My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

33, 66, 99

My liewe Ma,

Ek verjaar môre, ek word 66. Maar dit weet Ma tog.

My dogter, Ma se kleindogter, word hierdie jaar 33. Ek was 33 toe sy gebore is. Ma was 33 toe ek gebore is. Dink net: hierdie jaar gaan Karen 33 wees, ek word 66 en Ma se 99ste verjaardag is ook om die draai. 33, 66, 99. Drie derdes wat een leeftyd en amper een eeu verteenwoordig.

Hoe het Ma daaroor gevoel om op 33 weer ‘n baba te hê? ‘n Laatlam. Onthou Ma, Karen was ook ‘n laatlam? Ek was nie beïndruk daarmee om op 33 weer ‘n baba te hê nie; om die waarheid te sê, ek was sommer kwaad vir die ginekoloog wat my so ewe gelukgewens het met my swangerskap. Toe sy gebore is, was ek effe verdwaas oor die feit ek nou skielik ‘n dogter gehad het. Ek het saam met drie broers grootgeword en toe twee seuns van my eie gehad. Hierdie nuwe klein dogtertjie in my lewe het my paniekbevange laat wonder hoe ‘n mens nou eintlik ‘n meisiekind moet grootmaak? Gelukkig was sy ‘n kalm en gesonde kind en sy het sommer vir haar eie grootword gesorg; ek het net saamgepiekel.

Ek dink Ma het anders gevoel, want daar was die pasgebore babadogtertjie wat Ma verloor het voor my geboorte. Was Ma bang dat iets weer sou skeefloop? Ek dink Ma het gehoop dat daar weer ‘n dogtertjie sou wees om haar plek in te neem en die familienaam voort te dra. Ja, ek weet dat sy die naam sou gekry het as sy geleef het, maar ek het ook altyd geweet dat ek nie net ‘n plaasvervanger was nie; ek was ‘n geliefde dogter. Ja, ek het dit altyd geweet my liewe Ma, ten spyte van die feit dat ons oor baie dinge nie saamgestem het nie.

My dogter weet ook hoe belangrik sy in my lewe is, ten spyte van die feit dat sy nie ‘n beplande baba was nie, en ek sal spesiaal weer op hierdie besondere verjaardag seker maak dat sy weet hoe lief ek vir haar is.

Ek sal vir Ma ook vertel dat ek baie lief was vir my ma, sommer hardop, hoewel Ma nie meer hier is om dit te hoor nie; hoewel ek nooit weer sal hoor hoe Ma dit vir my vertel nie.

 

 

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

51 Comments

  1. Wat bijzonder Herster. Mensen die geloven dat getallen een betekenis hebben zouden hier vast een bijzondere uitleg aan geven. 33. 66. 99 . Je dochter mag wel opschieten en vlug een baby krijgen dan gaat de getallen reeks verder.

  2. Ek het ook met drie broers groot geword and het twee seuns … ek het ook ‘n bietjie paniekerig geraak toe my dogter gebore was: wat het ek van dogters geweet? Hoe gelukkig is ons nie om ‘n dogter to hê – ek sê altyd dat sy haarself opgebring het. She is very special. Geluk met jou verjaarsdag – geniet die dag.

  3. So het jy my nou onmiddelik aan die huil. Dis ń ongelooflike spesiale brief aan jou ma, Hester. Een wat tot diep in my eie hart resoneer.

    • Comment by post author

      Snaaks, ek dink altyd aan my ma op my verjaardag en nie soseer op hare nie. Daar is vir my magic in die feit dat ma en kind so ‘n dag saam beleef het. En ook omdat ek geweet hoe hoe swaar die afsterwe van ‘n vroeëre dogtertjie haar getref het, hoewel ons dit nooit regtig bespreek het nie.

  4. Die getalle is besonders! Baie geluk ,Hester.Mag jy ‘n heerlike dag en jaar beleef.Ek is seker jou ma sou hierdie baie waardeer het.

  5. wilma

    Pragtige briefie Hester. Ek weet hoe dit voel. Ons 5 dogters, met n ou moeder van 6 dogters… en ons vele liefste niggies… aaaai, die lewe was en is n vroulike fees. En ons sal die wat meegedoen het nooit vergeet nie ❤❤❤

  6. Veels geluk, Hester! Mag hierdie nuwe lewensjaar vol heerlike stappe en strandverrassings wees. Hoop jou liewe dogter en manlief bederwe jou behoorlik!

    • Comment by post author

      Dankie vir die goeie wense Frannie. Ek en my man verjaar net so ‘n week na mekaar, wat dit natuurlik makliker maak vir die kinders en ons vriende om ons sommer so gelyktydig te bederf.

  7. Dear Herster! I see only 3 young beautiful ladies! The practical age doesn’t count when the soul is always 18 🙂

  8. Levensjutter

    Oh Hester, wat ‘n prachtig verhaal, wat schrijf je vol liefde over zowel je moeder als je dochter! Speciale dag morgen, veel plezier samen! <3

  9. Baie geluk Hester. Ja die 33 elke keer is besonders. Ek glo jou ma weet hoe lief jy vir haar was.

  10. Eke wil beweer ek is die eerste om jou werlike verjaarsdag geluk te wens

    • 11:59 kan nie wees nie wordpress se tys is verkeerd, ek sien nou my rekenaar is voor en probeer weer. GELUK HESTER!

      • Ek wil beweer ek is die eerste om jou op jou werlike verjaarsdag geluk te wens (Ja dit is de javu 🙂 ) Ek belowe ek gaan nie 99 boodskape stuur nie…
        Pragtige ode aan 33 en 99 en is duidelik ‘n gebalanseerde 66. My pa sou Maandag 84 geword het. Jy herinner my om oor hom te skryf.

        • Comment by post author

          Jy herinner my nou aan die dae toe my skoonma se verstand nog flink was. Sy het altyd 5-uur in die oggend op my man se verjaardag gebel om te sorg dat sy die eerste een is wat hom gelukwens. Ek het haar later hand en mond belowe dat ek hom nie sou gelukwens voordat sy gebel het nie, veral op Saterdag of Sondag, sodat ek tog net ‘n bietjie langer kon slaap 😀 Snaaks, ek het al baie oor my ma geskryf, maar nie juis oor my pa nie. Dalk moet ons albei’n bietjie in daardie rigting begin dink.

      • Comment by post author

        En dankie nog ‘n keer. Na soveel jare (dekades!) gaan ons nie onsself steur aan minute nie!

    • Comment by post author

      Haha, ek sien by my wys hierdie een nog onder yesterday! Naar dankie ook solank.

  11. Baie geluk!!

    33, 66 en 99 is sowaar spesiaal!!

  12. jou skrywes laat my altyd met ‘n warm hart agter….

  13. Baie geluk met jou verjaarsdag,mooi jaar vorentoe, vol vreugde, vrede en voorspoed! 33, 66, 99–dis mos lotto wen nommers! My ma is so agt jaar gelede oorlede, en tot vandag toe is ek spyt oor geleenthede waar ek haar kon se ek is lief vir haar en dit nie gedoen het nie. Ek het dit gewys, glo ek, maar te min gese.

    • Comment by post author

      Dankie Louis, ek het eers vanoggend onthou dat my facebook privacy settings gestel is om niemand toe te laat om direk op my timeline te post nie (ek vermy die kettingbriefies en so aan). Ja, my ma, ten spyte van die feit dat ons nie altyd in vrede geleef het nie, bly nog ‘n baie belangrike invloed op my lewe. Veral in haar laaste jare was sy moeilik, onhanteerbaar en ongelukkig met haar eie omstandighede – ek kon sekerlik meer verdraagsaam en liefdevol gewees het, maar daar het jy dit: spyt kom altyd te laat.

  14. Baie geluk met jou verjaarsdag.
    Die 33 66 en 99 is baie besonders

  15. Hartlik geluk met jou verjaarsdag. Net die beste toegewens.
    Hierdie is so pragtig en deernisvol geskryf.

  16. So is hierdie laat verjaardagwense, maar ek het jou brief baie mooi gevind. Wat n besonderse getalle verskynsel.

  17. Toemaar jou ma het presies geweet hoe lief jy vir haar is!!!

  18. Jy is 66! Jy dra jou jare goed!

  19. Baie geluk, pragtige brief x

  20. Spesiaal! Gellukkig loop die 33 + 66 nog lekker saam! ‘n Hele 99 redes om te vier!!

  21. Ek is te laat vir gelukwensings op jou geboortedag….. maar daar lê ‘n jaar voor; alles wat mooi is vir die jaar vorentoe!!! Dit is nou interessant die 33, 66, 99 🙂