My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Mamma en kroos op die Domba

Die Dombarivier (ook genoem Indombe- of Indomba-rivier) by Anerley, KwaZuluNatal

Domba River, Anerley, KZN

Op ons daaglikse wandeling klap ons soms tone teerpad langs tot by Southport se hoofstrand en dan al langs die see af verby Anerley en die Domba-riviermond, in die rigting van Sunwich Port. Dis sowat 6 km heen en weer.

Op ons heel eerste tog, ongeveer drie maande gelede, het ons ‘n kolgans onder die treinbrug op die wal van die rivier gewaar. Sy was besig om haar veredos reg te stryk, maar het terselfdertyd waaksaam rondgekyk vir moontlike dreigende gevaar. By nadere ondersoek het ons die donsige krosie raakgesien wat sy versigtig van die wal af in die water ingelei het. Ons het agt dobberende koppies getel.

Twee dae gelede het ons besluit om ‘n draai te maak by die rivier om te gaan kyk hoe dit met die gesinnetjie gaan. Hierdie keer het ons met die treinspoor langs tot bo-op die brug geloop en onmiddellik vier gansies raakgesien wat deur die water gegly het. Op die wal aan die anderkant was Moeder Gans met die res van die kroos en sy het angstig op ‘n klip gestaan en roep na haar dwarstrekkerige tieners in die water. Ons was verlig om te sien dat hulle nog almal veilig en gesond was.

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

34 Comments

  1. Ek het maar ń sagte plekkie vir kolganse. Wens ek kon myself binne ń oomblik daar by jou kry sodat julle hulle vir my kan wys!

  2. What a heartwarming story!

  3. Ongelooflik dat hulle nog almal oorleef.Kolganse teel aan teen verbysterende getalle,veral in die Kaap.Hier by ons word ons deur hadidas oorval en hier is meer van hulle as mossies.Pragtige foto’s!

  4. Hulle is pragtig, maar het regtig ‘n probleemdier geword in die Overberg die afgelope paar jaar.

  5. Ag mooi. Julle is darem n fikse, flukse klomp!

  6. Blog Andrew

    I do love your African wildlife photos 🙂 the geese with young pictures reminds me of those swans with their signets at Blenheim…………….. small world.

    • Comment by post author

      I remember that post of yours. I used to love watching the swans gliding on the water at a nature reserve near to where we previously lived. But then … I saw the scene in the Tudors series season 2 where Henry was eating the swan pie (did you watch it?). Haha, I can’t look a swan in the eyes anymore! 😀
      https://hesterleynel.files.wordpress.com/2017/07/swan.jpg

      • Blog Andrew

        I didn’t see the Tudors, but I knew King Henry banned commoners from eating swan pie…… one happy holiday in London I visited Tower Green where Anne Boleyn lost her head, one of the most spine chilling experiences of my life!

        • Comment by post author

          It’s an old series (2007 – 2010) but brilliantly done. Yes, life at court must have been awkward in those days, but then, human life does not seem to be worth much these days either.

        • Blog Andrew

          ;( No it doesn’t…………sometimes 🙂

  7. Wonderful bird family! Thank you, dear Hester! 🙂

  8. Pragtige voels. Jy is bevoorreg . Dit voel vir my of ek net in hadidas en mynahs in my lewe het.

    • Comment by post author

      Ek was ook voorheen gewoond aan haddidas wat my voordag wakker geskreeu het en my dogter het vier mynah-kuikens wat uit die nes geval het in my huis grootgemaak. Hulle was darem groot pret, maar ek was ook maar bly toe hulle die huis verlaat het.

  9. Sulke rebelle.

  10. Pragtige fotos van die kolganse. EN die eerste foto van die brug en rivier sal ‘n mooi skildery maak!

  11. Die kolganse is wel volop in die Kaap, maar ek verkies hulle honderd maal bo die skreeuende hadidas.