My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Herinneringe – vir altyd saam

Ek het in ‘n vorige blog fotos geplaas van die Mtwalume-riviermond wat uitgemond het op die Elysiumstrand; hierdie mond het nou toegemaak en die sandduin voor die lagoon was ‘n rukkie lank ononderbroke.

Die rivier het na die goeie reëns wat ons die afgelope tyd gehad het weer sterk afgekom drie dae gelede en hierdie keer het die lagoon oopgemaak aan die Mtwalumestrand. (Die Mtwalumerivier vloei tussen die twee dorpies wat strandlangs of met die spoorlyn langs 1,2 kilometer van mekaar geleë is.)

Ek en my dogter het afgedraf strand toe om hierdie gesig te gaan aanskou:

mtwalume-river-flowing-into-the-ocean

Ons het ‘n bietjie tyd verwyl op Mtwalumestrand waar ons afgekom het op ‘n besonderse baken wat ons vir die eerste keer gedurende laagwater kon bestudeer. Ek het lankal gewonder oor die sementsteen daar voor op die strand, maar omdat ons dit altyd net die agterkant van die strand se kant af kon sien, het ons nooit werklik begryp watter besondere herinnering dit inhou nie. Wolfie, ek is seker jy en Hanneliese sal hierdie een waardeer.

Die steen steek gewoonlik net bo die golwe uit, maar hierdie keer was ons gelukkig en kon die inskripsie lees.

gedenksteen-op-mtwalume-strand1gedenksteen-op-mtwalume-strand2gedenksteen-op-mtwalume-strand3

Kyk na die pragtige uitsig oor die see van hierdie kant af.

gedenksteen-op-mtwalume-strand4

Dit was so ‘n besondere ondervinding. Ek het nie eens probeer om die geskiedenis agter die gedenksteen na te vors nie, maar dit vertel ‘n verhaal van sy eie. “Vir altyd saam”. Hoe mooi is dit nie?

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

16 Comments

  1. Kan jy nou glo. Dit is voorwaar ñ mooie ‘storie’, net die datums en die inskripsie alleen.

  2. Blog Andrew

    🙂 I’m very intrigued, what does the plaque read?

    • Comment by post author

      It is a memorial to Mommy and Daddy (last name Van der Westhuizen) with the inscription “together forever”. We assume that the ashes of the deceased were strewn in the the ocean at this point 🙂

  3. Wat een prachtige vondst! Heel ontroerend. Bijna altijd verborgen maar zo af en toe geeft hij de inscriptie prijs. Wat een prachtig strand Hester.

  4. Lieflik

  5. En nou Hester, het julle al ‘n nuwe plek gekry? Tweekeer se trek in so ‘n kort tydjie!!! Kan net sê sterkte.

    • Comment by post author

      Nee, ons soek dat dit bars. Ons wil bitter graag in hierdie omgewing bly en het nou elke agent genader. Die probleem is dat daar nie trappe mag wees nie (in hierdie heuwels) en honde toegelaat moet word. Ons bly darem in ‘n lekker plek waar ons nie ‘n vaste kontrak het nie en ons kan onmiddellik trek as ons wel iets raakloop. Ek gaan maar hoër op (laer af?) na Port Shepstone se kant toe soek as ek nie hier kan regkom nie.

      • Sterkte met die soekery, julle sal wel die regte plek kry. 🙂 Vriende van ons bly so ‘n paar kilos voordat jy Port Shepstone kry. Dit is ‘n baie hoë gebou met hordes woonstelle… en daar is hysbakke… maar dit voel vir my soos voëlhokkies so in die lug.

        • Comment by post author

          Kan nie so hoog bly nie, want die hond … *sug*. In Johannesburg het ons vir twee jaar lank in ‘n pragtige ruim woonstel gebly terwyl Karen haar skoolloopbaan voltooi het. Ons het ‘n ou kat (vreeslik vet) gehad. Sy het geweier om die trappies te klim, maar sy het baie vinnig geleer om in die hysbak te ry. Ons het ons woonstelnommer en telefoonnommer op haar halsband geplaas en die mense het heel gelate die kat wat voor die hysbak gesit en wag het, op die regte vloer afgelaai. Maar nouja, cats rule and dogs drool. 😀

  6. Dit is so beeldskoon mooi vir ‘n laaste rusplek hierop aarde. Baie mooi soos gewoonlik.

  7. Reblogged this on Wag 'n Bietjie.