My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Slegte wense keer terug

In opvolg op my blog Tjorts my ou pêl, wou ek darem net laat weet die bottel Eno vrugtesout is terug, ietwat verniel (kyk na die tandmerke aan die onderkant), maar onoopgemaak en nog propvol. Die bouers het dit gevind op die heel boonste balkon van ons gebou.

DSCN4641

Ek het iewers in my vormingsjare in ‘n voorgeskrewe boek (ek dink dit was Bertus Aafjes – Morgen bloeien de abrikozen) gelees dat jy nie ‘n slegte wens mag uitspreek oor ‘n ander persoon nie, want dieselfde wens keer altyd terug: dit swem deur sewe seë, loop deur sewe woestyne, maak nog ‘n paar draaie wat ek nie van kan onthou nie en trek dan pantoffeltjies aan om op jou eie kop te kom sit.

Nou kyk ek vir die botteltjie vrugtesout en wonder of daardie slegte wens wat ek oor die ape uitgespreek het dalk baie ver gereis het … ?

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

30 Comments

  1. Die Eno bottel wat jy teruggekry het is vrek snaaks, ek sou graag die ou diewe se gesig wou sien as hulle dit geproe het. Ek share grepe van die goed wat ek hier lees op ander platforms, maar gee darem altyd die mense erkenning daarin. Ek wens jy wil nou weer meer permanent terugwees.

    • Comment by post author

      Ons trek die 5de April na die “beskawing” toe en Telkom sweer hoog en laag dat ons die 7de April ordentlike datalyne gaan hê. Ons het so ‘n week of twee nodig om in te settle en agterstallige werk in te haal, so ek hoop om by einde April weer “teenwoordig” te wees.

  2. Waar op die aarde kom jy aan al jou pittighede, Hester! Het jy iewers ñ geheime biblioteek vol??? Ek moes nou vir jou sit en lag.☺

  3. Soms is daai (my) slegte wense maar ietwat kommin, loop sommer so kaalvoet-vuilvoet terug in my lewe in, trek nie eers slippers aan soos jou boek s’n nie!

    Dis hoekom ek geleer het om niks sleg in die universe (te probeer) instuur nie.

  4. Jy moet die bottel raam om te wys dat slegte tye ook verby gaan!

  5. Ek dink jy moet daai botteltjie Eno maar diep begrawe. Net vir veiligheid! 😁

  6. Dalk is dit maar goed dat apie nie die bottel oopgekry het nie…die tjortsery het dalk in jou woonstel plaasgevind!😳😬

  7. Heheheh – gelukkig dat die ou nie die bottel oopgebyt gekry het nie!

  8. Sjaaim man. Uintjies en skerpioen maak die allerverskriklikste sooibrand. Aap se kind wou net ‘n bietjie verligting hê.

  9. Aapstreke op sy beste. Jy gaan hulle mis. Hoop nie die geslipperde slegte wens kom in die vorm van n hewige sooibrand terug nie

    • Comment by post author

      O nee, ek gaan hulle nie mis nie – hulle natuurlike habitat strek tot en verby die adres waarheen ons nou trek. Dit (soos sooibrand) is maar iets waarteen jy moet waak – hou die vensters toe en let op wat jy eet.

  10. Eintlik ‘n jammerte dat hulle nie die bottel oopgekry het nie.Dit sou goeie beloning vir hulle skelm streek gewees het. Groter jammerte dat hulle nie toilette gebruik en jy dan elke keer voor hulle dit toilet gaan beset het nie.

  11. Lag ek nou vir jou!!