deelname 28 Junie 2018) aangebied deur lizamroux van Country Living in Southern Africa.
  • Magriet v Magrieta (gesluit vir deelname 21 Junie 2018) aangebied deur Bondelsgedagtes van Bondels Gedagtes.
  • Kom speel saam met Abrie (gesluit vir deelname 14 Junie 2018) aangebied deur Abrie van Abrie dink hardop.
  • Kom speel saam met Abrie (gesluit vir deelname 14 Junie 2018) aangebied deur Abrie van Abrie dink hardop.
  • Jou gelukkigste herinnering as kind (gesluit vir deelname 7 Junie 2018) aangebied deur Sonell  van ‘n Skrywer se Blok.
  • Deur die venster (gesluit vir deelname 31 Mei 2018) aangebied deur Kameel van Kameel, Toortsie en Bokbaaivygie se blog.
  • Dieremaniere (gesluit vir deelname 24 Mei 2018) aangebied deur scrapydo2 van I Scrap 2 se blog.
  • Skryf ‘n feëverhaal (gesluit vir deelname 17 Mei 2018) aangebied deur Seegogga van die blog Seegogga se Bloggie.
  • Trek jou stapskoene aan (gesluit vir deelname 10 Mei 2018) aangebied deur travel460 van die blog Bali Drome.
  • Skryf die storie klaar (gesluit vir deelname 3 Mei 2018) aangebied deur LekkerVurig van die blog Lekkervurige Affêre.
  • My tyd in die towerpaleis (gesluit vir deelname  26/04/2018) aangebied deur gasblogger Toortsie van Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog.

Die Voortvlugtiges – ‘n vervolg op Die Perfekte Misdaad (gesluit vir deelname 05/04/2018). Hierdie buitengewone uitdaging (waarin die bloggers ‘n vervolgverhaal geskryf het) was geskeduleer vir een maand. Die blogs is in boekvorm PDF, MOBI en EPUB saamgestel en kan afgelaai word by https://www.hesterleynel.co.za/booktalk/

Die perfekte misdaad (gesluit vir deelname 01/03/2018). Hierdie buitengewone uitdaging (waarin die bloggers ‘n vervolgverhaal geskryf het) was geskeduleer vir een maand. Die blogs is in boekvorm PDF, MOBI en EPUB saamgestel en kan afgelaai word by https://www.hesterleynel.co.za/booktalk/

Politiese korrektheid (gesluit vir deelname 01/02/2018)

Ons gesels oor “manscaping” (gesluit vir deelname 25/01/2018)

Die feesseisoen (gesluit vir deelname op 07/12/2017)

Jy leef net een keer (gesluit vir deelname op 30/11/2017)

Vertel ‘n spookstorie (gesluit vir deelname op 23/11/2017)

As ek maar liewer … (gesluit vir deelname op 16/11/2017)

Sulke vriende het ek nie nodig nie (gesluit vir deelname op 09/11/2017)

Fluister liefdeswoordjies in Afrikaans (gesluit vir deelname op 02/11/2017)

As Afrikaans sou uitsterf … (gesluit vir deelname op 26/10/2017)

Oorgeërfde eienskappe (gesluit vir deelname op 19/10/2017)

Wat is jou superpower? (gesluit vir deelname op 12/10/2017)

Wat maak jou bang? (gesluit vir deelname op 05/10/2017)

Wat sal ek saamvat? (gesluit vir deelname op 28/9/2017)

Verskaf ‘n byskrif (gesluit vir deelname op 21/9/2017)

Skryf jou eie grafskrif (gesluit vir deelname op 14/9/2017)

Gee en Ontvang (gesluit vir deelname op 7/9/2017)

Sê dit in Afrikaans (gesluit vir deelname op 31/8/2017)

SO MAAK MENS OM DEEL TE NEEM

STAP 1

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.

STAP 2

Gaan skryf jou blog en las prentjies by, net soos gewoonweg. Doen asseblief STAP 3 voordat jy die blog publiseer.

STAP 3

Om ander bloggers te oorreed om ons blogs te gaan lees en miskien deel te neem, neem asseblief hierdie stap:

Soek die paragraaf wat die volgende bewoording bevat op die GASBLOGGER se blog en copy & paste dit onderaan jou blog.

Ons InLinkz-skakel vir hierdie week se bloguitdaging: https://fresh.inlinkz.com/p/a15eea70c3c04529ac417a1a919ae994
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Om te copy & paste, highlight (kleur in) die hele paragraaf met die skakel (hyperlink) daarin. Klik regs op die muis en selekteer Copy van die pop-up menu af (of gebruik Control C op die sleutelbord). Gaan nou na die plek in jou blog waar jy die paragraaf wil plak, klik regs met die muis en kies Paste op die pop-up menu (of gebruik Control V) op die sleutelbord om die paragraaf in jou blog te plak.

BELANGRIK: Jy moet sorg dat jy vir elke week se onderwerp wat gegee word die hierdie paragraaf verkry vanaf die blogpos wat die nuwe onderwerp aankondig. Sodoende maak jy seker dat jy die REGTE SKAKEL (HYPERLINK) vir die week gebruik. Elke week se skakel verskil.

STAP 4

Publiseer jou blogpos.

STAP 5

Maak nou jou blogpos oop (asof jy dit wil lees – nie in edit mode nie).

Gaan klik op die skakel (hyperlink) wat jou sal lei na InLinkz.

  1. Die bladsy sal die naam van die nuwe onderwerp vir die week se bloguitdaging aandui.
  2. Onder in die linkerkantse hoek word aangedui vir watter tydperk die uitdaging nog gaan oop wees vir deelname. Kontak my as jy dalk ‘n laat inskrywing wil byvoeg – ek kan dit van my skakel af doen.
  3. Heel onder op die linkerkant sal ‘n blou blokkie wees met die woorde “Add your Link” daarin waarop jy moet klik.

As jy die eerste keer ‘n skakel probeer oplaai in InLinkz, sal die volgende skerm vertoon word waarop jy jou inskrywing moet verifieer. Dit is in lyn met die GDPR (General Data Protection Regulation) en daarop gemik om kuber-gebruikers se privaatheid ten alle tye te beskerm. Geen verifikasie is nodig vir verdere inskrywings nie.

  1. Die maklikste wyse van verifikasie deur doodeenvoudig op die Facebook ikoon te klik (mits jy wel ‘n Facebookrekening het), of
  2. Klik op die Google ikoon as jy jou Googlerekening wil gebruik (ek weet nie of hierdie keuse nog werk met die onlangse veranderings en weglating van Google+ nie) of
  3. Jy het die keuse om jou eie gratis InLinkzrekening oop te maak, in welke geval InLinkz jou e-pos-adres sal verifieer en vir jou ‘n wagwoord stuur wat jy moet gebruik om in te teken.

STAP 6

Vul die volgende skerm in:

  1. *Link: Maak jou eie blogpos wat jy wil deel oop (NIE in edit mode nie). Klik op die titel van jou blogpos in jou blog asof jy ‘n gewone leser is.  Die skakel vir jou pos verskyn aan die bokant van jou internet browser se bladsy en sal die datum waarop jou blogpos gepubliseer is, sowel as die titel van jou blogpos aandui.  Sorg dat jy die hele skakel van die spesifieke blog highlight en dan in hierdie veld copy and paste. My skakel wat ek hier gebruik het, lyk só: https://www.hesterleynel.co.za/2019/09/09/koffietyd-oppie-stoep-vannie-ouetehuis-oppie-dorp/
  2. *Caption: InLinkz plaas outomaties ‘n titel in hierdie veld, maar dit mag dalk te lank wees of nie presies soos wat jy dit wil hê nie. Jy kan die bewoording verander. Hou dit kort en saaklik (80 karakters of minder).
  3. *Email: InLinkz sal jou e-pos-adres hier invul. Ek, as administreerder, is die enigste een wat die e-pos-adresse sal kan sien; dit word nie deur InLinkz aan derde partye beskikbaar gemaak nie.
  4. InLinkz sal ‘n foto uit jou blog gebruik as thumbnail op die InLinkz bladsy – dit vertoon heel bo regs op hierdie skerm. Hier is twee maklike keuses:
  • Blog: InLinkz mag dalk vir jou voorstelle maak van fotos wat jy kan gebruik uit jou eie blog. Jy kan een van hulle select en crop.
  • Upload: As jy verkies om ‘n ander foto op te laai, kliek op die Upload funksie en gaan haal ‘n foto uit jou eie files / directories op jou rekenaar. Ek gebruik gewoonlik .jpeg of .jpg files van grootte 700×700 px wat maklik en vinnig oplaai.
  1. Onderaan hierdie skerm, merk die blokkie wat die volgende bevestig “I agree to the InLinkz Terms of Service & Privacy Policy”.
  2. Wanneer die inligting ingevul en die thumbnail opgelaai is, kliek op “SAVE” in die blou blokkie heel links onder.

STAP 7

Op die volgende skerm wat nou oopmaak:

  1. Is daar ‘n funksie wat jou toelaat om die Inlinkzskakel en ‘n kort advertensie op sosiale media te deel sodat ander mense dit kan sien en die inskrywings kom lees. Hierdie keuse is opsioneel en jy kan dit ignoreer.
  2. Moet jy klik op die “Done” knoppie om die proses te voltooi.

En siedaar, jou inskrywing sal sigbaar wees vir die ander bloggers op die bladsy waar ek die uitdaging geskep het.

AS JY GRAAG WIL OPTREE AS GASBLOGGER (die persoon wat die onderwerp bepaal), laat weet asseblief vir my deur ‘n kommentaar op een van my blogs te los. Ek sal jou help om die bloguitdaging op te stel op InLinkz.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

25 Comments

  1. Hester. Ek gaan probeer. Hel, maar ek weet nie of ek gaan regkom nie!!!🙈🐴

  2. Dankie dat jy vir ons moeite doen! Ek’s in…

  3. Dis baie mooi uiteen gesit! Ouens moet net stap vir stap dit volg! Baie dankie vir al jou moeite! Ek lief dit!

    • Comment by post author

      O dankie. Ek het gedink jy sal daarvan hou. Ek wil juis nou navorsing doen op InLinkz om te gaan kyk of en hoe ‘n mens ‘n tweede administreerder kan byvoeg wat kan help as dit dalk besig raak! 😀 Ek dink darem dit sal makliker wees as om self te sukkel met al die pingbacks en publikasie van die skakels. ‘n Verdere bonus is natuurlik dat dit meer sigbaar gaan wees op ‘n sentrale plek.

  4. Ek raak al hoe meer benoud. Dis ‘n spelery met ou paddatjies en nuwe paddatjies en eiers word gelê en jy sê dis nie uit die bose nie! En dit hier in die openbaar vir almal om te sien! 😱

  5. Hierdie eiers le, speel met ou en nuwe paddatjies gaan nog versoorsaak dat hier iets uitbroei. Dit klink na lekker fun maar oi dit klink ingewikkeld, ek sal tyd moet maak om mooi te lees…

  6. Het jy lankal op Litnet geblog?

    • Comment by post author

      Ekke was daar vir omtrent ‘n maand of twee, toe is ek weg na WP toe. Jy was nog die eerste persoon wat my destyds daar kom “ontmoet” het en my gehelp het om aan die gang te kom, maar ek het nie van die platform gehou nie.

  7. Ek blog op WP as christainthailand. Hierdie paddatjies-ding klink vir my lekker maar o aarde, nou sit ek diep in die vyftig, diep in die noorde van Thailand … ver van my rekenaarslim kind wat my oorspronklik gehelp het om te begin blog! Ek gaan probeer … maar anders sien ek julle oor bietjie meer as ‘n maand as ek terug in in SA!

  8. ek kom reg maar die tot by die thumbnail – dit bly sê “no thumbnail” ??? Dan kan ek nie ‘n foto oplaai nie en dit wil ook nie dan “done” aanvaar nie.

  9. Ek lief dit!