My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Uitnodiging

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Hierdie bloguitdagings is permanent gestaak op 24 Julie 2020. Die bydraes vir die onderwerpe waaroor ons geblog het, is steeds beskikbaar by die skakels soos aangetoon in my blog Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel?

‘n Nuwe Uitdaging

Sommige van ons wat voorheen die voorreg gehad het om aan scrapydo2 se Afrikaanse Toeka-Tokkel uitdagings deel te neem, begin aan onttrekkings-simptome ly en dus dink ons dat die tyd ryp is vir nog ‘n reeks uitdagings. In Afrikaans natuurlik.

Dus stel ek graag voor: “Lê-Jou-Eier”, sodat ons met behulp van die eier geboorte kan gee aan ‘n paar opinies, geselsies en stories.

Ek hoop dat almal sal deelneem.

Die Administrasie

Om gasheer-/vrou te speel van so ‘n reeks op jou persoonlike blog verg baie administrasie en dus het ek gaan ondersoek instel na die Inlinkz Link-Up Tool wat suksesvol deur ander bloggers wêreldwyd gebruik word.

Die gebruik van hierdie program is baie maklik  en verg nie dat die deelnemende bloggers rekenings moet open of registreer vir die gebruik van die program nie. Slegs die persoon wat die uitdaging administreer (dis nou ek in hierdie geval) het ‘n rekening nodig om die skakels te skep vir die onderwerp van die week. Jy is natuurlik welkom om ‘n rekening te skep.

Die Administreerder se werk

Ek sal elke week se onderwerp aankondig om 12:00 op ‘n Donderdagmiddag in ‘n blogpost wat die deelnemers kan sien in hulle Lesers of deur te kliek op die skakel Lê-Jou-Eier in my Menu bo-aan my tuisbladsy.

Ek skep ‘n begindatum en ‘n einddatum vir elke onderwerp. Die Inlinkz program sluit outomaties die onderwerp op die tyd wat ek bepaal het (na een week) en verdere deelname vir daardie spesifieke onderwerp is dan nie meer moontlik nie.

Ek sal die trolle en die ongehoorsames afskop en die res van julle blogs saam met almal geniet. Jip, ek gaan natuurlik ook saamblog.

Voorbeeld

As deel van my navorsing het ek self gaan deelneem aan ‘n skakel wat deur ‘n ander Administreerder geskep is. Gaan kyk asseblief na my blogpost What Pegman Saw: The Company’s Garden om die voorbeeld te sien. Heel onder aan die blogpost is daar ‘n blou skakeltjie (‘n paddatjie); kliek daarop om te gaan kyk hoe lyk die inskrywings op InLinkz. Kliek op enigeen van die thumbnails om van die ander bloggers se werk te lees. Hier is die geleentheid om dalk ons bloggerskring uit te brei.

Hierdie spesifieke onderwerp van Pegman het al toegemaak, so daar kan nie meer inskrywings bygevoeg word nie. As die onderwerp nog oop was, sou daar nog ‘n skakel onder aan al die thumnails gewees het – ‘n klein blou blokkie met die woorde “Add your link” daarin.

Deelname

Wat die deelnemende bloggers moet doen, is die volgende:

  1. Kry die onderwerp vir die week soos verduidelik onder “Administreerder se werk” hierbo.
  2. Skryf ‘n blog soos gewoonweg oor die onderwerp van die week. Hierdie pos bly op jou blogtuiste net soos enige ander inskrywing en alle lesers kan daarop kommentaar lewer soos gewoonlik.
  3. Gebruik die skakel (die blou paddatjie) in die pos wat die onderwerp aankondig om deur te gaan na InLinkz toe. Kliek dan die “Add your link” knoppie om jou blog by te voeg. Hiervoor het jy die volgende inligting nodig wat jy in hulle vormpie moet invul:
    • Die URL van jou blog wat jy geskryf het
    • Die naam (titel) van jou bloginskrywing
    • Jou e-pos adres. Inlinkz maak nie die e-pos adres bekend nie, bêre dit nie op hulle databasis nie en die Administreerder is die enigste persoon wat dit sal kan sien.
    • ‘n Foto wat jy wil gebruik as ‘n thumbnail. Inlinkz sal ‘n prentjie aanvaar wat jy self oplaai (ek het sommer my profielfoto gebruik) of enige van die fotos in jou blogpost. Hulle laat jou toe om te kies.

Hierdie proses skakel die administrasie van ‘n pingback en publikasie van alle skakels deur die Administreerder uit – InLinkz doen sommer die werk vir ons.

Reëls en onderwerpe

Ons sal natuurlik ‘n paar reëls neerlê, maar niks ernstig nie: Skryf in jou Afrikaans, vloek net wanneer nodig, bla-bla, moenie vuisslaan nie, respekteer mekaar se opinies, ens. Bloggers is welkom om by te voeg wat hulle dink nodig is.

Voorstelle vir onderwerpe sal waardeer word. As jy reeds oor ‘n onderwerp geskryf het, las dan die skakel van daardie pos by.

OKEI? STEL JULLE BELANG? 😃

ENIGE VRAE? ENIGE RAAD?

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

44 Comments

  1. Ek is regtig nie ‘n skrywer nie en dink in prentjies Ek hoop my sus loer hier want sy is die skryfvrou in ons familie

  2. Klomk nou sommer interesssant em lekker.

  3. Ek is in. Klink effe ingewikkeld, al die dingetjies wat ek moet doen. Maar ons gaan probeer.

    • Comment by post author

      Ek sal mooi verduidelik presies wat om te doen. Ek wag net vir PayPal om my rekening te verifieer sodat ek die ding behoorlik aan die werk kan kry. EN … ek dink hierdie ding van gee en ontvang wat jy aangeraak het, is ‘n goeie onderwerp om lekker oor te blog – ek gaan by julle almal leen. Toortsie het ook ‘n lekker een aangeraak met haar “Seën doelbewus”. Ek gaan daar ook bedel.

  4. Nou ja, laat ons kyk wat gebeur! Sal bietjie gaan kyk wat die onderwerp is en begin dink! My ou suster is sommer vol nonsies! Sy was n Afrikaanse onderwyseres. Natuurlik kan sy skryf. Sy moet net bietjie begin! Prentjies en fotos gaan elke geval ook werk! 🙂

  5. Het toe hier uitgekom en geen onderwerp vir die week! Raak nou haastig jong. Ek weet dat mens nie noodwendig by WordPress moet wees om jou poste te pos nie. Daar is meestal nogal heelwat ouens by Blogspot! Sal hul almal bietjie moet bewerk.

  6. Right ek is in. Die inlinks of wat ook al klink vir my vreemd en rof en uit die bose, padda en al, maar ons is mos oulik en aanpasbaar, ons sal dit seker regkry. Ek hoop ek kry dit reg van my selfoon af!

  7. Ok sal probeer.

  8. Dit klink lekker!

    My kop is nog plat met die hele links en paddatjie en en en, maar ek wil ook! Of ten minste probeer. 😆

  9. Klink interessant! Ek is geen skrywer nie, maar sal dit geniet om dit te lees!

  10. Wil ook graag probeer. Bietjie bang tussen al julle gesoutes maar gaan die paddatjie aandurf

    • Comment by post author

      InLinkz is vir my ook ‘n learning curve – nog nooit gebruik nie. Ek gaan vir die volgende twee nagte droom hoe wil almal my stenig omdat my uitdaging nie werk nie 😀 Ek en my dogter het baie geswot die afgelope week, so moenie worrie nie, ons leer almal saam.

    • Gmph jy is gesout

  11. Hester ek het deur die kommentare gelees en gee graag myne. Jy moet besef dat ek baie stadig is en boonop nie kan skryf nie maar ek hoop ander met of sonder nonsens wat minder stadig is en kan skryf (en lees) lees jou versoek met of sonder prentjies.

    Des nieteenstaande en om nie steen des aanstoot te wees nie is ek in(Linkz) alhoewel ek regs en linkz tik. (ek kan egter nie onderneem dat ek elke keer gaan deelneem nie aangesien ek my beperk tot 1 Afrikaanse post en 1 oor foto challenge ‘n week).

    Natuurlik gaan ons almal beter bekend raak met die paddatjie wat ‘n geleentheid bied vir (skoon) grappies oor paddas.
    Wat het die padda bestel by die wegneem restaurant:
    French flies and a diet croak

    Mag daar baie eiers gele word by die restaurant en lekker saamgeblog word.

    • Comment by post author

      😀 Dis goed Abrie, ek besef dat tyd soms beperk is en/of mens het nie altyd lus vir die onderwerp van die uitdaging nie. Neem dus deel net wanneer jy so voel. Ek gaan die reël ook inskryf hier, want iemand anders het reeds navraag gedoen hieroor. Haha@paddatjie se dieet!

  12. Ag vaderland Hester….. jy het my al by die tweede sin verloor. Dit klink vir my net so moeilik om by die paddatjie uit te kom soos graad drie wiskunde. Skoonseun sal moet help…. maar ek wil nie hê skoonseun moet weet ek skinder partymaal van hom nie. Ek lieg nie…. ek weet nie eers wat my URL is nie.