My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Ons is hier

home-158089_1280

“Hier” is Southport, KZN, in ons nuwe huisie. My man verspreek homself so elke nou en dan en vertel vir almal ons woon in Southfork (à la Dallas se Ewings) en ekself het al by geleentheid laat glip dat ons in Portsmouth woon, wat ons vriende laat dink ons het geëmigreer.

Ons het die afgelope paar dae uitgepak, skoongemaak en reggetrek, elektroniese en elektriese apparate is gekoppel, alarms is geaktiveer en die bure is ontmoet. Daar is nog spieëls en prente wat nie hang nie, matte opgerol onder my bed, gordyne wat nie pas nie, en die kat moet nog geprogrammeer word om van haar vorige potty training te vergeet – daai dêng kan in die tuin gedoen word. Hiermee kan Genis darem help deur die voorbeeld te stel.

Waddehel, ons het internet en ons het ‘n tuintjie, effe verwaarloos, maar ons hou van tuinmaak. Ons is in ‘n ouetehuis … nee wag, ek lieg darem nou, maar die dame hier om die hoek sê hier woon net oumense: sommiges is baie oud en tenminste een moes al heengegaan het. Ons is ‘n klein sekuriteitskompleks met slegs agt eenhede en lekker privaat.

In die dorpie is daar ‘n petrolstasie en ‘n paar besighede, onder meer twee bakkerye en ‘n supermark, wat beteken dat ons darem nie meer ‘n dagreis te perd moet aanpak om ‘n brood te koop nie. Baie belangrik vir ons: hier is ‘n kliniek, dokter en tandarts en Port Shepstone is net om die draai, 20 kilometer ver, wat beteken dat ons naby die hospitale en groot winkels is.

Behalwe Southport self, is hier heelwat gewilde strandjies rondom ons en volop vakansiegangers. Ons gaan terugverlang na die stilte en die afgeleë strande van Elysium en Mtwalume waar ons meer as twee jaar ‘n vreeslike laidback lifestyle gevolg het; ons sal weer “mens gewoond moet word” soos my ma sou gesê het, maar oor die algemeen dink ek die voordele oortref die nadele.

Ons kan die see hiervandaan sien (as jy op jou tone staan en jou nek rek), maar nie die strand nie. Toe ons vanoggend by die bakkery ‘n draai gemaak het, het ons sommer gou gaan loer hoe lyk die strand. Hier is ‘n voorsmaak van die fotos waarmee ek in die toekoms die bloggers kan toegooi, haha 😊

Southport Beach, KZN

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

29 Comments

  1. Mag julle baie olie ontdek (mense strande, beelde, stories)

  2. Ik wens jullie veel woonplezier!

    Zonnige groet,

  3. Alles van die beste in julle nuwe huis! Ek is seker julle gaan sommer baie lekker bly!

  4. Ag kyk nou net Ek hoop julle sal baie gelukkig wees en as die bakkery julle geval is alles al halfpad gewonne.
    Welkom tuis

  5. Een begerenswaardig plekje Hester. Geniet er van.

  6. So bly saam met julle dat die trek agter die rug is, Hester. Dit klink heerlik, en die strand is werklik mooi. Ek sien uit na al jou fotos en vertelle.🌹

  7. Ons groot trek lê nog (binnekort) voor Hester, en al gedagte wat my kop bo water laat hou is die feit dat ek naby my dogter gaan wees en ook so lekker oppie strand gaan baljaar. Hoop julle is MOERSE gelukkig in julle nuwe plek!

  8. Ek hoop julle gaan baie gelukkig wees!Ten minste het julle darem nou internet😄

  9. Julle gaan sommer baie, baie lekker daar woon.

  10. Hester so verheug vir julle. Hiep hiep hoera. Mag julle dae gevul word met geluk en julle huis, julle eie tuiste word.

  11. Wow, wow, wow….

  12. Lekker bly! Ek sien die Captain’s Anchor is ook naby… goed as jy nie lus is vir kook nie!!
    Ek dink, as jy weer velang na ‘n verlate strand kan julle “gou” ‘n draai gooi by die ou plek! Lekker pret!! 😉
    By the way… ek dink nie jy’s te menssku nie… so, soos die Engelsman sou sê… get over it!! Wha hahhah!! 😉

  13. Aai-jaai-jaai, daardie groot werk, trek, ek sien nie meer kans daarvoor nie 😉
    Geniet die strand, ook vir ons onthalwe, ons mis dit baie.

    • Comment by post author

      Ons het juis nou gesit en gesels oor die weer wat so onverwags koud en winderig geword het. Nie strandweer nie! Daar is darem ander ekskursies wat ons kan aanpak en dinge om te gaan bekyk in die nuwe omgewing.