My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Hoekom blog ek nie?

Aloes in bloom

Aloes in bloom

Nadat ek maande lank kwaad was oor my internetlose toestand sou mens kon dink dat ek nou heeldag op sosiale media en in blogland sou spandeer. As iemand dalk gewonder het oor my afwesigheid hier kan julle dit toeskryf aan die volgende faktore:

  • Die son skyn. 🌞
  • Die vuurpyle het begin blomme uitstoot. Net anderkant die Mhlangamkulurivier op pad na Seapark toe staan daar rye van hulle bo-op die sandduine. Ons loop feitlik daagliks die ±4 kilometer strandlangs om te gaan kyk of die kelkies al oopgemaak het. Vir fotos natuurlik! 📷 Die foto hierbo is hier onder teen die pad geneem.
  • Die walvisse is hier! Ons het vanoggend vroeg al ‘n burger gaan eet by die strandrestaurant en het nou eers teruggekom. Tipies binnelanders (voormalig) het ons oor die tafel vir mekaar gesit en gil: “Kyk! Net daar regs van die hoë rots. OMG! Daar is ‘n hele skool!” 🐳
  • Ons is besig om die tuin te herplant met behulp van die kwekery in die dorp en die vriendelike mense wat pragtige plante op hulle sypaadjies het. Ons vat ‘n snoeiskêr saam wanneer ons in die woonbuurt rondstap. 🌺
  • Ons is op ‘n ontdekkingsreis deur die winkels in die dorpe rondom ons: tweedehandse ware, vars plaasmelk, ou boeke, vars vrugte en groente, chelsea buns, kruie en speserye, en … en … 🍅🍏
  • Ons leer om te kook met regte Oosterse kruie en speserye. Ons het nog steeds daai bottel Eno op standby. 🍗🍲
  • Ons swot ‘n aanlyn kursus in rekenaarkodes en -programmering. Ons kliënte verwag van ons om op datum te bly met nuwe verwikkelinge. 🎓

Nou weet julle.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

41 Comments

  1. Dis baie wettige redes om nie te blog nie….geniet jou gate uit! Blog net vir ons ‘n walvis foto!

  2. Hester as ek mag vra…. waar bly julle nou? Ag, dis walvistyd en ons is nie daar nie. Verlede jaar so op die stoep gesit en walvisse kyk…. dit was ‘n belewenis. Hierdie jaar het ons te vroeg gaan kuier. Geniet die lewe vrou…. julle is mos by die see!!!

  3. What a funny plant, Hester! What is it?

    • Comment by post author

      Your question caught me off guard there for a moment until I realised not all bloggers live in South Africa! 😀 This succulent belongs to the Aloe genus and is very common in this area. I’m not going to put my neck under a guillotine for this, but I think the correct identification for this one is Aloe arborescens (torch aloe). Beautiful, isn’t it?

      • Indeed great! A wonderful kind of Aloe. There are a lot of beautiful plants there: rich in colours, in fragrances. Does it scent nice? 🙂

        • Comment by post author

          No, there is no discernible scent (not to my human nose), but the bright colors attract many bees and birds. I’ve seen aloes in bright yellow or red, but in our area the flowers are mostly orange.

  4. Die opmerking hierbo laat my glimlag oor die funny plant. Ons ken seker die plant te goed om so daaroor te dink. Maar dit is so dat die plant vreemde blomme en blare het. Het geniet jou son en funny plants

  5. As ek stil raak,is ek ook buite in die natuur!Ek gun jou dit….loer darem net soms in en laat weet jy skop nog!

  6. O goeiste. Dit klink hemels, Hester. Ek sou ook nie by skryf kon uitkom nie. Oosterse kookmetodes!!!!! Die vuurpyle, die walvisse, en burgers vir ontbyt. Ek kom kuier!

  7. Suig die son op en geniet jouself gate uit met al die mooi goete om jou!!

  8. Ek is gepas beïndruk… sug… sommige mense val met hulle watsename in die botter… sug!

  9. Jy mag maar wegbly van hierdie platforms wat ons van so baie beroof. As ek in jou plek was sou ek beslis ook nie onnodiglik hier kom bodder nie – dit wat jy nou doen is veel beter as wat ek nou hier sit en doen. Maar moet asb nie ophou blog nie want jou wereld is net te mooi om dit net vir jouself te hou en die agtergrond skrywe daarby kleur dit so mooi in vir ons xxxx

  10. Je bent heerlijk bezig. Natuurlijk hangen we niet de hele dag op internet he. Dan zouden we niets hebben om over te bloggen😄😄😄.
    Dit jaar hoop ik voor het eerst op vuurpijlen in ons tuintje. Ik heb ze vorig jaar geplant. Walvissen heb ik hier nog niet gezien al schijnen ze voor de kust,iets drie uur rijden vandaan,af en toe gezien te worden. Dus je bent bofbibs. Koken met kruiden en soecerijen heb ik van mijn moeder geleerd. We hebben jaren in indonesie gewoond vandaar. Al met al geeft mij dat weer tijd voor andere dingen, er is zoveel te genieten. Veel plezier Hester.

    • Comment by post author

      Ja, ons moet uitgaan om fotos te kry vir ons blogs 😀 Dis waar, daar is so baie om te geniet en op die oomblik het ons nog heerlike weer. Wanneer dit koud word, is ek soos ‘n kroes hoender. Geniet julle somerdae, Eveline.

  11. Die “funny” plant laat my dink aan die onderskeid wat ek altyd tref tussen “funny peculiar” en “funny haha” 😉

  12. Ek is jaloers op jou vroetel in die tuin, my hande juk, maar dit breek my hart om plantjie vir plantjie te sien kwyn in die Wes Kaap droogte. Ek beny jou.
    Geniet die lekker warm dae en walvisse.
    Klink net te perfek.

  13. Klink absoluut wonderlik. Maar as jy iewers tyd het, deel bietjie met ons. Veral die walvisse. Het nog net 2 keer in my lewe die voorreg gehad en onthou dit altyd met groot ontsag.

  14. Klink my julle het ontaard in ‘n trop (of skool) plantediewe!! Whahahahaaaa… 😉