My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Internet

telephone-1768768_1920AFRIKAANS below

ENGLISH

I am very happy: we found a home in a spot where a decent telephone and internet infrastructure is already in place. This means that our connectivity should be fully restored after the first week in April.

Thank you: to all loyal readers and new followers who are still visiting my blog. I will get round to reading all your blog posts in the future, just as soon as we are back online 24/7. Currently, we are struggling to keep our web based industry going and I have to pinch internet time to spend on WordPress and social media.

I am frustrated: because I have to pack up and move AGAIN, but this is the way the cookie crumbles.

AFRIKAANS

Ons wag nou vir die kontrakte om opgetrek te word vir ons nuwe blyplek. Ons het ‘n oulike simplex-huisie gekry in Southport (10 minute se ry van Port Shepstone af), dus nog steeds by die see (natuurlik 😀 ), in ‘n sekuriteitskomplek, met ‘n tuintjie vir Genis en Ponsie. Ek vertel later meer.

Daar is reeds ‘n ADSL-datalyn in die huis en Telkom mag dalk net vergewe word indien hulle die oorplasing betyds doen, maar hierdie keer het ek ander keuses ook indien nodig. Ek sal ‘n “Liewe Telkom”-blog skryf om verslag te doen hieroor 😀

Die Groot Trek lê nou weer voor – hou tog maar duim vas dat alles voorspoedig verloop.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

37 Comments

  1. Mooie telefooncel

    Ja, het internet willen wij altijd 24/7 maar soms lukt dat niet.
    Bloggen mag, moet niet, net als lezen en reageren, leuk, maar geen verplichting.

    Vriendelijke groet,

  2. Oee sterkte! Ek wou op ‘n stadium so ‘n blog skryf:
    TV (vir my man) ✔️
    Internet en telefoon saam met dit ✔️
    Alarm ✔️
    Ensovoorts
    Sterkte, sterkte, sterkte!

  3. Sterkte!

  4. hoe het ons oooooit sonder interrnet en sel klaargekom? sterrkte met al d trekke

    • Comment by post author

      Dankie vir die goeie wense jong. Ek het nie net internet nodig vir my werk nie, maar vanweë my man se liggaamlike gestremdheid, maak hy staat op die internet vir sosiale omgang. Hy kry maar swaar op die oomblik, veral omdat ek heeldag weg is van die huis af – ons leen kantoorspasie en deel die internet met ‘n vakansieoord, wat beteken dat hy alleen is gedurende kantoorure.

  5. Hillechien

    mijn duimpjes draaien al

  6. Jitte ek is bly dat die Telkom fiasko amper op ‘n einde is, jammer jy moet trek daaroor, maar ja ek sien uit na al jou mooi blogs wat jy gestoor het in die tyd wat jy so gesukkel het met internet konneksie. 😉

  7. Yes yes yes! Wonderlike nuus Hester! Ek het net nou-nou presies so ń hout telefoon hokkie raakgeloop. Wens ek kon hom koop, maar wat om daarmee te doen? Ek is SO bly vir julle onthalwe.

  8. Yeah! Glad you managed to find your new home 😊

  9. Sjoe – trek jul dan kort-kort? Geniet jou nuwe plek. Stuur fotos!

    • Comment by post author

      Ek het toevallig al baie in my lewe getrek – oorplasings vir werk en so aan 😛 maar ons laaste trek was hierheen om af te tree.Ons het in ‘n vakansieoord ‘n woonstel gehuur om die landskap bietjie deur te kyk voordat ons besluit waar ons finaal wil vestig, maar ongelukkig het my man ernstige probleme opgedoen na ‘n knievervanging en loop baie moeilik. Toe word ons by ‘n ander gedeelte van die oord geplaas in ‘n lieflike woonstel reg op die strandfront, maar Telkom het ongelukkig nagelaat om ons te laat weet dat hulle nie die nodige infrastruktuur daar het om datalyne (ADSL) te installeer nie. Dis wat ons laat besluit het om nader aan Port Shepstone te trek – nader aan dokters, hospitale, winkels en MET infrastruktuur vir internet.

  10. Ag ek is baie bly Dit gaan so heerlik wees

  11. Nee wt Hester dit klink nie vir my of Internet ‘n behoefte van jou is nie. Dit klink of jou terugdelf in tyd. Jy is duidellik ‘n Voortrekker wat opnuut nes skop in Natal!

  12. Hiep hiep hoera, vir julle. n Lekker nuwe pad/seisoen vir julle. Ek is saam met jou dankbaar dat manlief se kommunikasie wereld weer sal reg kom, ook vir jou . Ons hoop op lekker bly en vinnige lyne.

  13. Sterkte… ek hoop die trek-bollie is gou oor! 😉

  14. Bly julle het ‘n plek gekry Hester. Kort voor lank is julle “gesettle” en weer flink aan die gang.