My vreugdes en frustrasies

WPChallenge, Travel

WPC Wanderlust: Barefoot across the desert

WPC Wanderlust

The challenge for this week: Have you traveled anywhere exciting lately? This week, let’s see where you’ve been. Well, this week I crossed a desert on my two bare feet, in scorching heat and with only a small bottle of water to quench my thirst. If you don’t believe me, check out the images below – no shoes.

In Afrikaans kan Wanderlust seker maar vertaal word met Lus vir Gatskuur. Die opdrag is om fotos te wys van ‘n opwindende reis wat jy onlangs onderneem het. Maklik. Ek het hierdie week ‘n woestyn kaalvoet oorgesteek, in skroeiende hitte en met net ‘n klein botteltjie water om my dors te les. Nee, ek lieg nie; kyk maar na die fotos hier onder – geen skoene nie.

Okay, maybe I exaggerated. Just a little. The Red Desert situated just south of Port Edward, KwaZulu-Natal, South Africa, is reputed to be the smallest desert in the world; it measures 200 meters in diameter and 110,000 square meters in total. Ah yes, and I must confess that I did wear flipflops. 😉

Read more about this phenomenon on Red Desert Nature Reserve

Natuurlik weet mede-Suid-Afrikaners dat ek so nou en dan oordryf. Net so effens. Die rooi woestyn is geleë net suid van Port Edward, KwaZulu-Natal en word gereken die kleinste woestyn in die wêreld te wees: 200 meter in deursnee en 11 hektaar in totaal. O ja, en soos julle kan sien, het ek darem wel plakkies gedra. 😉

Lees meer oor hierdie woestyn en die vermoedelike ontstaan daarvan deur op die skakel hierbo te kliek.

More Images. Meer foto’s.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

53 Comments

  1. Beautiful photos, Hester. And with that flipflop, that must be so hot then..

  2. Wat een pracht!

    En wat een lust moet het zijn om daar rond te lopen.

    Vriendelijke groet,

  3. Sjoe dis mooi.
    Ek sal moet soek . My reis blus is effe uit. Dis vir my lekker en rustig tuis

  4. Omgeag die grootte vd woestyn, jy bly avontuurlustig. As jy nie berge uitklim …

  5. What a wonderful place! 🙂

  6. Jy kan n hele photo shoot doen in jou rooi woestyn. Dan nog die see ook sien, hoe gelukkig kan een mens nou wees.

  7. Anuscka

    Dat ziet er prachtig uit daar! zou ik ook wel eens op blote voeten rond willen lopen! Of op flipflops….

  8. I love your hot sand spa 😄 Erg mooi!

  9. Baie interessant!
    Ek sê altyd ek sal vir jou kaalvoet deur die woestyn stap, maar net as jy sal saamstap. Ek gaan wraggies nie alleen nie!
    Nou wonder ek darem, ek het geen rigting nie!

    • Comment by post author

      Ag Toortsie, ek verdwaal in my eie tuin wat so groot is soos ‘n sakdoek, so moenie sleg voel nie.

      • O nee, ek voel nie sleg nie. Ek raak wel angstig as ek op ‘n vreemde plek is en my man is net skielik skoonveld! Ek kan ook nie onthou waar my motor parkeer is nie, en dit by ons kleine parkeerplek voor Spar!

        • Comment by post author

          *fluister* My seun wat in Johannesburg woon en nou hier kuier, moes my vanoggend neem na die garage waar ek elke jaar my motor laat diens. Ek dog dis in Port Shepstone, maar nee, dis in Shelly Beach! Ek kan elke boek onthou wat ek ooit gelees het en die lirieke van elke liedjie wat ek ooit gehoor het, maar nie waar die winkel is nie?

        • Geen mens hoef ook ALLES te onthou nie! 😁

  10. Nice pics…

  11. Hier het ek nou iets nuuts bygeleer. Ek weet glad nie van julle kleine woestyn nie! Het eers na jou fotos gekyk, en gewonder hoe ek dan nou jul besoek aan Namibië so kon mis…☺

    • Comment by post author

      Ons het ook net toevallig daarvan verneem toe ons besig was met ‘n webtuiste vir ‘n B&B kliënt wat inligting nodig gehad het vir haar verveelde gaste. Dis ‘n ongelooflike verskynsel.

  12. What a wonderful place! so exciting to visit there.

  13. Ek het al gehoor van kaalgat in die reen, maar kaalvoet in die woestyn! Dit wil gedoen wees!

  14. En ik maar denken ” jeeeee blootsvoets de woestijn door” . Het is dus een woestijntje😄. Toch heel knap van je. Vooral als het heel warm is valt dat niet mee.

  15. Sjoe dis nou hoogs interessant,Hester!Eerste keer wat ek hiervan hoor.Ek is bly het darem oorlewingsplanne gehad..plakkies en water😜

  16. Hester ek glo elke enkele woord wat jy uiter en jy hoef nie verskonings te maak vir die ongelowiges nie. Ek weet jy is kaalvoet deur die Sahara (nee ek praat nie nou van die Guptas se Sahara rekenaars nie). Jy het duidellik in jou jou vorige lewe ook laalvoet oor die Drakensberge getrek (dalk in die lewe ook).

  17. Shoe, nou verlang ek na daai wille land!! 😉