My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Somer in Southport

FOLLOW MY BLOG WITH BLOGLOVIN

Southport is een van KwaZulu-Natal se Blue Flag strandoorde en is werklik ‘n plesier om te besoek. Afgesien van die groot getypoel en menigte kleiner, natuurlike rotspoeletjies waar jy in louwarm water kan dryf, is daar ook die geleentheid om in die branders te swem, met lewensredders wat ‘n ogie hou oor die swemmers. Vir vissermanne is dit blykbaar ‘n paradys, want visstokke is orals op die rotse sigbaar. Die strand is ruim en die geriewe skoon en netjies.

Hier aan die stertkant van die somer, net voor die einde van die vakansie-seisoen, was daar nog ‘n paar heerlike warm dae waartydens ons ons nuwe strand kon besoek en geniet. Die vakansiegangers het in die water baljaar of onder sonsambrele rondgelê. Andere het die piekniek- en braai-areas ten volle benut.

Vir diegene wat nie braaf genoeg is om dit in die branders te waag nie, is daar ‘n gerieflike groot getypoel om in te swem. Die grys koppie wat daar in die water ronddobber, behoort aan die ouvrou wat haar verbeel sy is ‘n vis.

Visvang van die rotse af was aan die orde van die dag. Die ou met die seer rug het teen die rotse uitgegly op sy 4X4’s (soos hy sy krukke gedoop het) en my rol was om vismandjie te dra, gereedskap aan te gee en my hart vas te hou oor die kinders wat teen die hoogste rotse uitgeklim het om vis te vang en fotos te neem. Kyk gerus na gister se inskrywing WPC Danger: Rock Fishing om te sien hoe Ouboet sy ma se senuwee-drade laat knoop het.

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

17 Comments

  1. Dis die mooiste foto’s!

  2. Ek moet iets bely. Om ñ rukkie op jou blog te kom kuier het vir my ñ noodsaaklikheid geword. Jy kry dit reg om mens in kontak te hou met gewone dinge; om te fokus op klein goedjies wat direk om ons beskikbaar is. Dalk ook omdat jy, vir my, in ñ bekende area bly, en ek presies kan sien waarna jy verwys en waaroor jy skryf.xxx

    • Comment by post author

      Dankie, dit beteken vir my dat ek tot ‘n groot mate daarin geslaag het om my lewenswyse en denke te vereenvoudig en weer die klein dingetjies te waardeer. Ek het te lank soos ‘n hamster op ‘n wieletjie gehardloop en verkies nou die stil, rustige bestaan. Dankie vir jou mooi woorde en ek is bly ek kan vir jou herinneringe van bekende plekke oproep.

  3. ‘n Vriende het Bontie se krukke onderhande gehad en hy kan nou makliker op die strand loop.

  4. Verlang ek nou darem na somer, son, sandstrand en Suid-Afrika!

  5. Lieflik, maar wat is bloglovin? Ek het jou daar gaan like, maar verder as dit weet ek nie lekker nie. Hopelik het jy nie ‘n ander blog plek gekry nie, ek sukkel nog om die een baas te raak.

    • Comment by post author

      Nee ek is nog by WordPress. Blogloving is ‘n skakel waarmee jy vinnig en maklik blogs kan opsoek op ander platforms ook. Met die afsterwe van Google Reader, het dit moeilik geword om ander blogs maklik op te soek. Met Bloglovin kan jy alle blogs op alle platforms sien, selfs al is die blogger nie ingeskryf by Bloglovin nie en hulle soekfunksie werk baie maklik. Ek het die rekening oopgemaak vir hierdie doel en nou verkondig ek sommer maar net op WordPress dat ek ook daar is. Het jy gesien hulle publiseer die blogs in Pinterest formaat? Ek “hover” net oor ‘n foto daar en save dit direk op my Pinterest rekening. Ek is nog besig om te leer, maar wanneer ek weet presies hoe alles werk, sal ek dit verduidelik in ‘n blog.

  6. Ons mis die see so, rots poele om in te swem, golwe wat klots teen die rotse, vissermanne en glo dit selfs die sand. Geniet dit!