My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Liewe Karen … ek sal wag

Cat sitting on a paper hanky

Liewe Karen,

Ek kan sien jy is sommer net moedswillig vandag; jy wil nie my kombersie op die lessenaar oopvou sodat ek in gerief kan lê en slaap nie. Dit het niks te doen met die feit dat jy kastig besig is nie. Ma sit ook daar aan die anderkant van die tafel en maak asof sy my nie raaksien nie.

Weet net, ek kan hierdie speletjie net so goed soos julle speel. Ek gaan nou mooi netjies opgevou bly sit op hierdie tiesjoe, totdat julle besluit om my te behandel soos ‘n ordentlike kantoorkat!

Liefde, Ponsie

DSCN9386

DSCN9388

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

48 Comments

  1. 😂🤗Presies wat sy gesels, ek kan al hoor!!!!

  2. Twee pragtige foto’s

  3. Blog Andrew

    🙂 What an adorable pussy cat.

  4. Sulke netjiese pootjies

    • Comment by post author

      Haha, daai rooierige pootjies is eintlik die probleem waarom ons haar nie naby die rekenaars wil hê nie. Dis rooi tuingrond waarin die klein klits rondgerol het.

      • Rooi tuingrond is so klewerig – ek onthou nou nog my skoolsokkies en die stryd om hulle weer wit te kry!

        • Comment by post author

          Hierdie is gelukkig nie die rooi klegrond wat ons in Gauteng gehad het nie. Ek onthou as jy daar kaalvoet geloop het, het jy sulke klein barsies in jou voetsole en hakke gekry wat jy gedurig moes afskuur.

        • Jaaa! My skoonsus het ‘n spesiale skuurklip gehad 🙂

        • Comment by post author

          Jip, ek het nie ‘n klip gehad nie, maar iets wat meer soos ‘n kruising tussen ‘n groot naelvyl en ‘n klein raspertjie gelyk het. Gelukkig hou die seesand nou my voete so glad soos bababoudjies.

  5. Hahaha nes kat se kind is. Dit het my nou lekker laat skaterlag. Dankie vir die deel.

  6. ‘n Lappieskat!!!! Ons het lappiesbrakke …. maak nie saak hoe klein daardie lappie is nie, hulle SAL op hom sit. Of dan nou ‘n stukkie koerantpapier as dit moet ….

  7. Ag ek sal haar opsoen!

    Sy is te pragtig <3

    • Comment by post author

      Dankie, maar selfs ek soen maar versigtig daar – sy kan lekker bitsig raak as jy sonder spesiale toestemming aan haar raak!

      • Oeg toemaar, my ou Jack kat is net so erg. Hy regeer die huis. Simone is maar ‘n aandag-tert jong, sy skuur tot die honde op vir ‘n bietjie liefde!

  8. Lekker lag ek nou vir Ponsie die mooi kantoorkat…

  9. Nou maar hoe is dit met julle dat sy so hard moet praat vir n ou bersie?
    Mal oor die lappies honde Poerdez.

  10. Kat se kind!Meester van die situasie!

  11. die kat sal altyd koning(in) wees in die huis. Ai Ponsie is pregtig

  12. 😂😂😂😂, zuid afrikaanse katten zijn geen haar beter als de nederlandse monsters. ❤️❤️❤️

  13. Hester hierdie kat aard na jou rooi grond en op tissue sit en al. Ek haal aan uit ‘n kommentaar van jou: “Nee dankie, ek sal maar net daar op die Rooi Kol bly staan”.

    https://abriejoubert.wordpress.com/2016/06/17/die-mooi-jong-amerikaanse-dokter-die-rugbesering-en-die-kangogrotte/

  14. Hahaha die poezen hé, kunnen lekker eigenzinnig zijn…

  15. Niks om by ‘n kat nie. Dankie vir die deel

    • Comment by post author

      Hulle is dierbaar en ons is die tipe mense wat ons diere deel van ons gesin maak. Ons kyk mooi voordat ons ‘n deur of ‘n venster toemaak net ingeval daar ‘n gekko of ‘n akkedis moet buite slaap as ons dit doen.

  16. Ag Hester dit is nou net te dierbaar 🙂 Het gister juis so gelag vir fotos van katte wat in die eienaardigste plekke inklim om te lê. Die een se voorpote pas net in ‘n kleine boksie…. maar sit die sit hy soos Ponsie op sy tiesjoe. 🙂

  17. Katte… hulle vattiekakkie… van nemand nie!! 😉